Die Bosoorlog - 'n verlore saak liefs vergeet?

Maandag, 12 November 2007 02:00 Dan Roodt




Toespraak gehou te Balmoral op 11 November 2007, by 'n geleentheid ter herinnering aan die gesneuweldes van die Bosoorlog, asook die einde van die Eerste WÍreldoorlog.



Kmdt Willem Ratte met papawer


Jare lank was diensplig, grensdiens en alles wat daarmee saamgehang het, letterlik deel van die Suid-Afrikaanse landskap want oor naweke kon mens jong blanke mans in uniform by die uitgange van dorpe sien staan met ʼn bordjie waarop hulle bestemming geverf was. Hulle was die gelukkiges wat naweekpas gekry het in die Spartaanse en gedissiplineerde opset wat destyds tipies van die ou Suid-Afrikaanse Weermag was. Sulke jongmans in uniform het ons aan ʼn oorlog herinner wat op die duur lotsbepalend sou wees, ʼn oorlog wat destyds nooit behoorlik aan die publiek verduidelik is nie en wat nooit werklik deel van die openbare debat geword het nie.

Met die voordeel van terugskouing kan mens amper sÍ dat ons politieke leiers van destyds nie mooi besef het waaroor dit gaan nie. Anders waarom is Suidwes, om nie van Walvisbaai wat reeds van 1878 ʼn Suid-Afrikaanse besitting was te praat nie, sonder meer aan SWAPO oorhandig? Terwyl die Weermag hom op die slagveld onderskei het as ʼn professionele en gedugte vegsmasjien, het die politici heel dikwels by die onderhandelingstafel die witvlag gehys en word die Westerse beskawing wat ons voorouers in die land gevestig het vandag wesentlik bedreig. Al die strategiese implikasies van die Nasionale Party se sonderlinge bekering tot die ANC-standpunt waarmee die Afrikaner, onder andere, se eeue-oue strewe na selfbeskikking meteens beŽindig is, is waarskynlik nog nie verreken nie.
Dit blyk dat selfs Brittanje, die argitek van die Lancasterhuisberaad waardeur Robert Mugabe aan bewind geplaas is, ietwat verbaas is deur die vinnige manier waarop alle Westerlinge uit daardie land gesit is. Gedane sake het egter geen keer en mens vermoed dat onlangse Britse kritiek op Mugabe meer uit verleentheid as enige werklike empatie met die eertydse blanke RhodesiŽrs geskied.
Feit is dat die Bosoorlog ongeveer dertig jaar geduur het, vanaf die laat sestigerjare tot die 22ste van die tweede maand 2002 toe Jonas Savimbi, een van die hooffigure in daardie oorlog, tydens ʼn skietgeveg omgekom het.


SAW-vlag...


Afgesien van die militÍre operasies teen Duitsland tydens die Tweede WÍreldoorlog, was die Suider-Afrikaanse bosoorlog waarskynlik die grootste oorlog wat daar nog op Afrikabodem geveg is. Verskeie lande in Suider-Afrika, maar ook die vernaamste opponente tydens die Koue Oorlog soos die VSA en die Sowjetunie, was op een of ander manier betrokke.
Die feit dat hierdie ʼn belangrike oorlog was, dring waarskynlik nou eers tot ons deur, noudat die sogenaamde “progressiewe” oftewel linkse magte soos die MPLA, ZANU PF, SWAPO en ANC/SAKP ʼn onverwagte hegemonie in die streek behaal het.

Die wyse waarop Suider-Afrika tťťn die gang van die wÍreldgeskiedenis in uiteindelik die mag oorhandig het aan politieke en militÍre bewegings wat destyds binne die invloedsfeer van die ou Sowjet-Unie verkeer het, verteenwoordig een van die geheimsinnigste raaisels van die geskiedenis. Terwyl die Berlynse muur in Europa in 1989 afgebreek is, is hy by wyse van spreke vanaf dieselfde datum by ons herbou.

