PDA

View Full Version : Pretoria Kry n Nuwe Aartsbiskop



Dagna
Monday, November 24th, 2008, 10:24 PM
Pretoria kry n nuwe aartsbiskop

Pretoria gaan vroeg aanstaande jaar n nuwe Rooms-Katolieke aartsbiskop kry.

Pous Benedictus XVI het gister in die Vatikaan aangekondig biskop Paul Mandla Khumalo (61), tans biskop van Witbank, gaan aartsbiskop George Daniel opvolg.

Daniel, wat sedert 1975 aartsbiskop van Pretoria is, het vroer vanjaar die aftree-ouderdom van 75 bereik en volgens Katolieke prosedure sy bedanking ingedien. Di bedanking is nou aanvaar.

Khumalo is sedert 2002 die biskop van Witbank. Hy is n boorling van KwaZulu-Natal en is in 1973 as priester georden.

Hy sal vroeg aanstaande jaar as aartsbiskop ingehuldig word. Neels Jackson

http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2431883,00.html