Wat alle wit Suid-Afrikaners moet hoor
DINSDAG, 13 APRIL 2010 11:56 HANNES DE WET
37 reaksies
Waarom gebruik ons boere nog swart arbeid? Het hulle oë nog steeds nie oopgegaan vir die werklikhede wat met swart arbeid gepaard gaan nie? Is Afrikaner boere werklikwaar so verknog aan swart arbeid dat hulle bereid is om te verdra wat geen waardige man sal aanvaar nie - om sy vrou en kinders op risiko te stel net sodat hy sy swart arbeid kan hê?
Geen argument ten gunste van swart arbeid kan staande bly ten koste van die veiligheid van jou gesin nie. Elke boer word voor die keuse gestel om te kies wat vir hom meer kosbaar is: Swart arbeid of sy gesin. Na meer as 3000 moorde oor die verloop van net meer as 'n dekade waartydens talle vrouens onteer en kinders getraumatiseer is, blyk dit duidelik dat jy nie jou swart arbeid kan behou sonder om jou gesin op risiko te plaas nie.
Dit is die een òf die ander. Moet jouself nie bedrieg nie. Vir duisende is dit reeds te laat. Man tot man sê ek hier vir elke boer selfs deur net jou vrou en kinders aan hierdie risiko's bloot te stel versuim jy you Goddelike plig.
Al is jy as boer dan nie mans genoeg om jou eie arbeid te doen nie en hunker jy na jou swart arbeid, dan verdien jou vrou en kinders steeds 'n beter lewe as om onder 'n dreigende aanval te moet leef. 'n Waardige man koester sy geliefdes veel meer as om sy gesin aan hierdie gevare bloot te stel vir watter rede ookal.
Die tyd is verby dat boere wat slagoffers van plaasaanvalle is met simpatie bejeën word. Daar is geen rede meer vir verwarring rondom die feite nie. Die heel eerste Goddelike verpligting teenour jou naaste waarvoor die Here jou as man verantwoordelik hou, is die veiligheid van jou gesin.
Met die feite nou alombekend is elke aanval op 'n boeregesin deur swart arbeiders van nou af die nalatigheid van die boer self wat as man sy plig versuim het om die veiligheid van sy gesin bo sy verknogtheid aan swart arbeid te plaas.
Dit is jou verantwoordelikheid om jou gesin ware veiligheid te bied. Die oplossing is vanselfsprekend en dit is totaal binne elke boer se eie mag. Die uitvoering daarvan verg wel durf en moed. Maar geen man wat die naam m-a-n werd is deins terug daarvoor om te doen wat nodig is sodat sy gesin veilig kan wees nie.
Vervolgens wanneer ek van 'n plaasanval deur arbeiders lees dan sal ek weet, mnr. Boer, jy het jou plig teenoor jou gesin versuim deur op jou plaas swart arbeid bo jou geliefdes se veiligheid te gekies het.
Ja, ek sal weet dat jou liefde vir jou gesin vlakker gelê het as jou verknogtheid aan swart arbeid. En ek sal by myself dink oor die ongeluk wat ons boerevrouens en kinders getref het om mans vir eggenote en vaders te hê wat hulle gesin aan hierdie gevare blootstel terwyl waardige mans van regoor die wêreld hulle gesinne beter beskerm.
Bookmarks