As daar vandag hoegenaamd in die pers na die Bosoorlog verwys word, word dit op ʼn baie stereotipe manier met apartheid in verband gebring. Daar bestaan weinig strategiese of politieke ontledings van die oorlog wat op ʼn objektiewe manier gedoen is. Die algemene indruk wat daar geskep word, is dat indien Suid-Afrika, asook die ou RhodesiŽ nooit weerstand gebied het nie, sou ons die geweld van die oorlog gespaar gewees het.

So eenvoudig is dit natuurlik nie. Indien Kennedy tydens die Kubaanse missielkrisis bes gegee het, sou daar vandag wÍreldvrede geheers het? Gestel Suid-Afrika het nooit gereageer teenoor die Kubaanse, Oos-Duitse en Russiese magsopbou in Angola nie, sou ons vandag ʼn beter lewe gehad het, sonder transformasie, plaasmoorde en taaldiskriminasie? Vir seker nie.

Baie oorloŽ is sekerlik futiel. Maar elke oorlog het unieke oorsake wat uiteindelik met die politiek verband hou. In die beroemde frase van Von Clausewitz verteenwoordig “oorlog die voortsetting van politiek met ander middele”. Dikwels is oorlog die gevolg van politieke mislukkings. Vele mense gee die eensydige skikking by Versailles in 1919 die skuld vir die uiteindelike uitbreek van die Tweede WÍreldoorlog. Maar oorloŽ kan ook ewe dikwels veroorsaak word deur mededinging tussen lande en volkere, om nie van godsdienstige en ideologiese verskille te praat nie.

As ons dus vandag die vraag vra: waarom het ons oorlog gaan maak in die destydse Suidwes en Angola, dan is daar ʼn verskeidenheid antwoorde wat met die gewone oorsake van oorloŽ te make het. Dit opsigself sÍ vir ons dat dit geen vrugtelose oorlog was nie. Die destydse strategiese, militÍre, ekonomiese en ideologiese kwessies wat die Bosoorlog onderlÍ het was werklike kwessies en kon nie langs gewone politieke weŽ opgelos word nie.



Roodt te Balmoral


Ek wil vandag hier my eie siening of interpretasie van die oorlog gee. Ek wil selfs die stoute skoene aantrek en beweer dat die Bosoorlog in sekere opsigte nog nie verby is nie en dat ons iewers in die toekoms weereens in Suider-Afrika gaan oorlog maak omdat geen van die wesentlike geskille waaroor dit gegaan het tot dusver opgelos is nie. Ook wil ek fokus op die positiewe eienskappe van die ou SAW wat nog nie heeltemal verlore is nie en wat ons dalk in die nabye toekoms mag onderskraag in ons stryd om voortbestaan op waarskynlik die ongenaakbaarste en gewelddadigste kontinent op aarde.

Terwyl Suid-Afrika ingeneem is deur die ANC en hy hom in die Uniegebou tuisgemaak het waar hy na hartelus die SA staat vir sy eie doeleindes kan aanwend, kan mens tog sÍ dat iets van die ou Suid-Afrikaanse patriotisme oorgebly het. Deel van die oorlogservaring en deel van vele mense se Weermagervaring was diť patriotisme wat veral in die eerste vers van Die Stem deur Langenhoven verwoord is, die gedagte van: “Ons sal lewe, ons sal sterwe, Ons vir jou Suid-Afrika.”

Die ou Suid-Afrikaanse patriotisme, wat nou saamhang met die Afrikaneridentiteit, is, goddank, nog nie dood nie. Hoewel ons by die onderhandelingstafel oorwin is, is ons nog nie geestelik oorwin nie.

Ek het reeds genoem dat die Bosoorlog deel was van die Koue Oorlog-konflik tussen Oos en Wes. Maar myns insiens is daar nog ʼn wesentliker aspek daarvan wat deur die meeste mense misgekyk word. Deur die geskiedenis, of dit nou die geskiedenis van Rome is of die geskiedenis van die Franse of Russiese Revolusies, vind ons ʼn byna permanente konflik tussen die skeppende minderheid en die passiewe, afhanklike meerderheid. Terugskouend en veral in die lig van die soort DerdewÍreldse welvaartstaat wat regdeur Suider-Afrika tot stand gekom het, was die Bosoorlog bloot die voortsetting van die eeue-oue stryd tussen patrisiŽr en plebejer. In daardie sin is die oorlog nie verby nie, maar het bloot ʼn nuwe gesig aangeneem; dit woed voort in plaas- en huisaanvalle en in al die pogings van die huidige owerheid om die besittersklas van sy bates te ontneem en dit aan sowel die plebejiese parvenu’s as die gepeupel uit te deel.

Sekerlik het die Afrikaner sentraal in die Bosoorlog gestaan. Die SAW is aangevoer deur Afrikanergeneraals, maar daar was ook ʼn groot aantal dienspligtiges uit die geledere van Engelssprekende blankes. Benewens hierdie weermag, was daar egter ʼn hele konstellasie van bondgenote, waaronder veral UNITA, die DTA in Suidwes, Buthelezi en ander tuislandleiers in Suid-Afrika. Daar was ook 32 bataljon, Koevoet en ander wat van nie-wit soldate gebruik gemaak het. Toe Meyer en De Klerk so te sÍ onvoorwaardelik aan die ANC oorgegee het, het die hele orde in duie gestort in ʼn illustrasie van die klassieke dominoteorie wat Amerikaanse sienings gedurende die Koue Oorlog bepaal het. Soos Dwight D. Eisenhower dit op 7 April 1954 gestel het:

“Uiteindelik het mens breŽr oorwegings wat neig na wat jy die ‘tuimelende domino’-beginsel sou noem. Jy het ʼn ry domino’s wat opgestel is, jy gooi die eerste een om en wat met die laaste een gebeur is die sekerheid dat dit baie vinnig gaan omval. So kan mens die begin van ʼn disintegrasie hÍ wat die mees diepgaande invloed kan uitoefen.”

Wat die meeste van die slimjanne wat vandag in die pers kommentaar lewer nie besef nie, is dat die politieke mislukking van die Nasionale Party en die De Klerk-oorgawe ook ʼn verwoestende uitwerking gehad het op almal wat deel was van wat mens destyds die Gematigde Alliansie, teenoor die Radikale Alliansie, sou kon noem. Savimbi, wat volgens sy biograaf ʼn intelligente en charismatiese leier was, is uiteindelik doodgeskiet terwyl elkeen wat op een of ander manier deel van die Gematigde Alliansie was die onderspit gedelf het.

Hoewel die wÍreldmedia die sogenaamde skikking van 1994 voorgehou het as ʼn onderhandelde skikking, het niemand minder nie as Nelson Mandela tog die aap uit die mou gelaat toe hy op 26 Julie 1991 in Havana die volgende gesÍ het: “Die oorwinning oor die apartheidsweermag was ʼn inspirasie vir die strydende mense binne Suid-Afrika! Sonder Cuito Canavale sou die verbod op ons organisasies nie opgehef gewees het nie!… Cuito Canavale was die keerpunt in die stryd om ons kontinent en ons land van die euwel van apartheid te bevry!”

Volgens Fidel Castro was Mandela se woorde “die grootste en voortreflikste hulde wat ooit aan ons internasionalistiese vegters gebring is”.

Ook in sommige van Thabo Mbeki se uitsprake het dit al geblyk dat die ANC sy huidige magsposisie nie sien as die resultaat van onderhandeling nie, maar as die vrugte van ʼn militÍre oorwinning. Onderliggend aan die tweedeklasstatus van blankes en veral Afrikaners in Suid-Afrika is ook die gedagte dat ons oorwin is en daarom die wette en regeringstelsel van ons oorwinnaars moet aanvaar.

Diegene van die SAW wat wel by Cuito Canavale was, vertel ʼn ander verhaal.

Kan mens dus sÍ dat die saak waarvoor daar geveg is, verlore is? Hierdie vraag kan slegs beantwoord word indien ons eers ʼn ander vraag vooraf beantwoord: wat is “die saak” waarvan ons hier praat? Op sy minste behels die saak die volgende:

1. Die vryheid van die Afrikaner.

2. Die vryheid van verskeie ander volke in ons sub-kontinent, waaronder die Ovimbundu van Jonas Savimbi, die Rehoboth-Basters, Namas, Herero’s en ander in teenswoordige NamibiŽ, asook die blanke RhodesiŽrs wat intussen uit hul land verdryf is.

3. Die ekonomiese welvaart van Suider-Afrika wat plek-plek, soos in Zimbabwe, groot terugslae beleef.

4. Die soewereiniteit van state in ons gebied wat waarskynlik binnekort deur groter moondhede soos Sjina en IndiŽ bedreig gaan word.


Ten spyte daarvan dat die Bosoorlog amptelik ten einde geloop het, is hierdie vraagstukke hoegenaamd nie opgelos nie en roep steeds om ʼn bevredigende oplossing. Die algemene gevoel is dat Suid-Afrika dieselfde pad as Zimbabwe gaan bewandel, met die verdrywing van die blanke komponent.

Dit wil voorkom asof die Westerse lande ʼn groteske fout begaan het deur die Gematigde Alliansie in Suider-Afrika te verwerp en hul steun aan die radikales toe te sÍ. Nie net is Westerse invloed in Suider-Afrika besig om te taan nie, maar hul mededinger Sjina is besig om sy invloed uit te brei. Die Volksrepubliek van Sjina verteenwoordig die enigste oorblywende finansier van die Mugabe-bewind, maar duisende Sjinese werkers bou in Angola aan die spoorlyn wat 1 300 kilometer sal strek vanaf die wekusstad, Benguela, na die mineraalryke streek in die ooste wat aan die Demokratiese Republiek van die Kongo grens. Sommige mense beweer dat daar reeds twee miljoen Sjinese in Angola woon, in elk geval meer as die getal Portugese wat ooit in die land gevestig was.

As ons daaraan dink dat die Portugese vir meer as 500 jaar ʼn konstante teenwoordigheid in Angola gehandhaaf het en die land op ʼn stadium as ʼn “oorsese provinsie” beskryf het, dan besef ons watter grondverskuiwende strategiese verwikkeling hul vervanging deur Sjinese verteenwoordig. Wat die bosoorloog aanbetref, kan mens dus praat van twee honde baklei oor ʼn been, maar die derde gaan daarmee heen! Nůg Rusland en Kuba, nůg Suid-Afrika en die Afrikaner wat mekaar in Angola die stryd aangesÍ het, baat tans by die olierykdom van Angola.

Ook in Suid-Afrika is Sjinese maatskappye en beleggers besig om stelling in te neem. Die grootste enkele aandeel in Standardbank is onlangs aan die grootste bank in Sjina, die Nywerheids- en Handelsbank van Sjina, verkoop. Standardbank is in baie opsigte die toonaangewende bank in Suid-Afrika wat sinoniem is met die aanvanklike goudstormloop in die 1880s en die opkoms van Johannesburg as finansiŽle sentrum van ons land en toenemend van die hele Afrika. Die bank besit ook takke in die meeste lande suid van die Sahara. Dus sal Sjinese maatskappye en individue wat oral in Afrika sake doen voortaan hul lenings, asook valutatransaksies, deur ʼn Sjinees-Suid-Afrikaanse bank kan verrig.

