View Poll Results: Aan watter denkskool, volgens die artikel, neem u deel?

Voters
7. You may not vote on this poll
  • Ek is tevrede met die huidige grondwetlike bestel, maar besorgd oor minderheidsregte vir die Afrikaner (FW de Klerk-stigting, Solidariteit, Afrikanerbond)

    1 14.29%
  • Ek sien die huidige grondwetlike bestel as ontoereikend en is 'n voorstaander van Afrikanerselfbeskikking (VF+, Radio Pretoria, Tussentydse Afrikanerraad, PRAAG)

    4 57.14%
  • Ek verwerp die huidige bestel in sy geheel en sal nie deelneem aan verkiesings of gesprekke met die huidige regering nie (HNP en splintergroepe)

    1 14.29%
  • Geen van bogenoemde

    1 14.29%
Results 1 to 3 of 3

Thread: Afrikaners Sal Mt Saamstaan

  1. #1
    Funding Member
    Friend of Germanics
    Funding Membership Inactive
    Stormraaf's Avatar
    Join Date
    Aug 2008
    Last Online
    @
    Ethnicity
    Afrikaner
    Country
    Netherlands Netherlands
    Gender
    Age
    35
    Posts
    959
    Thanks Thanks Given 
    51
    Thanks Thanks Received 
    22
    Thanked in
    14 Posts

    Afrikaners Sal Mt Saamstaan

    Terwyl die debat rondom die powere vertoning van die enigste oorblywende Afrikanerparty in die parlement, die Vryheidsfront Plus, voortwoed, s sommige mense dat Afrikaners nie oor die nodige getalle beskik om by die stembus hond haaraf te maak nie, gegewe die immer stygende swart bevolking wat tans boonop vanuit ons buurlande aangevul word. Dieselfde mense meen dat die Afrikaner nie deur middel van partypolitiek nie, maar deur sogenaamde burgerlike organisasies sy regte en kultuur kan verdedig.

    Feit is egter dat, solank as wat daar vyftig of meer Afrikaanse organisasies bestaan wat elkeen op sy eis die volk wil red, ng die owerheid, ng die volk daarbuite die huidige Afrikanerleierskap ernstig gaan opneem.

    Terwyl daar konsensus oor kwessies soos die behoefte aan moedertaalonderrig en groter veiligheid bestaan, heers daar tog verskille in benadering en filosofie onder Afrikaners. Breedweg kan daar drie denkskole onderskei word:

    1. Diegene wat tevrede is met die huidige grondwetlike bestel en bloot minderheidsregte vir die Afrikaner teenoor die owerheid wil beding. Onder diegene tel die FW de Klerk-stigting, Solidariteit, die Afrikanerbond en ander organisasies.

    2. Diegene wat die huidige bestel as ontoereikend sien en Afrikanerselfbeskikking, hetsy in munisipale gebiede, hetsy in 'n aparte volkstaan voorstaan. Onder hierdie groep ressorteer die Vryheidsfront Plus, Radio Pretoria, die Tussentydse Afrikanerraad, Boerevryheidstigting en ander. Dit is ook PRAAG se standpunt.

    3. Diegene wat die huidige bestel in sy geheel verwerp en weier om aan verkiesings of gesprekke met die regerende ANC deel te neem. Die HNP en sy verskillende splintergroepe is waarskynlik die beste verteenwoordigers van di benadering wat die volk tot verset wil oproep.

    Nieteenstaande di verskille in benadering, streef elke faksie op sy manier Afrikanervryheid na en wil nie toesien dat ons volk vergaan of deur 'n groter Suid-Afrika volkome geassimileer word nie.

    Dis van die uiterste belang dat alle bestaande groeperings met mekaar moet praat en onderhandel ten einde 'n verenigde front teenoor die regering, maar ook die DA-opposisie wat filosofies tot die verdwyning van die Afrikaner verbind is, daar te stel. Al wil die drie verskillende faksies nie met mekaar saamwerk nie, sou dit nogtans sin maak om drie oorhoofse federasies te vorm wat op elkeen van daardie benaderings geskoei is.

    Indien nugterheid sevier, sou die drie faksies soos hulle tans daar uitsien egter wel van tyd tot tyd met mekaar vergader om die gedagte van Afrikanereenheid te bespreek en gemeenskaplike beleid oor Afrikaanse skole en universiteite, asook gemeenskapsveiligheid en -welsyn, te formuleer.

    Die meeste meningsvormers, selfs di van links, is dit tans eens dat Suid-Afrika op die mespunt verkeer en oor die volgende paar jaar f in chaos van die Zimabwe-tipe gaan versink, f 'n samewerkingsmodel tussen die verskillende volkere en gemeenskappe gaan vind wat op die lang duur sukses sal verseker.

    Juis omdat Afrikaners nie oor getalle beskik nie, het ons geen keuse as om 'n beeld van groter eenheid teenoor die regering en die buiteland te projekteer nie.

    Die Afrikaner het 'n sleutelrol om te speel indien misdaad en die huidige verval in infrastruktuur en staatsdepartemente gestuit gaan word. Maar dan sal ons veel meer georganiseerd moet raak met duidelike politieke, ekonomiese en kulturele doelwitte wat nagestreef moet word.
    http://praag.co.za/content/view/4795/197/

    Ek dink RoyBatty het dit al tevore goed gestel: mens kan nie byhou met elke organisasie met drie mans en hul hond nie (of iets binne daai lyne).

    Ek val tans onder die tweede benadering. Opsie een se langtermyn sukses is afhanklik van die (afwesige) goeie wil van die meerderheid. Met die derde filosofie het ek nog simpatie; ek sien net geen praktiese uitkoms vanuit daardie benadering nie.

  2. #2
    Senior Member
    Lewensywer's Avatar
    Join Date
    Mar 2009
    Last Online
    Friday, December 25th, 2009 @ 08:37 PM
    Ethnicity
    Afrikaner
    Ancestry
    Pedersen/Randers/Denmark
    Subrace
    Nordid
    Country
    South Africa South Africa
    Location
    Western Cape
    Gender
    Family
    Married parent
    Occupation
    Enterprise design strategist
    Politics
    Freedom Front Plus
    Religion
    Mysticism
    Posts
    47
    Thanks Thanks Given 
    0
    Thanks Thanks Received 
    0
    Thanked in
    0 Posts
    Daar is nogal 'n goeie uiteensetting van benaderings wat gevolg word deur Afrikaners op die Boervryheid se webblad. Kyk gerus daarna ek dink die uiteensetting bied 'n goeie oorsig.

    Sien: Roetes na Vryheid
    Last edited by Lewensywer; Thursday, July 9th, 2009 at 11:00 AM. Reason: Skakel nie korek bygevoeg

  3. #3
    Senior Member
    Horagalles's Avatar
    Join Date
    Mar 2005
    Last Online
    Saturday, August 25th, 2012 @ 01:53 PM
    Ethnicity
    Germanic
    Subrace
    mainly UP
    Country
    South Africa South Africa
    Gender
    Politics
    Natural Order
    Posts
    1,376
    Thanks Thanks Given 
    0
    Thanks Thanks Received 
    7
    Thanked in
    7 Posts
    Ek het vir punt drie gestem, maar vereenselwig my nie met die HNP se houding en ook nie met hulle visie en strategie (hulle het nie so iets nie) nie. Lees gerus hulle koerant "die Afrikaner" of praat met hulle lede. Dit is hierdie "ons-is-reg-want-ons-het-mos-gese-die-ander-is-verkeerd" houding van hulle wat my vreeslik irriteer. Die HNP is egter nie al een wat aan daardie sindroom ly. Almal probeer visvang in 'n dam wat droog raak. Maar niemand sorg dat daar meer water in die dam is. En as gevolg baklei die organisasies teen mekaar. die een meer openlik as die ander, maar as hulle nie op dieselfde "leier" sweer dan is daar agterdog.
    "And God proclaims as a first principle to the rulers, and above all else, that there is nothing which they should so anxiously guard, or of which they are to be such good guardians, as of the purity of the race. They should observe what elements mingle in their offspring;..." Plato Politeia

Similar Threads

  1. Replies: 3
    Last Post: Sunday, May 3rd, 2009, 06:20 PM
  2. Sal u Sieg all
    By bhoostal in forum Introductions & Greetings
    Replies: 5
    Last Post: Tuesday, February 20th, 2007, 05:30 PM
  3. Twee kerke in Suider-Afrika sal herenig
    By Liberator Germaniae in forum Southern Africa
    Replies: 4
    Last Post: Tuesday, October 10th, 2006, 03:15 PM
  4. Alaf Sal Fena!
    By sigrun_astrid in forum Introductions & Greetings
    Replies: 2
    Last Post: Thursday, June 22nd, 2006, 02:08 AM
  5. Morphological affinities of the Sal'a 1 frontal bone.
    By Euclides in forum Paleoanthropology
    Replies: 0
    Last Post: Monday, July 12th, 2004, 07:24 PM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •