Prominente aktivis vir die Afrikanersaak Dr. Dan Roodt is die afgelope tyd besig om met sy skrywes (en videomateriaal) vanuit Israel Zionisme en - meer tot die punt inaggenome die titel wat ek gekies het - ander memetiek skadelik tot Afrikaners se volksbewussyn aan te blaas.
Wat spesifiek steurend sal wees vir enigiemand wat onomwonde 'n Noord-Europese karakter wil handhaaf, is die oorhaling tot identifisering met Jode en Jodedom. Roodt het voorheen geargumenteer dat sy Jȯodse oupa-grootjie die naam Boer meer waardig was as Boere op meriete van die kant wat hy gedien het tydens die Tweede Vryheidsoorlog, so die idee van vae skeidingslyne tussen die Jȯodse en Afrikaner etnisiteite is natuurlik vir hom niks nuut nie. Sekerlik mees kommerwekkend is dat nasionalistiese Afrikaners oënskynlik wyd hierdie kruis-Jȯods-Afrikaner sentimente heelhartig verwelkom, soveel so dat teenkanting teen Zionisme deur kommentators streng bestempel word as anti-Afrikaner op beide die PRAAG webtuiste asook Facebook. Kan ons veronderstel dat die agenda tans met soveel ywer gedryf word juis omdat die tipiese Protestante Afrikaner vandag reeds besonders Jȯodsgesind is om mee te begin?
'n Paar aanhalings gehaal uit sy rubriek op PRAAG, uit sy artikel Poskaart uit Jerusalem:
Vrywaring van pessimisme en pasifisme is 'n voordiehandliggende en logiese vereiste, maar hy stel dit (subtiel) gelyk aan die distansiëring van 'n Europese identiteit. Waar 'n kwaliteit tans onderbreek in Europa stel hy dus voor ons draai ons rug op ons Europese wese en skep 'n kunsmatige konstruk, instede om die identiteit wat ons op natuurlike wyse oorgeërf het te koester en onsself daaronder te verbeter.Indien die Afrikaner hoegenaamd gaan herstel, sal ons radikaal en revolusionêr moet begin dink oor hoe ons, op die rand van ons huidige ondergang, 'n nuwe identiteit en leefwyse kan smee wat ons kan vrywaar van Europese pessimisme en pasifisme.
Hy het 'n broertjie dood, maar hy koppel steeds die idee van 'n oorsprong in die Midde-Ooste aan ons eie wortels, wat in terme van ons biologiese Germaanse wese, waar dit meeste geld, doodgewoon en onverdedigbaar verkeerd is (hierdie sy van ons oorsprong word egter nie eers uitgelig nie). Sy pleidooi is natuurlik om van ons natuurlike wortels af te sien na aanleiding van die oorsprong van Christendom en dié se verhouding met Jodedom.Ek het 'n broertjie dood aan "Israelvisie" en soortgelyke sektariese idees, maar ons sal na die wortels van ons kultuur en geloof moet terugkeer.
Wys jou net hoe Calvinistiese politieke leiers vraagstukke van geopolitiese omvang benader.Toe PW Botha destyds as minister van verdediging vir Vorster gevra het hoe hy oor die verkoop van die bomme aan Israel voel, het dié geantwoord: "Wel, ons lees uit dieselfde boek, al lees hulle net die eerste helfte. Waarom nie?"
Vanuit 'n daaropvolgende nuusartikel, ook op PRAAG:
Waar, en waar, maar eersgenoemde was uiteindelik tot ons eie nadeel en spreek van Afrikaners se losgetorringde konsep van volk reeds toe, en laasgenoemde is 'n eksterne faktor, prakties werkbaar solank dit nie oorgaan tot 'n invloed op ons kollektiewe bewussyn en dus 'n interne faktor word nie."Sedert die tyd van Paul Kruger, het die Afrikanervolk nog altyd in harmonie en broederskap met Jode saamgeleef en gedurende die twintigste eeu was Israel een van ons getrouste bondgenote.
Vir my blyk dit 'n fout te gewees het om 'n blinde oog te draai tot Dr. Roodt se vorige wenke tot sy Zionisme. Self dink ek steeds die meeste van sy werk is insiggewend en dra die potensiaal om Afrikaners se ingesteldheid positief te verstel, en ek skat sy toekomstige werk sal van dieselfde gehalte wees. Daarom vind ek dit besonders demoraliserend dat Roodt oënskynlik 'n broederlike verhouding tussen Jȯod en Afrikaner najaag en hom wil aansluit by die soort kamma-nasionalisme van Geert Wilders. Dis wel die moeite werd om die opstel waarna ek hierbo verwys te lees. Soos gewoonlik lê Roodt sekere logiese waarhede uiteen. Die probleem kom in waar Jȯodsgesindheid ingemeng word daartussen, soos Rohypnol in jou drankie (bespeur tog net die Jȯod in die skaduwee voor jy als afsluk).
Indien die aanname van 'n semi-Jȯodse karakter die pad is wat Afrikanernasionalisme gaan inslaan, bied dit dan nog enigsins 'n heenkome vir die Afrikaner wie onomwonde 'n alleenlik Germaanse kwaliteit vir homself en sy volk wil nastreef?
Bookmarks