Oor die afgelope aantal jare het daar veral by die Afrikaner ʼn groot ontnugtering ingetree rondom die oorgawepolitiek van mnr. FW de Klerk. Dit is al herhaaldelik gesÍ, maar in die laaste jare van die Nasionale Partybewind was daar geen strategiese visie meer nie. In weerwil van Mandela en Kuba se propaganda oor Cuito Canavale, het die SAW grootliks as militÍre wenner uit die bosoorlog getree. Die strategiese voordeel wat die SAW aan die NP-bewind gebied het, is net nooit deur die politici benut nie. Trouens, vir die Nasionale Party was gunstige publisiteit in die buitelandse media belangriker as enige ander strategiese, militÍre of politieke kwessie. Dit was selfs belangriker as die voortbestaan van die Afrikaner in Suid-Afrika. In sy boek Boetman en die swanesang van die verligtes verduidelik die joernalis Chris Louw hoe enige buitelandse joernalis binne ʼn halfuur ʼn afspraak met Roelf Meyer tydens die sogenaamde onderhandelings kon verkry, terwyl plaaslike joernaliste of selfs persone vanuit die binnekring van die ou regering dae lank moes wag of met ʼn kluitjie in die riet weggestuur is.

Die kragte van die geskiedenis wat tydens die bosoorlog werksaam was, is nog nie gestuit nie. Daardie kragte sal aanhou werk totdat die huidige neiging om alle blankes of mense van Westerse afkoms uit Suider-Afrika te vedryf sy logiese uiteinde van volledige verafrikanisering onder die ekonomiese oorheersing van Sjina en ander moondhede bereik het. In die lande van Oos-Afrika wat deur die Britte ontruim is, het ʼn ander moondheid waarna die Indiese oseaan vernoem is, oorgeneem en word die handel van lande soos Kenia en TanzaniŽ geheel en al deur IndiŽrs oorheers.

Meer as ooit wankel Suid- en Suider-Afrika vandag op die mespunt. In sy profetiese boek ʼn Swart Suid-Afrika wat in 1962 geskryf is, voorspel die historikus en politieke kommentator G.D. Scholtz dat die blanke beskawing in Suid-Afrika sal ondergaan, mits die blankes afstand doen van hul ekonomiese gemaksug en afhanklikheid van nie-blanke arbeid. Volgens Scholtz het die blankes nooit verstaan dat daar na die Tweede WÍreldoorlog ʼn groot magsverskuiwing in die wÍreld plaasgevind het waardeur die blankes van die oorheersende posisie wat hulle die afgelope 500 jaar beklee het, ontneem is nie. In ʼn hoŽ mate beleef ons tans die Untergang des Abendlandes wat Spengler voorspel het en ons huidige probleme hang ten nouste met die algemene dekadensie en afgang van die Westerse wÍreld, bowenal in Afrika, saam.

Op ʼn dag soos vandag waarop ons die einde van een van die grootste slagtings in die wÍreldgeskiedenis naamlik die Eerste WÍreldoorlog, herdenk, behoort ons diep te besin oor die toekoms van ons volk, ons land en ons beskawing. Gaan ons eenvoudig die pad van kapitulering, oorgawe en uiteindelike verdrywing uit ons vaderland loop? Of gaan ons die verloordersindroom van ons afskud en opnuut ons probleme in die oŽ kyk soos wat ons voorouers deur die eeue so dikwels reggekry het?

In diť opsig verstout ek my om te sÍ dat die bosoorlog, hoewel dit op die fiasko van De Klerk se oorgawepolitiek uitgeloop het, vandag vir ons op dieselfde manier kan inspireer as Vegkop of Bloedrivier! In ʼn wesentlike sin is die Afrikaner in die onlangse tyd nog nooit militÍr oorwin nie; hy is bloot polities verraai deur sy eie vrotsige en boonop dom leiers.

Die merkwaardige stryd wat ons in Angola en elders tydens die bosoorlog gevoer het, waartydens ons ons vryheid teen die destydse magte van totalitarisme verdedig het, behoort in die annale opgeneem te word naas ons veldslae teen die Matabeles en Zoeloes, maar ook Majuba, daardie wonderbaarlike triomf oor Colley en sy Engelse. In die onlangse tyd is die naam van generaal Koos de la Rey weer in ʼn gewilde liedjie vir ons opgeroep en wie sal ooit Magersfontein vergeet, toe die Boere ʼn klinkende oorwinning oor majoor-generaal Wauchope behaal het?

