Die vyande van Afrikanernasionalisme is baie suksesvol met hul verdelings strategieë. Die kunsmatige debat wat geskep word oor die begrippe “Boer” en “Afrikaner” is ‘n baie goeie voorbeeld hiervan. Terwyl die Afrikanernasionalis ook trots Boer is, word enige saambinding of herlewing van Afrikanernasionalisme met twyfel besaai, tot die punt waar almal mekaar wantrou.
Huidig word die kwessie van Boer of Afrikaner, Boervolk of Afrikanervolk op die spits gedryf. Daar word sover gegaan om te probeer bewys dat daar genetiese verskille tussen Boer en Afrikaner is. Argumente met sogenaamde geskiedkundige bewyse en getuienis word geopper, wat selfs tot gevolg het dat afbrekende beledigings teenoor mekaar geslinger word. Boekdele kan geskryf word waarom dit so is dat Afrikanernasionalisook trots Boer is. Met hierdie artikel word gepoog om diegene wat daaroor twyfel tot die besef te bring dat daar maar net een, en nié twee blanke volke is, wat hier aan die Suidpunt van Afrika deur ons Skepper in aansien geroep is. Die Afrikaner as afsonderlike blanke volk, tesame met dié wat later bygekom het, se oorsprong moet altyd in herinnering geroep word.
Bookmarks