O toe terwyl sy verkrag word


Scottburgh. Hou jou mond! As jy aanhou (huil) blaas ek jou kop weg.

Die beweerde leier van n bende rowers het n huilende predikantsdogter di woorde toegesnou terwyl hy n rewolwer teen haar kop gedruk het.

Dt terwyl een van sy makkers bo-op haar gel het en besig was om haar swembroek af te trek.

Hou julle waarvan julle sien, het een van die rowers toe leedvermakerig aan twee mansvriende gevra terwyl di toe moes toekyk hoe die drie vroue in hul groep verkrag word.

Dt was die getuienis van die 20-jarige predikantsdogter gister hier in die rondgaande hof.

Mnre. Sithemiso Shelembe (23), Mthokozisi Mbambo (29) en Wonder Mchunu (26) word daarvan aangekla dat hulle op 29 Desember verlede jaar n groep van vyf jongmense by n huurhuis oorval het waar hulle om n swembad ontspan het en op die punt was om vleis te braai.

In n nagmerrie-ondervinding van meer as twee uur is die drie predikantskinders n 18-jarige man en sy 20-jarige en 22-jarige susters n 27-jarige rugbyspeler-vriend en nog n 21-jarige vriendin beroof en aangerand.

Die drie vroue is na bewering ook gedwing om hulself te ontbloot, en is onsedelik aangerand en verkrag terwyl die mans moes toekyk.

Terwyl die aanval aan die gang was het van die rowers die vleis buite op die vuur gebraai en die jongmense gedwing om daarvan te eet, voordat een n groot steak op die vloer neergegooi het.

Terwyl Shelembe n armlengte van haar weg besig was om haar 21-jarige vriendin te verkrag, het Mbambo haar op die bed platgedruk, het die 20-jarige vrou, n student in menslike bewegingskunde, gister getuig.

Sy het getuig sy het begin huil omdat sy nie kon asem kry nie terwyl Mbambo bo-op haar gel het waar hy besig was om haar swembroek af te trek.

Die hof het vroer vandeesweek gehoor di vrou het toe n asma-aanval gekry. Haar vriendin het die rowers gesmeek om haar haar asmapomp te gee.

Sy reken Shelembe het die rewolwer teen haar kop gedruk om haar stil te maak.

Toe het ek my o toegemaak en myself probeer kalmeer. Iemand het my toe verkrag. Ek het nie gekyk wie dit was nie. My o was toe, het die vrou getuig.

Sy het getuig dit kon Shelembe of Mbambo gewees het.

Mbambo staan tereg op n aanklag van poging tot moord omdat hy na bewering reeds in 2000 geweet het dat hy MIV-positief is, maar hy is nog nie deur DNS-toetse positief met die aanval verbind nie. Al drie beskuldigdes ontken skuld en voer aan hulle was tuis of by familie.

Shelembe, deur DNS-toetse met die beweerde verkragtings verbind, en Mbambo is albei op n uitkenningsparade uitgewys.

http://jv.news24.com//Beeld/Suid-Afr...158118,00.html