Results 1 to 2 of 2

Thread: Ons Bolsjewistiese Media

  1. #1
    Senior Member
    RoyBatty's Avatar
    Join Date
    Apr 2005
    Last Online
    Wednesday, August 23rd, 2017 @ 07:34 PM
    Status
    Available
    Ethnicity
    Paleface
    Country
    United Kingdom United Kingdom
    Gender
    Occupation
    Arbeit Macht Frei
    Politics
    Rightwing / Socialist
    Posts
    2,415
    Thanks Thanks Given 
    0
    Thanks Thanks Received 
    19
    Thanked in
    19 Posts

    Ons Bolsjewistiese Media

    Soos genoem op Praag en ander media, is die hoofstroommedia besig om ’n mediaspektakel te skep oor die dood van Eugene Terre’Blanche. Diverse subtiele taktieke word gebruik om die indruk te skep dat Terre’Blanche se dood nie uit ’n Malema-geïnspireerde moordlus plaasgevind het nie, maar dat die onophoudelike geweeklaag van verdrukte swart plaasarbeiders en uitbuiting die belangrikste oorsaak was van hierdie brute moord. IOL se artikels oor Terre’Blanche stel diverse kere hoedat “swartes bekommerd is” oor wit agressie, dat Terre’Blanche in staat was tot afwykende seksuele dade twee weke na ’n hartoperasie, dat hy ’n slawedrywer was wat mense graag met swepe geslaan het, en dat e-tv volgende week ’n 1915 dokumantêre gaan wys oor die ontstaan van die KKK.

    Die artikel oor laasgenoemde stel dat die dokumentêr omstrede is omdat dit die “swartes as skurke voorstel.” Hoewel ek oor die algemeen nie veel tyd het vir mense met allerlei proto-fascistiese ophitserypraktyke nie (wit of swart), is die hoofstroommedia presies besig om hulself hieraan skuldig te maak. Ek wonder of e-tv ook ’n dokumentêr sou wys oor Joe Slovo waarin hy oproep dat boere, tesame met hul vroue en kinders, vermoor moet word en dat hy swart polisiemanne geroep het om hul wapens teen blankes te keer en nie swart misdadigers moet bereg nie. Malema roep skaamteloos op om boere te skiet, maar enige vorm van simpatie vir sy slagoffers word deur sulke bogenoemde taktieke ontkrag.

    Selfs met die bekende insident waar AWB'er André Visagie die tv-onderhoud kort beëindig het, was die omroeper besig om die vrae te stuur in die rigting van miljoene arm swartes en die onreg van wittes wat hulself wil beskerm hierteen. Hiermee bevestig die omroeper implisiet die afhanklikheid van swartes aan die arbeid van wittes. Dit word ook openlik beweer dat die moordenaars van boere die plaaswerkers self is.

    Blykbaar het almal skoon vergeet wat dr.Philip du Toit geskryf het in Die Groot Suid-Afrikaanse Grondskandaal, dat 92% van alle swart plaasarbeiders meen dat hulle ’n gunstige verhouding met hul wit boere het, en dat 88% van swart plaasarbeiders nie die moordenaars van die boere ken nie. Die feit dat die hoofstroom propagandabuis hierdie ondersoekte feite ontken en alles in ’n Marxsties-Leninistiese paradigma wil plaas, mag ’n indruk gee aan wie se kant hulle is. Die media skets al lankal nie meer ’n beeld oor “wat is” nie, maar oor “wat moet wees”.

    Wat kan ons verder verwag die komende tyd?
    · Die web van karaktermoord op plaasmoordslagoffers sal stywer gewikkel word. Die idee van armoede gaan verder uitgebuit word om wraakaksies op boere te regverdig, en diverse “onafhanklike deskundiges” gaan meehelp om hierdie beeld ’n realiteit te maak.
    · Die media gaan minder begrip vir die slagoffers toon en hul liewer voorstel as bloeddorstige uitbuiters en kapitaliste. Daar gaan verhale versprei word oor vermoorde boere wat na die dood van Terre’Blanche genadeloser opgetree het teen hul swart werkers en daarom vermoor was.
    · Net soos Stalin na bewere agter die moord op sy “dissidente” partygenoot Sergei Kirof gesit het om sy terreurgolf te regverdig, kan ons iets soortgelyks verwag in Suid-Afrika. Sowel Kirof as die puber Pawlik Morozof was vermoedelik deur die party self gedood om martelaars van hulle te maak, en sodoende die party se belange bo te stel. Hierdie moord, veral die een op Kirof, was ’n taktiek gewees om onsuiwer elemente uit die party te verwyder en die onsuiweres self te beskuldig. Blykbaar het die ANC ook ’n aandeel gehad in die moord op Chris Hani om ’n rewolusie te ontketen. Die klimaat is oorryp dat die ANC – dalk binne enkele weke - ook ’n interne suiwering gaan hou en ’n prominente lid gaan doodmaak ten einde die skuld by die wittes te lê en sodoende ’n nuwe golf van haat teen blankes te regverdig.
    · Hierdie polarisasie gaan veroorsaak dat – soos Dan Roodt dit gestel het – die middelgrond verdwyn. Die wittes het geen keuse nie as om hulself te skaar agter regse en verregse militante. Hierdie verregsing gaan help om die internasionale vyandbeeld van die Afrikaner te versterk en die res van die wêreld weereens te bewys dat Afrikaners nou eenmaal agressiewe, bloeddorsitige, rassistiese militante is. Oorlewing kom egter eerste.

