Results 1 to 2 of 2

Thread: Boerejeug Verenigings Raad (BJVR)

  1. #1
    Member
    Sanderis's Avatar
    Join Date
    Apr 2009
    Last Online
    Saturday, April 9th, 2011 @ 09:00 PM
    Status
    Available
    Ethnicity
    Afrikaner
    Ancestry
    Prussia
    Country
    South Africa South Africa
    Gender
    Age
    46
    Family
    Single adult
    Politics
    Konserwatiewe Afrikaner Party
    Posts
    52
    Thanks Thanks Given 
    0
    Thanks Thanks Received 
    0
    Thanked in
    0 Posts

    Boerejeug Verenigings Raad (BJVR)




    Nuusbrief van die Boerejeug Verenigings Raad (BJVR)



    Februarie 2010


    Volksgenote!

    Die jaar 2010 is ‘n besondere datum in die lewe van ons volk. Presies een honderd jaar gelede het Engeland, die imperiale onderdrukker, ons Boerestate
    - die ZAR (Transvaal) en die Oranje Vrystaat - in hulle sogenaamde
    ,,Dominion of the Union of South Africa” – die Unie van Suid-Afrika –
    gedwing. Sedert dan het ons tot die jaar van die Groot Verraad (1994)
    dikwels wel die regering gevoer maar dit was nooit werklik moontlik om van
    Engeland se popdrade heeltemal los te spring nie.

    Dit het daartoe gevoer, dat selfs ons eie Nasionale Party leiers ons land
    aan vreemde volke oorgegee het sonder om ‘n enkele skoot af te vuur.
    Daardeur het hulle die Bybelse wet smadelik oortree:

    Jy moet iemand uit jou eie volk as koning aanstel. Jy mag nie 'n uitlander,
    iemand wat nie uit jou volk is nie, as koning aanstel nie. - Deut. 17:15.

    Die gevolg daarvan beleef ons daagliks: Moord, diefstal, en algemene
    wanadministrasie het in ons land aan die orde van die dag geword. Ons nuwe
    heersers, wat self ook net veragtelike marionette van Engeland is, probeer
    ons as Boere-Afrikaanse Volk uit te wis. Dis niks nuuts in die
    wêreldgeskiedenis nie. Die regering van die Russiese Ryk in die 19e eeu het
    openlik gespog dat hulle een derde van die Jode in Rusland uit die land sou
    verdryf, een derde van hulle doodmaak en een derde van hulle dwing om Russe
    te word. Is dit nie presies wat vandag in Suid-Afrika voor ons oë plaasvind
    nie?

    Volksgenote! Dít moet hier en nou einde kry! Hierdie forum van die BJVR is
    een van ons voornaamste ideëbyeenkomste om gedagtes uit te wissel met die
    doel om te organiseer en om ons Boere-Afrikaanse toekoms in die eie hand te
    vat.

    Die Romeine het gesê: Ex nihilo nihil fit, d.w.s:

    Uit niks kom niks: As ons niks doen nie, sal ons volk en ons taal ondergaan
    en verdwyn!

    Dink aan die woorde van Hillel (ca. 30 v. C. tot 9 n. C.):

    ,,As ek nie vir myself is nie, wie is dan vir my?
    Dog as ek maar net vir myself alleen is, wat is ek?
    En indien nie nou nie, wanneer dan wel?''

    Ons Boere wéét hoe om ‘n plan te maak! Word aktief! Maak julle voorstelle!
    Neem deel in ons daaglikse dinkskrum – ons intensiewe samesprekings oor die
    worstelstryd van ons volk!

    En die belangrikste: Bid elke dag vir Boere onafhanklikheid!

    Waarlik, die Beskermer van Israel
    sluimer nie in nie
    en Hy slaap nie.
    Die Here beskerm jou,
    die Here bewaar jou van alle gevare.
    (Psalm 121.4-5)

    Boeregroetnis


    Eendrag maak mag!

    Besoek gerus
    Tuisblad : http://www.boerejeug.co.za
    Voorblad : http://www.boerjeug.22web.net
    Forum : http://boerjeug.22web.net/forum
    http://onsstem.blogspot.com
    Want veg ons nie , sal ons verdwyn.

  2. #2
    Member
    Sanderis's Avatar
    Join Date
    Apr 2009
    Last Online
    Saturday, April 9th, 2011 @ 09:00 PM
    Status
    Available
    Ethnicity
    Afrikaner
    Ancestry
    Prussia
    Country
    South Africa South Africa
    Gender
    Age
    46
    Family
    Single adult
    Politics
    Konserwatiewe Afrikaner Party
    Posts
    52
    Thanks Thanks Given 
    0
    Thanks Thanks Received 
    0
    Thanked in
    0 Posts
    Die BJVR stel nou lapelle beskikbaar teen 'n baie billike en bekostigbare prys van R45 per lapel.
    Die lapelle word as volg gedra op die uniform (die uniform is 'n gekamofleerde knoop hemp en gekamofleerde velddrag langbroek, donker skakering):
    1. Een Saklapel gedra deur alle lede
    2. Twee Armlapelle gedra deur alle lede soos hul aanstelling
    3. Twee Skouerlapelle gedra deur alle lede soos aangestel (skiewies en bendeleiers dra nie hierdie lapelle nie)

    Lapelle en rangstruktuur:
    Dagbestuur
    2x 2x 1x

    Jeugleier
    2x 2x 1x

    Hoofkommandant
    2x 2x 1x

    Kommandant
    2x 2x 1x

    Veldkornet
    2x 2x 1x

    Assistent
    2x 2x 1x

    Bendeleier
    2x 1x

    Skiewie
    2x 1x
    http://onsstem.blogspot.com
    Want veg ons nie , sal ons verdwyn.

Similar Threads

  1. Praag: Joodse Raad Vier Sestigste Bestaansjaar in Duitsland.
    By Bittereinder in forum Southern Africa
    Replies: 0
    Last Post: Tuesday, July 20th, 2010, 06:55 AM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •