PDA

View Full Version : Nuuskommentaar



oryx
Monday, November 10th, 2008, 07:33 PM
I thought it would be a good idea to start a thread with frequent comments on news from South Africa. Ideally it could be translated into English so that all our international friends can understand it, but personally i don't have the time to do it myself. If you ever wanted to learn Afrikaans, these comments will give you excellent examples. I'll stick to the more interesting and relevant topics.

The views reflected in these comments are those of "Radio Pretoria", a radio station for the Boere-Afrikaner.


Identiteitspolitiek

Een van die ANC se verkiesingsvennote, Cosatu, wil rassekwessies inspan in die verkiesing in die Wes-Kaap om te keer dat die Demokratiese Alliansie die politieke mag in die provinsie oorneem.

Dit kom aan die lig uit 'n verkiesingsdokument wat in 'n koerant se besit beland het. Dit is ook die eerste keer dat daar in ANC-geledere openlik erken word dat die breuk in die party tot markskommelinge in Suid-Afrika kan lei.

Wat interessant is, is die wapens wat die ANC wil inspan om mag te behou.

In die Kaap moet “wit skole” glo geteiken word. Die ANC moet daarop aandring dat die skole oop moet wees vir almal. Ons weet nie waar was Cosatu die afgelope 15 jaar nie, want daar is tog baie lankal nie meer so iets soos wit skole nie. Miskien verwys hulle na 'n realiteit op grondvlak en dit is dat daar nog 'n paar presterende skole is, waarvan die oorwig leerlinge blank is. Of beskou hulle in die Kaap Afrikaanssprekende kleurlinge as blank?

Wat ook al hulle verwysingsraamwerk is, die feit is dat die dokument dit baie duidelik uitspel dat hulle die DA onder druk wil plaas met sulke sogenaamde “progressiewe idees wat nie deur die DA se wit kiesers aanvaar sal word nie”. Die DA moet geskilder word as 'n party wat net die belange van die wit elite verteenwoordig.

Dit sluit aan by die beskuldiging van die minister van landbou en grondsake, Lulu Xingwana, dat die voorstelle wat die DA ingedien het vir grondherverdeling “rassisties” is. Die DA se woordvoerder oor landbousake, dr Kraai van Niekerk het sterk gereageer op die beskuldiging. Hy het hulle beleidsvoorstelle beskryf as billik en werkbaar en vertel hoe graag die DA wil hê dat sogenaamde grondhervorming moet werk.

Hy het selfs so ver gegaan om in 'n onderhoud op Radio Pretoria te sê dat mense wat nie glo dat daar 'n herverdeling van grondeienaarskap in Suid-Afrika nodig is nie, maar net sowel die land kan verlaat!

Dit is duidelik dat die ANC as deel van sy verkiesingstrategie gaan probeer om die DA in 'n regse hoek vas te verf en die DA gaan sekerlik op sy beurt sy bes probeer om sy links-liberale standpunte te verdedig. Dit mag dalk 'n paar Afrikaners wat ook maar soos Cosatu die DA as die laaste groot wit hoop beskou het, 'n bietjie skok.

Die paar voorbeelde wys maar net dat politiek in Suid-Afrika nie ruimte het vir tegemoetkomende standpunte wat almal probeer paai nie. Dit gaan eintlik oor wie jy is en nie wat jou beleid is nie.

In die Afrikaanse koerante word daar met afsku na “identiteitspolitiek” verwys. Dit is na ons mening die enigste pad om te loop. Of 'n party nou mense in 'n parlement of stadsraad wil verteenwoordig, of buite om die strukture vir bepaalde regte op wil staan, daar is net een volhoubare manier, en dit is om eerlik en reguit die belange van jou eie mense te dien

oryx
Saturday, November 15th, 2008, 01:42 PM
An interesting bit of history and comments round the founding of Pretoria on 16 November 1855.


Pretoria verjaar!

Op 16 November 1855, nou al weer byna 153 jaar gelede, het die Volksraad van die ou Zuid-Afrikaansche Republiek besluit: “Voorgekomen de Kommandant-Generaal MW Pretorius, vragende of de twee, door ZijnEdele gekochte plaatsen, van de heren Prinsloo en Van der Walt, nu voor een dorp kunnen worden aangenomen.

De Edele Raad keurt dit voorstel goed en neemt de twee plaatsen aan tot een dorp onder de benaming van Pretoria.”

Met die aanvaarding van die naam Pretoria is die groot Voortrekkerleier Andries Pretorius, wat sulke diep spore in die volksgeskiedenis getrap het, op ‘n waardige manier vereer. So verbind die stadsnaam Pretoria sy mense aan die Gelofte van 1838 en die Sandrivier Konvensie van 1852 waar die Voortrekkers se onafhanklikheid erken is. Die naam Pretoria dra die klanke van die vroeë deel van die Boerevolk se vryheidstryd.

Soos die Voortrekkers die leë land beset het wat in 1837 so haastig deur Mzilikazi verlaat is, het hier noord van die Vaalrivier ‘n mate van rus en orde gekom. Dorpe is aangelê in die onbevolkte wêreld waar die Trekkers ‘n tuiste gebou het – Potchefstroom in 1838, daarna Rustenburg, dan Ohrigstad in 1845, Lydenburg in 1847, Soutpansbergdorp in 1848. Verbindingspaaie is gemaak en stadig maar seker is ‘n beskaafde samelewing geskep. Dit word onderstreep deur die stigting van Pretoria in 1855 wat die sentraal-geleë hoofstad van die Boererepublieke moes word, die sentrum van die politieke, ekonomiese, kerklike en kulturele lewe van die Afrikaner.

Die opbou van ‘n Afrikanerland, ook tot voordeel van sy bure, soos die Retief-manifes dit in die vooruitsig gestel het, word egter telkens gedwarsboom deur die hebsug van die Engelssprekende empires van hierdie wêreld. Die ontdekking van diamante, goud en minerale maak dat die Afrikaner as volk voortdurend vervloek en in oorloë ingesleep word, sodat die minerale rykdomme van sy vaderland die rykes en die superrykes van die Engels-Amerikaanse wêreld kan bevoordeel.

Teenoor al daardie vyandige magte, hulle frontorganisasies en hulptroepe, gebrei deur die uitdagings van Afrika, en gedra deur die vaste vertroue op die Almagtige God het die Volk bly voortbestaan en gegroei, geestelik en stoflik en sy ideale nagejaag tot voordeel van almal… en sy hoofstad Pretoria was deurgaans die sentrum van die beskawing wat hy in Afrika gevestig het.

Nou, op sy 153 ste verjaarsdag is hierdie stad en Afrikanerskepping, vir die derde maal die eiendom van ‘n vreemde besetter. Twee maal vantevore het egter geblyk dat dit nie so maklik is om hierdie stad se gees te knak en sy toekoms te verduister nie.

Die Boere-Afrikaner gedenk hierdie naweek sy geskiedenis in hierdie stad wat hy gebou het as hoofstad van ‘n vrye volksrepubliek. Dit maak ons hoopvol dat juis die jonger mense die verjaarsdag by een van ons volksbakens, die Voortrekkermonument, met ‘n musiekfees vier, want dit sê iets van die toekoms.

lioness
Monday, November 17th, 2008, 12:27 PM
Daar was ongeveer 20 000 mense by die fees.

Dankie vir die inligting!

Teuton
Monday, November 17th, 2008, 08:15 PM
It was sadly too far for me to go...:~(
Maar daar was baie mense! 20 000 Afrikaners is redelik goed!

oryx
Tuesday, November 18th, 2008, 09:06 PM
The DA is not the Boere-Afrikaner's friend.


DA se nuwe baadjie geen Afrikanerbaadjie

Die skare toi-toi te heerlik en die viva’s klink luid tussen die sogenaamde “struggle”-liedjies, met in die agtergrond die embleem, getooi in die kleure van die nuwe Suid-Afrikaanse landsvlag, wat die opkomende son oor die reënboognasie simboliseer.

En dan tree die leier, wat nounet op die verhoog heerlik saam getoi-toi en gesing en geviva het, na vore, en verklaar dan dat daar met groter erns gewerk sal word om die onregte van die verlede aan te spreek, en om die rasseverskille van die verlede te bowe te kom.

En die leier raak liries oor Barak Obama wat gesê het hy kan, en toe het hy. En daarmee het hy geskiedenis gemaak, deur deur die geskiedenis te breek. En die skare juig.

Nee, dit is toe nie ‘n ANC-saamtrek nie. Al kon dit dalk so geklink het, was dit ook nie ‘n byeenkoms van die Suid-Afrikaanse Kommuniste Party, of Lekota en Shilowa se Congres of the People nie. Nee, dit was die bekendstelling van die nuwe DA. En die leier wat saam met die ondersteuners toi-toi, en wat oorlog teen die gewaande onregte van die verlede verklaar het, niemand anders nie as die party se leier en Kaapstadse burgemeester, Helen Zille.

Dit was duidelik die naweek, toe dié gebeure plaasgevind het, dat die DA al hoe meer ‘n Afrika-karakter aanneem. Sy nuwe embleem laat daaraan herinner, maar ook sy wyse van vergadering hou, en alles wat daarmee saamgaan. Al hoe meer Afrikaners sal hulle al hoe minder tuis voel by so ‘n byeenkoms, of om selfs net geassosieer te word met so ‘n party.

Dit is duidelik dat die DA hoop om ook sy deel voordeel te trek uit die ANC se verbrokkeling. Dit beteken dat meer swart steun gelok moet word. Dit sal nie gebeur deur beleidsverkondiging nie, maar om hulle kultuur en gebruike aan te neem. En dit lyk of die DA presies dit gedoen het. Zille het verder in haar toespraak gesê dat die nuwe DA meer verskeidenheid sal akkommodeer, en dat hy meer verteenwoordigend sal word van alle rasse, tale en kulturele afkoms.

Dit is onses insiens gewoon nie haalbaar nie, want geen party kan alles vir almal wees nie.