    Uiteindelik is die mens se enigste handelsmiddel sy geloofwaardigheid. As jy iemand se geloofwaardigheid kan aantas het jy die helfte van die werk al gedoen. Terre’Blanche word gereeld in die oorseese pers as “white supremacist” afgemaak, met slegs so hier en daar reaksies wat wys dat hy eintlik ’n seperatis was. In feite kan Terre’Blanche oor dieselfde kam geskeer word as die Koerde, Baske, Palestyne en derglike staatlose volke, maar ’n Afrikaner met sulke ambisies pas nie in die linkse wêreldbeeld wat mense van Afrikaners het nie. Gelukkig het die ANC ook ’n groot breuk in sy geloofwaardigheid veroorsaak eerstens vanweë hul korrupsie en tweedens deurdat Malema ’n BBC-joernalis die deur gewys het. Malema het kennelik geen idee hoevaal skade ’n joernalis kan aanrig nie. Ons daarenteen het hierdie skade al sedert die Boereoorlog ondervind, indien nie vroeër nie.

    Vandaar hierdie oproep: Alle besorgde burgers in Suid-Afrika word versoek om enige gebeurtenis so krities en deeglik moontlik op te skryf oor vreemde gebeurtenisse. In hierdie geval sou die Ventersdorpers so veel moontlik moet vertel wat presies alles op die dorp afspeel. Hierdie gedagtes moet op internet versprei word en emosionele taal moet liewer vermy word. Daar moet so stellig moontlik op feite gefokus word met eventuele bewyse en logiese argumente. Om in Engels te skryf is uiteraard ’n goeie idee om die wêreld ’n beter beeld te gee van wat gebeur. Hierdie aksie is nie net om die internasionale perse se aandag te vestig op die werklike dag-tot-dag gebeurtenisse nie, maar dien ook as geskiedkundige bron vir die nageslag om nie te maklik te glo in die hoofstroommedia nie.

    Slegs deur ’n frontale mediakonfrontasie te loods kan ons die hoofstroommedia ontbloot vir wat hulle werklik is, naamlik fasiliteerders in ’n Bolsjewistiese moordmasjien. Daar is baie onbesproke leed in Oos-Europa wat die gevolg is van die terreur van wrede diktature, wat ook as gevolg is van verdraaide mediaspektakels. Soos die priester Patrick Desbois geskryf het in sy boek The Holocaust by Bullets was hy die eeste westerling wat sedert die moordveldtog op anderhalf miljoen Jode aan die plaaslike inwoners uitgevra het oor wat presies gebeur het, en die ouer geslag het heel openhartig vertel waar die Jode selfs tereggestel was en die grafte was. Niemand het voorheen die moeite gedoen om ondersoek in te stel of vrae te stel nie. As dit nie daarvoor was nie, sou dit seker nooit bekend geword het aan die weste nie.

    Om ons sy van die realiteit te vertel skuld ons nie net vir onsself en ons naaste nie, maar ook vir ons nageslag eendag.
    http://praag.co.za/joseph-secreve-ma...ese-media.html

  2. #2
    Senior Member
    RoyBatty's Avatar
    Join Date
    Apr 2005
    Last Online
    Wednesday, August 23rd, 2017 @ 07:34 PM
    Status
    Available
    Ethnicity
    Paleface
    Country
    United Kingdom United Kingdom
    Gender
    Occupation
    Arbeit Macht Frei
    Politics
    Rightwing / Socialist
    Posts
    2,415
    Thanks Thanks Given 
    0
    Thanks Thanks Received 
    19
    Thanked in
    19 Posts
    Gelukkig het die ANC ook ’n groot breuk in sy geloofwaardigheid veroorsaak eerstens vanweë hul korrupsie en tweedens deurdat Malema ’n BBC-joernalis die deur gewys het. Malema het kennelik geen idee hoevaal skade ’n joernalis kan aanrig nie.
    Hier misgis die skrywer homself ongelukkig.

    Dit is hy wat kennelik geen idee het dat die "Westerse Media", veral die BBC, hulself agter die Malemas van die wereld skaar nie. Ons het nou maar een maal geen kans hierso nie. Ek kon nerens enige sprake van die "Malema vs BBC joernalis" voorval op hul webwerf vind nie.

    Daar was egter wel n berig hieroor in "The Guardian" (n linkse Soros nuus blad).

Similar Threads

  1. Best Firefox Add-Ons!
    By Thorburn in forum Internet, Security, & Privacy
    Replies: 5
    Last Post: Tuesday, July 19th, 2016, 06:17 AM
  2. 'Jammer Dat Ons Leef'
    By Bittereinder in forum Southern Africa
    Replies: 10
    Last Post: Friday, August 20th, 2010, 09:12 AM
  3. Waarvoor Moet Ons Jammer Sê?
    By troepie in forum Southern Africa
    Replies: 10
    Last Post: Friday, April 2nd, 2010, 09:04 AM
  4. Ons Volk Ontwaakt
    By Frans_Jozef in forum Netherlands & Flanders
    Replies: 0
    Last Post: Saturday, July 22nd, 2006, 11:56 PM
  5. Brussel, een stad van ons?
    By Chlodovech in forum Netherlands & Flanders
    Replies: 5
    Last Post: Sunday, April 23rd, 2006, 06:44 PM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •