n Vrou wat desperaat probeer het om die voordeur toe te hou sodat booswigte nie kan inkom nie, is voor haar twee kinders by hul huis by Cullinan doodgeskiet.

Mev. Riana Schoeman (37), ma van twee seuns van onderskeidelik 4 en 6 jaar oud, is doodgeskiet terwyl sy probeer het om die gesin se huis se voordeur toe te hou enl rowers probeer het om in te kom.

Sy is in die bors geskiet en het teen die deur geval.

Die rowers het vir die kinders gevra waar die geld en waar die kaarte is. Die moordenaars het met ‘n skootrekenaar en geld gevlug wat hulle uit haar broeksak uitgehaal het.

Toe die kinders se pa by die huis stilhou het die kinders oor hulle ma se lyk na hulle pa se motor gehardloop om te vertel “mamma is geskiet”.

Die pa, mnr. Deon Schoeman, is oorbluf. “Watter tipe mens skiet ‘n ma voor haar kinders,” het hy gevra.

-Beeld