PDA

View Full Version : Skielik-Skieter Was Op " 'n Rassistiese Moordtog"



Dagna
Monday, November 17th, 2008, 10:10 PM
Skielik-skieter was op " 'n rassistiese moordtog"

Die sogenaamde Skielik-skieter, Johan Nel, het in Januarie op 'n "rassistiese moordtog" gegaan toe hy vier mense in 'n plakkerkamp doodgeskiet het.

S het kriminoloog dr. Irma Labuschagne Maandag in die hooggeregshof in Mmbatho tydens voorvonnis getuig.

Labuschagne gaan na verwagting die res van Maandag in die getuiebank staan en haar getuienis dalk selfs Dinsdag voortsit.

Nel het vroer die oggend skuld beken op op 18 aanklagte, onder meer vier van moord.

Nel (18) het in die hooggereghof in Mmbatho skuld beken op die vier moordklagte, 11 van poging tot moord, een van onwettige besit van 'n vuurwapen en een van die onwettige besit van ammunisie.

Nel het in Januarie op inwoners van die plakkerskamp Skielik by Swartruggens met 'n .303-geweer losgebrand.

http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2427763,00.html

troepie
Tuesday, November 18th, 2008, 06:23 AM
Wat die media nie vir almal wil vertel nie, is die hoeveelheid keure sy familie deur swart mense aangeval is en aangehou was in die verlede. In Suid Afrika is daar net een kant van 'n storie en dit is nie die kant van 'n wit mens nie.

Stormraaf
Tuesday, November 18th, 2008, 12:59 PM
Die media voer ook maar baie haat aan deur hierdie manier van verslaggewing. As hul besluit om wel te skryf oor een van die duisende plaasmoorde noem hul dit nooit 'n rassistiese aanval nie, miskien eerder 'n rooftog, en hul sal versuim om enigsins velkleur te noem. Noudat dit 'n blanke was, het hul egter 'n bohaai opgeskop. Johan Nel se naastes het blykbaar self erg deurgeloop onder swart geweld, maar sou enige van daai voorvalle die media se aandag trek? Nee.

Teuton
Tuesday, November 18th, 2008, 01:27 PM
Ek stem saam met Troepie. Duisende blankes is gefolter en dood geskiet, maar daar is geen nuus oor dit! Hierdie land is een van die meeste eensydige lande in die wreld!