PDA

View Full Version : NamibiŽ: Duitse priester van rassisme beskuldig



Liberator Germaniae
Sunday, November 19th, 2006, 12:45 PM
NamibiŽ: Duitse priester van rassisme beskuldig

In die Rooms-Katolieke gemeente in Otjiwarongo word die Duitse priester Ernst Heinz van rassisme beskuldig, berig die "Republikein" van 17 November 2006:



Katolieke-huismoles

• Theo Gurirab

DIE beleŽrde Katolieke kerk in NamibiŽ bevind hulle nou op Otjiwarongo in nuwe krisis van interne verdeeldheid en inwonersonmin. Die Katolieke gemeente op die dorp eis die summiere ontslag van Vader Ernst Heinz, weens onder meer rassisme en minagtende houding teenoor die strukture van die Otjiwarongo Katolieke gemeenskap.

Die ontevrede gemeente het onder meer hul klagskrif aan die aartsbiskoppe van Windhoek en Khorixas oorhandig nŠ ’n slepende krisis met vader Heinz die afgelope twee jaar.

“Ons is moeg om deur hom herinner te word aan die feit dat EuropeŽrs die Katolieke kerk op Otjiwarongo na Afrika gebring het en dat ons ook moet onthou dat die huidige Pous ook wit man is,” sÍ die petisie wat betogers die week aan hom oorhandig het.

Volgens die petisie wat deur me. Maria Assumpta aan vader Heinz en die aartsbiksoppe oorhandig is, is hy ook veral minagtend teenoor vroulike lidmate en raak opsigtelik kwaad wanneer probleme in die kerk aan hom uitgewys word.

“Hy is in elk geval altyd agter toe deure en in sy kamer toegesluit en ons kry nie die geleentheid om met hom te gesels oor probleme wat ons as lidmate van die kerk ervaar nie,” lui die versoekskrif.

Volgens die lidmate is op diť drastiese stap besluit weens die gesloer rondom hul klagtes die afgelope twee jaar en soek hulle nou summiere optrede.
Van die aktiewe Katolieke lidmate op Otjiwarongo met wie Republikein gesels het, sÍ dat vader Heinz voorheen op Grootfontein gestasioneer was en weens sy negatiewe houding, die gemeente op diť dorp in twee kampe verdeel het. Vader Jakob Boonstander is glo as gevolg hiervan na Grootfontein oorgeplaas om die kerk te red.

Die mense sÍ voorts dat die kerk se lidmate op Otjiwarongo na ander kerke gaan om te trou, omdat hy hulle nie in die huwelik wil bevestig nie.

Aartsbiskop Liborius Nashenda, hoof van die Katolieke kerk in NamibiŽ, is volgens die lidmate ook reeds ingelig oor vader Heinz se doen en late. Volgens hulle was hy ook onlangs op Otjiwarongo, maar is onwillig om iets aan die saak te doen.
[END]

Bron: http://www.republikein.com.na/content/nuus/2006/Nov/17_katolieke.php