PDA

View Full Version : Afrikaans Hoort By Nederlands



Frans_Jozef
Saturday, March 25th, 2006, 09:54 PM
Die tradisionele opvattinge oor die herkoms van die Afrikaanse kultuurtaal word hier in 'n ander lig beskou. Afrikaans is geen mengeling van īn aantal tale nie, maar gewoon vereenvoudigde Nederlands. Die Afrikaanse kultuurtaal het nie tot stand gekom vanweŽ die sogenaamde ontstane kloof tussen die Afrikaanse omgangstaal en die Nederlandse kultuurtaal nie, maar om nie-talige redes. Afrikaans staan immers digterby Standaardnederlands dan sommige Vlaamse- en Nederlandse dialekte.

http://www.afrikaans.nu/

SiegUmJedenPreis
Monday, April 24th, 2006, 07:16 AM
Baie dankie vir die interesante stuk!

Ek vrae onverskoning as ek sukkel partykeer om te verstaan presies wat julle se, dis lyk my makliker vir julle om agter te kom wat ek se as vir my julle :D

Ons broers in Nederland moet weet dat ons dielsefde bloed deel, en dat dit nie in ons bloed is om SWAK te wees nie.Moet nie dat die Moslems julle uitroei nie, staan op en dryf die primate uit julle land. Vat terug julle geboorte reg.

Lank lewe Nederland, Lank lewe Afrikanerdom!

Chlodovech
Thursday, April 27th, 2006, 09:32 PM
Baie dankie vir die interesante stuk!

Ek vrae onverskoning as ek sukkel partykeer om te verstaan presies wat julle se, dis lyk my makliker vir julle om agter te kom wat ek se as vir my julle :D

Ons broers in Nederland moet weet dat ons dielsefde bloed deel, en dat dit nie in ons bloed is om SWAK te wees nie.Moet nie dat die Moslems julle uitroei nie, staan op en dryf die primate uit julle land. Vat terug julle geboorte reg.

Lank lewe Nederland, Lank lewe Afrikanerdom!

Ha, ik lees altijd dat de moderne Zuid-Afrikaan met Germaanse roots zich voornamelijk, en veelal in de eerste plaats, met de Anglo's identificeert. Jij hebt blijkbaar je boerziel nog. :thumbup

En je bent zeer verstaanbaar. :)

Hou overzee de Dietse eer hoog!

Stormraaf
Sunday, August 30th, 2009, 02:31 AM
Dieselfde bron (http://www.afrikaans.nu/) voer talle argumente vir die herposisionering van Afrikaans as 'n dialek van Nederlands, dat die kloof tussen Afrikaans as omgangstaal en Nederlands as 'n kultuurtaal oorwegend kunsmatig is, en dat daar nie genoegsaam rede was om afstand te doen van Nederlands as kultuurtaal nie.

Taalafstand Tussen Afrikaans en Nederlands


Daar is heelwat Vlaamse dialekte wat veel verder afwyk van Standaardnederlands as Afrikaans. Die algemene opvatting in Suid-Afrika is dat ons omgangstaal (Afrikaans) al so ver van ons kultuurtaal (Nederlands) gaan afwyk het, dat dit nodig was om ons omgangstaal te standaardiseer. As die breedte van die kloof tussen spreek- en skryftaal 'n faktor was, moes hierdie verafwykende Vlaamse dialekte immers eerder kultuurtale geword het as Afrikaans. Die argument dat ons omgangstaal in Suid-Afrika al so ver van Nederlands begin afwyk het, dat dit op grond hiervan gestandaardiseer moes word, is onjuis.

http://www.afrikaans.nu/pag2.htm


Wanneer 'n mens bloot in Vlaandere 'n bietjie rondluister (laat staan nog 'n studie doen van die dialekte), kom 'n mens wel gou agter dat die Afrikaanse omgangstaal digterby Standaardnederlands staan as talle Vlaamse dialekte, bloot op grond van verstaanbaarheid. Die afstand tussen taalvariŽteite kan egter bereken word en by die FFM metode word van fonologiese kenmerke gebruik gemaak. Volgens die metode word in onderstaande tabel bepaal hoe digby 40 Nederlandse dialekte (inklusief Standaardafrikaans) aan Nederlands staan. Afrikaans is 23 ste, en is dus digterby Nederlands as 18 ander dialekte.

Wat nou opval is dat die uitslag van die studie ook min of meer klop met geografiese afstand, met die Randstad as vertrekpunt (die taalsentrum). Die studie word des te interessanter met Standaardafrikaans daarby, wat geografies ver weg sit.


