Results 1 to 2 of 2

Thread: Union Jack ‘Weier’ Om Bo Bfn Te Wapper

  1. #1
    Funding Member
    „Friend of Germanics”
    Skadi Funding Member
    Bittereinder's Avatar
    Join Date
    Jun 2009
    Last Online
    Monday, May 6th, 2019 @ 06:52 PM
    Ethnicity
    Boer
    Ancestry
    Netherlands, Germany & Norway
    Subrace
    Faordiby
    State
    Orange Free State Orange Free State
    Location
    Grootrivier
    Gender
    Age
    37
    Family
    Married
    Occupation
    Cognitive Dissident
    Politics
    Verwoerdian
    Religion
    Heretic
    Posts
    1,592
    Thanks Thanks Given 
    200
    Thanks Thanks Received 
    289
    Thanked in
    166 Posts

    Union Jack ‘Weier’ Om Bo Bfn Te Wapper

    Union Jack ‘weier’ om bo Bfn te wapper

    Dis ’n goddelike ingryping.

    Só is Saterdag by die Oorlogmuseum gesê nadat die Union Jack ná net twee sekondes met die 110de herdenking van die Britse verowering van Bloemfontein skielik van die vlagpaal geval het.

    “I say, lord Roberts, its a bad omen, isn’t it?” het adv. Colin Steyn, agter-kleinseun van pres. M.T. Steyn, president van die Vrystaatse Republiek wat voor die Britse bevelvoerder moes vlug, hardop gevra. Steyn en sy Oorlogspoort-kommando het geproes toe die Union Jack in die nabootsing van die oorgawe van die Vrystaatse hoofstad skielik na benede getuimel het.

    Die kommando het op aandag gestaan toe die Vrystaatse Vierkleur gestryk is en in “lord Roberts” (mnr. Frikkie Kotzé) se hande geplaas is.

    Die “Boere” het egter hul hoede teruggeplaas toe mnr. Sieg Marais, wat die rol van ’n Skotse sersant-majoor gespeel het, die Union Jack gehys het terwyl God Save the Queen gespeel het.

    Dis toe dat die blinde sambok koningin Victoria en die Britte ná ’n eeu van onreg oor die kneukels geraps het.

    Marais moes toe die Britse vlag ’n tweede keer hys – die keer aan die vlagpaal waaraan die Vierkleur gehang het.

    “Three cheers for Queen Victoria! Hip hip hooray! Hip hip hooray! Hip hip hooray!” het die paar Tommies langs Roberts gekraai.

    Steyn, in die rol van ’n Boere-kommandant, het na vore getree en gesê: “Hulle mag ons stede en ons dorpe vat, maar ons kommando’s sal sorg dat die velde Republikeins bly!”

    Mnr. Johan Wolfaardt, in die uniform van die Vrystaatse Artillerie, het die oomblik só opgesom: “Wat ’n goddelike ingryping: Die Vrystaat rebelleer teen die Union Jack!”

    Marais het ná die vlaghysing met ’n wrang glimlag gesê dit is veelseggend dat die Union Jack “weier” om bo die Vrystaatse hoofstad te wapper.

    Wolfaardt het gesê die geskiedenis het homself eintlik Saterdag herhaal.

    Lady Roberts het ’n groot Union Jack van sy vir haar man gemaak wat hy op 13 Maart 1900 in Bloemfontein laat hys het. Dié vlag is weer gestryk en ’n regte Union Jack is toe gehys.
    Volksblad
    Although the word "Commando" was wrongly used to describe all Boer soldiers, a commando was a unit formed from a particular district. None of the units was organized in regular companies, battalions or squadrons. The Boer commandos were individualists who were difficult to control, resented formal discipline or orders, and earned a British jibe that"every Boer was his own general".

  2. #2
    Funding Member
    „Friend of Germanics”
    Funding Membership Inactive
    Stormraaf's Avatar
    Join Date
    Aug 2008
    Last Online
    @
    Ethnicity
    Afrikaner
    Country
    Netherlands Netherlands
    Gender
    Age
    35
    Posts
    959
    Thanks Thanks Given 
    51
    Thanks Thanks Received 
    23
    Thanked in
    15 Posts
    Mnr. Johan Wolfaardt, in die uniform van die Vrystaatse Artillerie, het die oomblik só opgesom: “Wat ’n goddelike ingryping [...]
    Dit mag miskien na 'n tipies-Calvinistiese sentiment klink, behalwe dat Johan Wolfaardt self politeïsties is en dus waarskynlik na die ingryping van gode verwys. So 'n verbergde Ansetrou-verwysing in die Volksblad.

Similar Threads

  1. Replies: 1
    Last Post: Thursday, April 28th, 2016, 10:23 AM
  2. Replies: 16
    Last Post: Monday, January 10th, 2011, 04:05 PM
  3. A Farewell to ‘Black America’
    By Blood_Axis in forum The United States
    Replies: 8
    Last Post: Monday, October 15th, 2007, 12:17 AM
  4. ‘Last Time I Checked, Sweden Did Not Invade Iraq’
    By Verðandi in forum Immigration & Multiculturalism
    Replies: 3
    Last Post: Thursday, October 4th, 2007, 10:46 PM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •