PDA

View Full Version : Anti-Afrikaner Tendense in Anglo Media


Stormraaf
Tuesday, October 6th, 2009, 05:58 PM
Natuurlik was dit tot dusver 'n strategie van vele Engelssprekende blankes om anti-blanke gevoelens na Afrikaners te kaats, wat een rede is waarom Afrikaners gewoonlik as "rassiste" in die Engelse media uitgesonder word. Eugene Terre'Blanche word meesal deur die Afrikaanse media as 'n marginale figuur geïgnoreer, maar is ontsettend gewild onder Engelse joernaliste wat hom gebruik om swart woede aan te blaas en op Afrikaners te fokus.

Dog na my mening het hierdie strategie totaal geboemerang en het dit bloot die vlak van rassepolarisering in die land verhoog.

bron (http://www.praag.co.za/rubrieke-magazine-403/22-dan-roodt/5999-oor-dronk-regters-en-boere.html)

Ek reken liberale Engelse verslaggewers is naïef in dat hul hul verslaggewing oor rassekwessies/rassevoorvalle benader met die aanname dat swartes self ook 'n onderskeid tref tussen Anglos en Afrikaners. Die artikel skop af deur te noem dat Sotho se woordeskat immers nie eers 'n onderskeid tussen Afrikaners en Anglos bevat nie. Die swart woede wat hul (Anglo-Afrikane) aanblaas sal dus tot blankes in die algemeen aanwendbaar wees, instede van geteiken teen Afrikaners.

Indien dit 'n selfbeskermeningsmeganisme is deur 'n onderskeid te probeer skep tussen "bose" en "goeie" blankes en hulself aan die "goeie" kant te skaar, bly dit steeds anti-Afrikaner propaganda, en is daar enige ander verklaring daarvoor as bloot anti-Afrikaner propaganda deur Anglos? Ek sal graag menings hieroor wil hoor.

Kan die skuld regtig aan swart invloed (d.w.s. swart mediabase) toegeskryf word?

Indien 'n Anglo-lid hierop wil reageer, 'n vraag - bestaan daar 'n anti-Afrikaner sentimentaliteit onder Anglos wanneer hul argumenteer teen "blanke" nasionalisme?

Langeraat
Tuesday, October 6th, 2009, 07:30 PM
Stormraaf, ek dink jy het beslis n punt beet. Ek het al heelwat kere self Engelsmanne hoor verwys na Afrikaners as F#cking Dutchmen en soortgelyke terme oor die algemeen. Ek is seker dat die Brandewyn, Rugby, en straatbakleier kultuur wat onder sommige jong Afrikaners pos gevat het bydra tot die beeld van n gewelddadige, ongepoetsde Afrikaner nasie.

Die media plaas beslis buitensporige klem op voorvalle wat die gerieflike beeld beaam, of dit nou deur Swart, Engels of liberale Volks verraaier Afrikaner media elemente gerapporteer word is nie belangrik nie, dit dien die noodsaaklikheid van die oomblik. Dit is verseker IMO so dat dit vir die Engelse component van die samelewing makliker gemaak word om hulle eie deel in die land se socio-ekonomiese omstandighede te deflekteer op die gehate Afrikaner nasie.

Ek dink persoonlik dat dit hulle hul eie gewetens troos m.b.t. die voordele wat deur hulle en hul voorsate geniet was onder Apartheid, en miskien dink hulle dat daar dus n onderskeid getref kan word tussen hulself en die ‘rassistiese Afrikaner’ in die oë van die Swart ras groepe in Suid-Afrika. As dit die geval is dan is dit beslis net nog n rat wat hulle hulself voor die oë draai wat uiteindelik op tragedie vir hulle sal uitloop.

Ek weet dat in die Natal middelland Engelse boere self vreeslike goed oorkom omdat hulle land besit wat die Swart groepe eis by die regering, Swart groepe word dit wys gemaak dat as hulle genoeg ‘druk’ op die boere van die omgewing plaas om die boerdery onwinsgewend of lewens gevaarlik te maak sal hulle makliker ‘Willing sellers’ wees om die ‘willing buyer willing seller’ program van die Regering te versnel m.b.t. land hervorming.

Die idee dat hulle onder n ander kam geskeur sal word is niks anders as doekies omdraai op die uit einde. Hulle is net so ongewens soos die Afrikaner, die blaam is tans tot n groot mate verskuif na ons skouers maar die Engelsman word as net so veel van n struikelblok gesien in die Swart siege as dit kom by hulle Swart-Afrika Kanaän wat hulle hulself verbeel.

Dalk dink die liberale Engelse soos die liberale Afrikaners dat as genoeg tyd verby gaan sal die rasse stress afneem en hoop hulle om die Afrikaner die sondebok te maak tot dit gebeur. In ieder geval is dit op die huidige oomblik makliker Anglo te wees as n Afrikaner en sal die Engelse doen wat hulle kan om die gerief van die oomblik probeer verleng so lank hulle kan. Engelse mense is beslis meer genyg om te gló in die reënboog leen as Afrikaners omdat die voorbeeld deur Brittanje gestel is.

Dit is maar n tameletjie maar tog dink ek die vrugte sal getuig op die uiteinde.

RoyBatty
Thursday, October 8th, 2009, 06:29 PM
As daar Engelse en Jode is wat dink dat die swartes die Afrikaners gaan uitsonder vir "spesiale behandeling" lewe hulle in droomwereld. n Swart medestudent het my selfs een keer op Universiteit vertel dat wat hom betref hy eerder n Afrikaanse "rassis" sou vertrou as n Engelse liberale "broer" wat hom net later met n mes in die rug gaan steek.

Daar is elemente onder die Engelssprekendes wat n houdingsprobleem teenoor die Afrikaners het maar hulle is in my opinie n minderheid en nie ons tyd of aandag werd nie. Aan die ander kant is daar ook Afrikaners wat nog steeds die Anglo-Boereoorlog veg...... een bobbejaan (nogal met n Engelse naam) het my n paar jaar gelede "houding" gegee nadat hy gehoor het ek bly in die Verenigde Koningkryk.

Mamparas ken geen grense wanneer dit by velkleur, geloof en kultuur kom nie. :D