Gebed: Raadslede was vreemd stil
deur Raadslid Werner Horn
2009-09-10 05:08
Die berig dat God nie hoor as mense in Afrikaans bid nie, verwys.
Die DA het kennis geneem van die veroordeling deur die nasionale leierskap van die ACDP en die CDU (Christelike Demokraties Unie) van die opmerking van mnr. David Pongola, ANC-raadslid in Mangaung, in ’n raadsvergadering, dat God nie hoor as mense in Afrikaans bid nie.
Dit is vreemd dat raadslede van partye wat daarop roem dat hul eksklusief die belange van Christene en of Afrikaners dien, soos die ACDP, UCDP en die VF+, nie in dié raadsvergadering enige besware teen die opmerkings geopper het nie.
Die DA, wat die enigste party was om beswaar aan te teken teen Pongola se stellings, sal voortgaan om die regte van alle Suid-Afrikaners te beskerm.
En ANC-vergrype teen die Grondwet, wat vryheid van geloof waarborg, teenstaan waar en wanneer dit plaasvind.
Slegs die DA se optrede in die vergadering het gelei tot ’n verskoning deur die ANC vir mnr. Pongola se opmerkings.
Raadslid Werner Horn
Demokratiese Alliansie,
Bloemfontein
Bookmarks