Standaardnederlands 1.00000
Haarlem 0.99860
Bodegraven 0.99773
Barendrecht 0.99756
Heerhugowaard 0.99722
Enkhuizen 0.99704
Houten 0.99620
Sprundel 0.99542
Hulst 0.99478
Valkenswaard 0.99431
Zoersel 0.99363
Arnemuiden 0.99355
Zetten 0.99299
Oostakker 0.99288
Barneveld 0.99284
Ingooigem 0.99276
Westerhoven 0.99260
Geffen 0.99254
Damme 0.99243
Bolsward 0.99228
Markelo 0.99184
Aalten 0.99170
Afrikaans 0.99162
Geeraardsbergen 0.99123
Tubbergen 0.99106
Hindeloopen 0.99068
Genemuiden 0.99062
Grouw 0.99001
Holwerd 0.98958
Beilen 0.98942
Schaffen 0.98942
Oldeberkoop 0.98850
Bree 0.98690
Muizen 0.98608
Stadskanaal 0.98571
Warfum 0.98478
Alveringem 0.98411
Venray 0.98348
Maastricht 0.97951
Tienen 0.97722
Kerkrade 0.97319


http://www.afrikaans.nu/pag5.h1.jpg

http://www.afrikaans.nu/pag5.htm

Verhouding Tussen Dialek en Kultuurtaal


Tot en met 1925 was die omgangstaal van die Afrikaner Afrikaans en sy kultuurtaal Nederlands. Sodanige harmonieuse taalverhouding (tussen dialek en kultuurtaal) bestaan immers vandag nog in lande soos BelgiŽ, Luxemburg, Oostenryk, Switserland, ens. Trouens sodanige taalverhouding bestaan in haas alle taalgebiede. Waarom wou die Afrikaner hierdie eeue oue harmonieuse taalverhouding beŽindig?


Vir 'n aantal taalgemeenskappe hou die begrip ''moedertaal'' die aktiewe beheersing in van twee taalvariŽteite. By diglossie word die een variŽteit gereserveer vir formele situasies. Dit is die verhewe variŽteit (H = hoog). Die ander variŽteit word gereserveer vir informele situasies en is die algemene omgangstaal (L = laag). Taaldiglossie is sekerlik geen ongewone taalverskynsel nie en ewemin abnormaal. Dit is trouens vir vele dialeksprekers die gewoonste ding ter wÍreld.

[...]

Die H-variŽteit word dikwels ook deur sprekers in 'n ander land gebruik, maar word kultuurprodukte (boeke, tydskrifte, musiek, en so meer) uit die verskillende lande as gemeengoed beskou. Voorts bestaan daar ook verskille tussen die H- en L-variŽteite ten opsigte van die uitspraak, asook die woordeskat.

In Suid-Afrika het daar tussen die Afrikaanse omgangstale en Nederlands ook 'n toestand van diglossie bestaan, soos vandag tussen Standaardafrikaans en die niestandaardvariŽteite. Hierdie toestand is vroeg die eeu deur die voorstaanders van die Afrikaanse kultuurtaal, aan ons Afrikaners voorgehou as abnormaal - wat dit beslis nie was nie.

http://www.afrikaans.nu/pag7.htm


Aan die Afrikaner is voorgehou (deur die voorstaanders van Afrikaans as kultuurtaal) dat daar 'n nuwe spreektaal aan die Kaap verrys het en dat hierdie spreektaal nou nie meer gelyk was aan ons kultuurtaal nie en dat ons om hierdie rede van ons gevestigde Nederlandse kultuurtaal moes afstap. Daar is aan ons voorgehou dat ons in Suid-Afrika met 'n unieke taalsituasie sou sit. Ons het nie geskryf soos ons praat nie en dit sou abnormaal wees. MAAR as almal in Europa moes gaan skryf het soos hulle praat sou daar honderde kultuurtale uit die dialekte moes verrys het. Al hierdie kultuurtale het nie gekom nie. Die EuropeŽrs het hul spreektaal trouens al meer gaan druk in die rigting van die reeds gevestigde kultuurtaal.

http://www.afrikaans.nu/pag8.htm

Kulturele Oorname deur Engels


Minder as 'n eeu gelede was Nederlands nog ůns taal. Engels was toe vir ons 'n vreemde taal. Vandag is Nederlands vir ons 'n vreemde taal en Engels vir alle praktiese doeleindes ůns taal. Ons taal- en kulturele voeding het vroeŽr uit die Dietse lande gekom, maar vandag is hierdie lande vir ons byna vreemd. Ons taal- en kulturele voeding kom vandag uit die Engelse wÍreld. 'n Kultuurverskuiwing gaan īn taalverskuiwing vooraf, of loop daarmee gepaard. As die kultuur van die teikengroep oorgeneem is, is die oorname van die teikentaal haas onkeerbaar.


