Is daar mense op Skadi hier in S.A. wat belangstel om 'n oorlewingsgroep in hul area te begin en dan die verskillende groepe later te verbind met mekaar? Ek is hier in Kuilsrivier Kaap, maar ken nog niemand hier om daaroor te gesels nie en die mense wat ek hier geken het in die 80's weet ek nie meer waar hulle is nie.
Dit moet darem mense wees wat se koppe nie vol spoke is nie, want dan gaan niemand oorleef nie. Daar's twee punte van oorlewing, nl. politiese en natuurrampe.
Daar moet darem 'n wye belangstelling wees in verskeie onderwerpe, soos in wapens[modern/ouds], oorlewingskosse en veral die bewaring daarvan, amateur radio's, kruie vir kos/medies, noodhulp, die skepping van eie elektriese krag en brandstof, in geval van 'n natuurramp dalk 'n veilige blyplek êrens weg van woonareas.
Mense moet darem 'n bietjie van 'n ope gemoed hê om oor ander dinge te gesels sonder om dit net te wil afbreek. Ek stel belang in baie dinge sonder om dit sommer net te aanvaar en voel dat lede moet daaroor gesels en ook navorsing doen daaroor. Ek het al baie boeke gelees, maar kan nie daaroor gesels met iemand nie want mense lees nie, behalwe as dit oor sport of sex gaan. Daar is 'n groot tekort aan kennis oor baie onderwerpe wat dalk ons kan help met oorlewing. Onderwerpe waarin ek belangstel is soos remote viewing, UFO's, pendelum power ens.
Van die boeke wat ek al gelees het: Heksebrousel wat ons eet en drink (EJG Norval), Pyramid Power (Max Toth & Greg Nielsen), The Lost Continent of MU. (Col. James Churchward), Alien Base (Timothy Good), Beyond Top Secret (Timothy Good), The Lost Realms/When Times Began/The Stairway to Heaven/Genesis Revisited/The 12TH Planet/The Wars of Gods and Men (Zecharia Sitchin), Siener van Rensburg (Adriaan Snyman), Children of the Matrix/The Reptilian Agenda/The Biggest Secret/...And the Truth shall set you Free (David Icke), Volksverraad(Advokaat Pretorius..'n moet vir ons hier in SA.hy gaan haal die bobbejaan agter die berg uit.) ens. Die boeke gee jou beslis 'n nuwe insig van die lewe waarvan ons basies niks van weet nie.
As daar mense is veral in Kaap en omgewing, email my by wiseman948@gmail.com.Sal maar nou eers kyk wat die reaksie hieroor is op die forum.
Die Wolf
Bookmarks