Ons is ʼn dapper en vernuftige volk wat groot hoogtepunte in die geskiedenis behaal het en by verre die suksesvolste staat in Afrika tot stand gebring het. Soos ʼn span wat gewoond daaraan is om te wen en daarom nie een of twee verliese kan verwerk nie, is ons bloot ontsenu deur die politieke wending na afloop van die Bosoorlog.

Die geskiedenis wat ons troepe en offisiere in Angola en die destydse Suidwes gemaak het, leef egter met saam in die huidige tye. Teenoor die willoosheid van die burgerlike politikus soos ʼn Roelf Meyer of ʼn voetewassende, abjekte Adriaan Vlok, staan die soldaat in sy dapperheid, eerlikheid en onwrikbare trots.

Nietzsche sÍ iewers dat oorlog die enigste kuur vir dekadensie is. Indien Nietzsche vandag in ons land gelewe het, sou hy waarskynlik graag oorlog wou sien, want nog nooit in die geskiedenis behalwe miskien in Johannesburg tydens die 1890s was ons land nog so dekadent soos juis nou nie. Dis vandag vir ons moeilik om ons die ou Suid-Afrika voor te stel wat vir iets heeltemal anders gestaan het, nie individuele vryheid om te doen wat jy wil nie, maar ʼn soort StoÔsynse patriotisme en lojaliteit teenoor die land self. Toevallig val my oog nou die dag op ʼn passasie van Verwoerd wat voor in Erika Theron se boek oor sy rol as welsynsbeplanner in die dertigerjare voorkom en wat waarskynlik beter as enige ander omskrywing die etos van die ou Suid-Afrika verwoord.

Verwoerd se patriotiese betuiging van vaderlandsliefde in die gedeelte wat ek nou ten slotte gaan aanhaal, is tipies Westers en kan teruggevoer word na die ou-Romeinse siening van die vaderland wat bloot ʼn uitbreiding van die begrip paterfamilias was. Hierteenoor beleef ons tans ʼn heeltemal ander siening van die staat wat dit letterlik as ʼn skatkis of grot van Ali Baba sien wat geplunder moet word.

Op ʼn dag soos vandag waar ons daarom hulde bring aan al die miljoene gesneuweldes van die Eerste WÍreldoorlog, maar ook aan die oud-stryders van die Bosoorlog, waaronder die meer as duisend jong manne wat aan die grens omgekom het, is Verwoerd se woorde wat hy tydens ʼn Republiekfees in 1964 geuiter het soveel te meer gepas:

“Republiek van Suid-Afrika, land van ons vadere, land van ons kinders en hulle s’n – hoe trots is ons daarop om jou te mag dien. Ons sal ons met liefdevolle sorg toewy aan die beskerming van jou natuurlike prag. Ons sal jou bodem bebou en vaar op die seŽ wat jou omring. Wanneer ver verwyder, sal ons verlange na jou uitstraal. Jy is ons tuiste waarheen ons ons altyd wend. Jy besorg ons geluk, gesondheid, lewenskrag. In jou skoot vind ons die laaste rus. Aan jou verpand ons op hierdie dag van vervulling ons toewyding en liefde, en indien nodig die grootste offer wat ʼn mens kan bring.”

In die lig van al die strategiese kompleksiteite wat ek hierbo geskets het, was die Bosoorlog vir seker geen verlore saak nie. Totdat ons ons republikeinse vryheid herwin het en ons ons vaderland met Verwoerdiaanse liefde pleks van die huidige afsku kan bejeŽn, mag ons soos die ware soldaat nooit tou opgooi nie.
http://www.praag.co.za/rubrieke-magazine-403/22-dan-roodt/1119-die-bosoorlog-n-verlore-saak-liefs-vergeet.html