In 'n duidelik rasgemotiveerde aanval, het 'n plaasaanvaller gister op 'n boervrou "Die, malungu!" en "Viva Malema" geskree toe hy haar aangerand het. Mnr. Leon Koekemoer het egter sy vrou te hulp gesnel, een aanvaller in die gang van hul plaashuis naby Brits doodgeskiet en 'n ander in die slaapkamer met 'n byl gekap.
Die aanval het gisteroggend om vyfuur plaasgevind.
Blykbaar het joernaliste van die SAUK by die plaas aangedoen, maar besluit om geensins daaroor te berig nie aangesien dit "politieke spanning mag aanwakker".
Twee uit die vier aanvallers het weggekom.
"Malungu" is 'n skelwoord vir blankes wat algemeen deur swartes in Suid-Afrika gebruik word en as "wit skuim" vertaal kan word.
Bookmarks