VroeŽr het die Afrikaner Engels beskou as 'n vyandige taal. In so 'n mate dat hy die Groot Trek aangepak het en nog later in die Anglo-Boereoorlog betrokke geraak het. Die afgelope 100 jaar het die twee kultuurgroepe saamgesmelt. Boer en Brit het ťťn geword. Twee kultuurgemeenskappe het ťťn geword. Maar dit is onnatuurlik dat die nuwe kultuurgemeenskap twťť kultuurtale aanhou. Een daarvan word irrelevant - Afrikaans.

[...]

Sir Ian Hamilton, wat in die eerste en tweede vryheidsoorloŽ teen die Boere geveg het, het by geleentheid die Engelse publiek gevra om die Afrikaner goed te behandel. Volgens hom sou die Boere en Engelse ondertrou. Hulle sou aanvanklik tweetalig wees, maar mettertyd sou die Engelse Bybel, die Engelse rolprent en die BBC, die taal van die Afrikaner verdring.

Dat die Afrikaner al baie ver gevorder het met die proses van kultuuroordrag blyk duidelik uit die aanhaling van 'n Engelse geleerde, professor Barnouw. Hy het by geleentheid die volgende oor die moderne Afrikaner gesÍ: "Their outlook on life, their conceptions of the world abroad, their methods of government and business administration, their ideas of sportsmanship, even their manners and forms of social intercourse, bear the trade-mark: Made in England."

VroeŽr het die Afrikaner vir sy taal- en kultuurvoeding opgekyk na Vlaandere en Nederland. Dit is nie meer die geval nie. Hy kyk vandag saam met sy Engelstalige landgenoot op na die Engelse wÍreld vir hierdie voeding. Die Afrikaner het haas geen kultuur meer van sy eie nie. Kultuuroordrag is so goed as afgerond. Ons staan op die rand van taaloordrag.

http://www.afrikaans.nu/pag3.htm


Navorsers dui op die belang van ‘n "zusammenhšngendes Sprachgebiet", wat die voortbestaan van ’n taal verseker. Hoe groter hierdie taaleilande, hoe sterker is die oorlewingskans van hierdie tale. Wanneer die sprekers van 'n bepaalde taal verspreid woon tussen die sprekers van 'n ander taal met 'n hoŽr prestige, sal die taal met 'n laer prestige al gou uitsterf. Afrikaans het nie eentalige gebiede nie en as ons dit nie kan beding nie, sal Afrikaans die pad loop van Duits, Frans en Nederlands in Amerika.

Afrikaans het van deftige Nederlands geskei. Sy kulturele en taalkundige voedingsbron is weg. Afrikaanssprekendes mis die deftige Nederlands wat belangrik is vir die ontwikkeling van taaltrots. Afrikaans het 'n groot tekort aan boeke, tydskrifte, musiek, ens, wat belangrik is vir die kultuurvoeding van die Afrikaner. Hierdie tekort word tans aangevul met Engels. Dit is besonder ironies. Engels is juis die taal wat Afrikaans bedreig.

http://www.afrikaans.nu/pag6.htm

Redes Aangevoer deur die Voorstaanders van Afrikaans as Kultuurtaal

(Uitgesluit die reeds genoemde argument dat 'n toestand van diglossie abnormaal is.)


In die vorige eeue was in Suid-Afrika vele Nederlandse dialekte gepraat, vandag bekend as: Oosgrens Afrikaans, Oranjerivier Afrikaans, Kaapse Afrikaans en Griekwa Afrikaans (laasgenoemde uitgestorwe). Alleen die Oosgrensafrikaner wou gaan ''skryf soos hy praat''. 'n Groot groep, naamlik Kaapse Afrikaners stel tot en met vandag nie daarin belang om te ''skryf soos jy praat'' nie - dus af te stap op 'n eie kultuurtaal met 'n eie spelling en grammatika.


Geografiese afstand: Aan die Afrikaner is voorgehou dat Nederlands nie meer as taalmodel kon dien nie omdat Nederland en Vlaandere te ver weg is. En Londen en haar dogters dan? Is daar nie ook 'n groot afstand tussen Portugal en BrasiliŽ nie? Tussen Frankryk en Quebec, en tussen Spanje en Latyns-Amerika, en tussen Nederland en Suriname gaap dieselfde duisende kilometers.


Die voorstaanders van Afrikaans as kultuurtaal het die standpunt gehuldig dat die Afrikaner nie Nederlands as omgangstaal gebruik nie en dit ook nooit sal kan doen nie. Die Vlaamse taalmodel laat egter sien dat dit wat in Suid-Afrika nie moontlik was nie, in Vlaandere wel haalbaar is. Wanneer 'n Afrikaner (of Nederlander) vandag met 'n Vlaming kommunikeer, val die volgende duidelik op: Die bejaarde Vlaming is byna volledig onverstaanbaar. Middeljariges is makliker verstaanbaar, maar die Vlaamse jeug gebruik 'n klokhelder verstaanbare Nederlands. Per geslag word dialekgoed laat val ten gunste van Standaardnederlands (sommige wetenskappers meen tot 20% dialekgoed per geslag). Per geslag word daar oorgestap op Standaardnederlands. Wat in Vlaandere gebeur, sou ook in Suid-Afrika gebeur het.

Bevolkingsamestelling as Rede vir die Invoering van Afrikaans as Kultuurtaal


Die belangrikste rede waarom ons vandag ’n taal het wat ons Afrikaans noem, lÍ in ons bevolkingsamestelling in Suid-Afrika. In breŽ kan die ondersteuners van 'n eie nuwe taal (oral ter wÍreld) aan die volgende gekenmerk word: die groep is nasionalisties gemobiliseerd, laag geskoold of ongeskoold, plattelanders, arm, emosionele denkers en voorts is die groep ook geÔnteresseerd in taal as simbool. Die ander pool (behoud van gevestigde kultuurtaal) is nie so seer nasionalisties gemobiliseerd nie, geskoold of hoog geskoold, vorm die elite, is stedelinge, ekonomies welvarend, rasionele denkers en voorts geÔnteresseerd in taal as instrument.

Die verre meerderheid van ons Afrikaners was tot vroeg diť eeu nog arm (dink aan die armblanke vraagstuk), laag geskoold (my volk gaan ten onder weens 'n gebrek aan kennis - Paul Kruger), plattelanders en sterk nasionalisties gemobiliseerd. Die teenpool wat voorstaanders was van die behoud van Nederlands, was getalsgewys te klein om die ander pool in bedwang te kon hou. In al die ander lande waar soortgelyke taalbewegings was, was die 'geskoolde pool' sterk genoeg om die 'ongeskoolde pool' teŽ te hou. Dit is om hierdie rede dat die ander taalbewegings misluk het en diť van ons suksesvol was.

http://www.afrikaans.nu/pag10.htm

Gevolge van die Invoering van Afrikaans as Kultuurtaal en die Afskrywing van Nederlands


Die afstap van Nederlands op Afrikaans as ons kultuurtaal, het ons meer verdriet gebring as heil.

In die Nederlandse taalgebied word tans ongeveer 20,000 boektitels per jaar op die mark gebring (inklusief herdrukke). 'n Vlaamse of Nederlandse biblioteek en boekwinkel staan vol Nederlandstalige werke, met 'n baie klein aantal boeke in ander tale. Dit is nie die geval in Suid-Afrika nie, inteendeel. Het ons by Nederlands as kultuurtaal gehou was alle Nederlandstalige boeke ook in Suid-Afrika vir die Afrikaner beskikbaar. Ons boeke was dan weer vir die Nederlandse en Vlaamse markte bestem, soos nog vroeg in die 20ste eeu die geval was.

Afrikaans het 'n stigmataal geword. Apartheidstaal. Het ons by Nederlands as kultuurtaal gehou was die stigmatisering nie moontlik nie, want dan was ons taal ’n internasionale taal, soos wat dit tot en met 1925 was. Die amptelike taal van NamibiŽ sou Nederlands gewees het en nie Engels nie (Afrikaans is daar die lingua franca en Afrikaans = Nederlands).

Van die 4,000 Nederlandstalige tydskrifte sou daar ook op ons winkelrakke gepryk het, waar Engels nou heers. Dan was trouens alle Nederlandstalige kultuurprodukte uit die hele Nederlandse taalgebied (Zuid-Afrika, Vlaanderen, Nederland en Suriname) gemeengoed, soos tans vir Engels in die Engelstalige lande. Dink byvoorbeeld aan CD's, DVD's, rekenaarprogramme, rekenaarspelletjies, tv-programme, films, ens., wat in Nederland en Vlaandere in Nederlands beskikbaar is, maar wat ons in Suid-Afrika alleen maar in Engels ken.

