'Witman, jy kan nie 'n kar soos dié bekostig nie!' .
Sondag, 21 Februarie 2010 08:08 Praag .
Die beskadigde Ferrari F430
Die Lamborghini Murcielago LP640 word weggesleep
Die dorpie Eshowe in Kwazulu-Natal is verlede naweek geskud toe swart hoëlui met 'n Ferrari en Lamborghini in mekaar vasgery het.
Toe 'n blanke, mnr. Tony Simpson, 'n foto van die beskadigde voertuie wou neem, is hy uitgeskel met die woorde: "Wat soek jy hier, witman, jy kan nie 'n kar soos dié bekostig nie!"
'n Huwelikseremonie van wat as 'n "ANC-familie" beskryf word, het by die sportsentrum op Eshowe plaasgevind waar die grasperk met gebreekte bottels en glase verniel is. Ná afloop daarvan het Romeo Mbambo, die eienaar van die Lamborghini Murcielago LP640, en die bestuurder van 'n Ferrari F430 in Kangellastraat teen mekaar resies gejaag.
Mbambo is 'n vorige sluipmoordenaar van die IVP wat by die Waarheids- en versoeningskommissie amnestie ontvang het. Hy en ses ander was destyds betrokke by 56 geweldsvoorvalle waartydens 100 mense gesterf het. Deesdae verskaf hy beskermingsdienste aan BBP's in Durban.
Die skade aan die twee Italiaanse sportmotors word op R1 miljoen beraam, volgens 'n woordvoerder van Lamborghini Suid-Afrika.
Die uitspattige troue op Eshowe, wat deur ANC-politici bygewoon is, het die allure van 'n luuksemotorskou aangeneem met Mercedes-koepees, Porsches, asook 'n splinternuwe Ferrari met 'n tydelike registrasiesertifikaat, wat uitgestal is.
Blykbaar was Mbambo en sy mede-"renjaer" op pad na die dam om foto's van die bruid en bruidegom te gaan neem toe hul bestuursvernuf tekort geskiet het. Die bestuurders van die twee sportmotors - wat saam R4,7 miljoen werd is - was ongedeerd, maar 'n lamppaal is erg beskadig, wat natuurlik deur belastingbetalers herstel sal moet word.
Van die blanke omstanders wat foto's met hul selfone wou neem, is geklap en geslaan terwyl polisie op die toneel bloot toegekyk het.
Die polisie het ook geen amptelike rekord van die ongeluk nie, aangesien Mbambo gesê het dat hy "self die kwessie sal hanteer".
Bookmarks