Results 1 to 2 of 2

Thread: Man Erg Aangerand Deur Taxi Bestuurder, Passasiers

  1. #1
    Senior Member
    Hamrammr's Avatar
    Join Date
    Jun 2009
    Last Online
    Friday, February 15th, 2019 @ 05:50 AM
    Ethnicity
    Afrikaner
    Ancestry
    Germany, Netherlands & Alsace
    Subrace
    Cromagnoid
    Country
    South Africa South Africa
    Gender
    Age
    35
    Politics
    NS
    Religion
    Heathen
    Posts
    522
    Thanks Thanks Given 
    8
    Thanks Thanks Received 
    13
    Thanked in
    5 Posts

    Man Erg Aangerand Deur Taxi Bestuurder, Passasiers

    ’n Man wat eergister na bewering erg aangerand is in Bloemfontein, het glo spoorloos verdwyn. Die man, slegs bekend as Derick, is gister in D.F. Malherberylaan in Universitas, in ’n padwoede-voorval glo so erg aangerand dat omstanders gedink het hy is dood.

    Verskeie ooggetuies het gister die voorval aan Volksblad bevestig.

    Een van die ooggetuies, ’n student in sy vierde jaar aan die Universiteit van die Vrystaat, sê hy was omstreeks 17:00 op pad na sy studentehuis toe hy sien die verkeer staan erger opgehoop as gewoonlik.

    “Ek het uit nuuskierigheid nadergestap en gesien twee taxi’s staan in die pad en ’n man is in ’n hewige woordewisseling met die taxibestuurders betrokke. Byna al die insittendes van die taxi’s het langs die pad gestaan.

    “Skielik het die vuiste geklap. Dit was verskriklik. Die man het later geval en baie van die insittendes het hom begin skop en slaan. Hulle het nie opgehou nie. Niemand wat in die honderde motors gesit en kyk het, het uitgeklim om hom te help nie.”

    Hy sê hy het nader geloop en albei taxi’s het weggejaag.

    “Ek het gedink die man is dood. Hy het geen reaksie getoon toe ek met hom praat nie.”

    Later het nog twee mans, van wie een ’n nooddiensstudent, nadergekom. Dié het die man op sy sy gedraai, sy pols gevoel en agtergekom hy haal nog asem. Hy het geweldig gebloei en al sy tande was los.”

    Die nooddienste het later opgedaag en die man bygebring. Hy was glo op pad na sy vrou wat in die Universitas-hospitaal opgeneem is.

    Kapt. Chaka Marope, polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig.

    Marope sê die een taxi-bestuurder, mnr. Ruben Maduna (47), beweer “Derick” het skielik dood gestop met sy groen Fiat Palio, uit sy motor geklim, op hom begin skree en hom die k-woord toegesnou. Daar het glo ’n vurige woordewisseling ontstaan en “Derick” het sy taxi se spieëltjie afgebreek.

    Marope sê “Derick” het van die toneel verdwyn voordat die polisie opgedaag het. Hy is steeds soek.

    “Ons het die motor se registrasienommer gekry en volgens ons stelsel behoort dit aan I.M. Cloete, maar ons kon hom steeds nie opspoor nie.”

    Volksblad het gister al die Cloetes in die telefoongids gebel, maar “Derick” kon nie opgespoor word nie. Hy is ook nie in enige van die hospitale in die stad behandel nie.

    Marope sê ’n saak van aanranding met die doel om ernstig te beseer word ondersoek.


    - Volksblad
    Hoekom maak ons blankes nie 'n oproer hieroor nie? 'n Groep swartes wat hom aanval en niemand help eers nie? G'n wonder ons is in die gemors nie! Hoekom basuin die koerante nie hierdie rasse aanval uit nie? Die voorval spreek van dierlike, primitiewe optrede!! Hier is nie 'uriene' aan hom gevoer of hom laat rugby speel nie, hierdie man is brutaal aangerand maar dit haal skaars die agterblad van die Afrikaanse koerante! Ek dink ek moet ophou koerant lees, die eensydigheid waarmee rassisme benader word onstel my net!

  2. #2
    Senior Member

    Join Date
    Apr 2010
    Last Online
    Saturday, August 25th, 2012 @ 03:13 PM
    Status
    Available
    Ethnicity
    BOER
    Ancestry
    German
    Country
    European Union European Union
    Location
    Eire
    Gender
    Family
    ..raising kids..
    Politics
    National Socialist
    Religion
    Dutch Reformed
    Posts
    289
    Thanks Thanks Given 
    0
    Thanks Thanks Received 
    1
    Thanked in
    1 Post
    Metro, partykeer dink ek ons boertjies verdien die situasie in wat ons ons tans bevind en ons sal maar altyd die ander wang draai totdat ons almal uitgemoor of erger nog uitgebaster is.
    Dit is so hartseer maar ek dink regtig dit is waar.
    Ek gaan nou eers gou my polse af kou.

Similar Threads

  1. Vlaamse Meisjes Erg Negatief Over Allochtonen
    By Chlodovech in forum Netherlands & Flanders
    Replies: 1
    Last Post: Thursday, June 21st, 2012, 07:00 PM
  2. Bejaarde Waarsku Ná Mesaanval Deur ‘Skoolkind’
    By Bittereinder in forum Southern Africa
    Replies: 5
    Last Post: Saturday, January 29th, 2011, 06:00 AM
  3. Naspers, Ons IG Farben? Deur Dan Roodt
    By Bittereinder in forum Southern Africa
    Replies: 4
    Last Post: Monday, April 26th, 2010, 06:16 AM
  4. Misdaad Deur Polisie Neem Met 72% Toe
    By Stormraaf in forum Southern Africa
    Replies: 0
    Last Post: Saturday, July 4th, 2009, 10:45 PM
  5. Volksmoord Deur Brittanje 1901-1902
    By Aragorn in forum Southern Africa
    Replies: 0
    Last Post: Saturday, March 22nd, 2008, 11:54 PM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •