Afrikaanse organisasies beplan om 'n gemeenskaplike bevel- en beheerstruktuur daar te stel, met gedesentraliseerde kommando's wat min of meer outonoom sal funksioneer, elkeen onder 'n eie kommandant. Volgens Roodt, gaan die volgende organisasies deelneem aan 'n vrywillige veiligheidstelsel wat in staat sal wees om veiligheid te verseker te midde van 'n verval in wet en orde, maar ook om militêre bedreigings die hoof te bied wat spruit uit grondbesettings, met of sonder die deelname van ANC-kaders en ZANU PF-soldate wat oor ons grens mag kom: Boerevolkvryheidstigting, AWB, Suidlanders, Kommandokorps, TLU, PRAAG-gemeenskapsveiligheidsgroep.

[...]

Roodt het 'n beroep op Afrikanermans gedoen om by een van die burgerlike veiligheidsverenigings aan te sluit. "Ons ontleding toon dat ons op 'n kruitvat sit. Die etniese en rassebewussyn van 'n beduidende deel van die swart bevolking het kookpunt bereik en een of ander vorm van rassebotsing in die land mag voor die deur wees."
bron: Praag nuus