In Vlaandere word weekliks ’n Nederlandstalige ‘top tien’ musiekprogram op TV en radio aangebied. In Suid-Afrika is dit met die skrapse aanbod van Afrikaanstalige musiek gewoon onmoontlik, maar sou moontlik gewees het indien ons by Nederlands as kultuurtaal gehou het.

Tot en met 1925 was Nederlands so deel van die Afrikaner soos pap en boerewors. Die taal was koesterend aan die hart gedruk. Ons het die Groot Trek aangepak met Nederlands as kultuurtaal en Afrikaans as omgangstaal en so ook die Anglo-Boereoorlog. Ons het trouens die Groot Trek en die Anglo-Boereoorlog aangepak om ons taal en kultuur te beskerm en te verdedig teen die Engelse taal en kultuur. Hierdie taal wat ons so kragdadig beskerm het, was Nederlands. Hy was van ůns. Hy was eiegoed. Vandag is dieselfde taal andermansgoed. Engels, die taal waarteen ons ten stryde getrek het, is vandag half-eiegoed.

Ons taalskeiding met Nederlands hou vir ons geen verryking in nie en is 'n tragiese gebeurtenis in ons taalgeskiedenis.

Taalredding

Die outeur noem twee maatstappe - aansluiting by die Nederlandse Taalunie (nie as 'n oplossing nie, wel as 'n stap in die regte rigting), en gebiedsoutonomie. Laasgenoemde word nie eksplisiet voorgestaan nie, maar die noodsaaklikheid daarvan word wel uitgelig. Hy blyk te sÍ ons het ons kans gemis met gebiedsoutonomie, so ons beste uitweg is die Taalunie, of ten minste die konsep waarop die Taalunie gegrond is.


Getalle: Afrikaans is klein. Volgens die jongste navorsing gaan 90% van die huidige tale in die wÍreld binne die volgende eeu uitsterf. Die kleinstes verdwyn eerste. Wanneer ons 6 miljoen Afrikaanssprekendes ’n band smee met 16 miljoen Nederlanders, plus 6 miljoen Vlaminge, plus Ĺ miljoen Surinamers, staan ons sterk. Eendrag maak mag. Dit is om hierdie rede dat die band met Nederlands vir ons besonder belangrik is. 'n Aansluiting by die Nederlandse Taalunie is byvoorbeeld al 'n stap in die goeie rigting.


Die gebiedsbeginsel t.o.v. meertaligheid is van kardinale belang vir die behoud van 'n taal. Die gebiedsbeginsel beteken dat elke taal ook 'n taalgrens het. Binne hierdie vasgestelde taalgrense word die betrokke taal erken.

Wanneer meer as een taalvariŽteit binne in 'n land (of bepaalde gebied) aanwesig is, sal die variŽteit met die hoogste prestige alle ander op termyn verdring (of die variŽteite aan mekaar verwant is of nie). In Nederland het Randstadnederlands (hoŽ prestige) alle dialekte verdring tot teen die Duitse grens. In Duitsland het Standaardduits (hoŽ prestige) alle ander Duitse dialekte (Hoog- sowel as Nederduits) verdring tot teen die Nederlandse grens. In Frankryk het Parysse Frans (hoŽ prestige) alle ander verwante dialekte (Romaanse variŽteite) maar ook Keltiese- en Germaanse variŽteite verdring. In Brittanje het Engels die Keltiese variŽteite verdring. In Amerika was talle Franse-, Duitse-, Nederlandse-, Noorse en Sweedse taaleilande. Hierdie taaleilande het in die laaste eeu verdwyn. Die taalgrens speel 'n baie belangrike rol by elke taal.

[...]

In Suid-Afrika is die gebiedsbeginsel afwesig. Ons het die geleentheid in 1910 gehad om die beginsel toe te pas. Dit was op die besprekingstafel met uniewording. Daar is egter toe besluit om voorkeur te gee aan die Kanadese model van tweetaligheid op grond van die persoonsbeginsel. Toe die Kanadese egter in die sestiger jare oorgestap het op die gebiedsbeginsel, het ons in Suid-Afrika by die persoonsbeginsel gebly.

Persoonsbeginsel t.o.v. meertaligheid: 'n Land erken twee of meer tale as amptelike tale. Oral in die land het die inwoners gelyke taalregte, byvoorbeeld Suid-Afrika.

Gebiedsbeginsel t.o.v. meertaligheid: 'n Land word opgedeel in twee of meer gebiede. Binne 'n vasgestelde gebied het slegs ťťn taal amptelike status, byvoorbeeld Switserland.

http://www.afrikaans.nu/pag4.htm