Zille het ook haar en haar party se liefde teenoor die land se Grondwet betuig – daardie grondwet wat, net soos die DA nou, die gewaande onregte van die verlede aanspreek, en daarmee
‘n streep deur die Afrikaner se geskiedenis wil trek, en in wese van die Afrikaner ‘n misdadiger probeer maak. ‘n Grondwet wat diskriminasie verbied, behalwe as dit teen die blanke gaan, want hy was mos verantwoordelik vir die onregte van die verlede.

Toe die nuwe NP destyds tot stand gekom het, het hy blanke- en Afrikanersteun vervreem. Hy is nie meer. Die nuwe DA het reeds begin om hom van die blanke en Afrikanersteun te vervreem. Die amptelike bekendstelling het hierdie feit net meer voldonge gemaak. Maar die DA-beheerde stadsraad van Kaapstad het, net soos die ANC, lank reeds weggedoen met Afrikaanse straatname, en vervang met sogenaamde “struggle” name. En die DA se woordvoerder oor landbou verklaar, net soos die ANC se landbouminister, dat mense wat nie ten gunste van sogenaamde grondhervorming is nie, eerder die land moet verlaat.

Binnekort sit die land met drie enerslykende partye, naamlik die ANC, DA en Cope. Nie een van hulle gee ‘n snars vir die Afrikaner om nie, en die beginsel van vryheid vir die Boerevolk is vir hulle totaal vreemd. Nee, hulle is gewoon vyandig daarteen. Hulle verdien ons steun dus nie. Ons steun kan net gaan na diegene wat ondubbelsinnige en algehele volksvryheid voorstaan, en hulle ook aktief daarvoor beywer, ongeag die opofferings daarvoor.

oryx
Friday, November 21st, 2008, 03:45 PM
The "New" South Africa - 14 years later

All the comments that i quote in this thread are from Nuuskomentaar (http://www.radiopretoria.co.za/Nuuskommentaar.html) on Radio Pretoria's website. However, on the Radio Pretoria website these comments are not displayed for longer than a week.


Die Nuwe Suid-Afrika

Vir meer as ’n dekade hoor ons van die Nuwe Suid-Afrika. Dit laat die vraag: Is nuut beter? Kom ons bekyk ‘n paar feite:

Die onderwysstandaarde van die verengelsde opvoedkundige inrigtings het Suid-Afrika so nuut gemaak dat ons op internasionale vlak gewoonlik die swakste vaar, en sertifikate nie meer internasionaal erken word nie. Die staatshospitale met hulle nuwe name is nie net vervalle en siekte-hole nie, maar onopgeleide personeel diskrimineer teen enige pasiënt wat ’n wit vel het. Van die nuwe reggestelde polisiebeamptes is dikwels betrokke by omkopery en ander onwettighede, terwyl blankes dit kwalik durf waag om ’n misdaad aan te meld sonder om self in hegtenis geneem te word.

Munisipale owerhede met hulle nuwe grense, name en raadslede is oor die algemeen bankrot, en openbare dienste stort oral in duie. Menige dorp sit vir weke sonder water en beurtkrag is ’n alledaagse verskynsel regoor die nuwe land. Dit knel natuurlik die nuwe sosialisties-gedrewe landsekonomie, om nie eers te praat van die ongerief en frustrasie vir elke huishouding nie.

As munisipaliteite by Mynhuise gaan geld leen om dringende betalings te maak omdat daar op hul eiendom beslag gelê gaan word, dan is dit tog duidelik dat die bankiers nie meer lus het om die bankrotspul verder tot diens te wees nie.

Die minister van finansies, mnr Trevor Manuel, paai die nuwe land met die troos dat daar nie ’n resessie in ons land is nie, maar ondertussen daal huispryse en sit finansiële instellings met duisende huise en motorvoertuie wat teruggeneem word weens wanbetaling van paaiemente. Werkloosheid neem toe en fabrieke en nywerhede verminder die werksure wat werkers se inkomste drasties verminder. Daardie vermindering van inkomste, lei noodwendig tot verdere wanbetalings deur die werkers – en die sneeubal word al groter in die nuwe land. Die aandelebeurs vertel ’n eie verhaal, en miljarde rand val in ’n bodemlose put.

Op sportgebied is die nuwe land ook nie meer in die boonste kategorie nie – die Bafanas vaar swakker as ooit tevore, die netbalspan verloor teen die swakste, die Olimpiese spele het feitlik niks opgelewer wat noemenswaardig is nie, en as die ANC nie die Springbok kan kry nie, wil hulle die rugbystadions hê.

Die riool-besoedelde waterbronne word ’n al groter probleem, en kan uiteindelik daartoe lei dat die Nuwe Land geen skoon water vir huishoudelike gebruik of die landbou kan lewer nie.

Ontevrede kiesers stig nuwe politieke partye – die hophuis projek het stil geword, en al die ander beloftes van veertien jaar gelede het in die vergetelheid verval. Algemene misdaad, plaasmoorde, kapings, rooftogte, bendebedrywighede en verkragtings het so toegeneem dat die media nie eers meer kan byhou om hieroor te berig nie. Al hierdie verslegtende toestande het die land inderdaad nuut gemaak – nuut soos wat Robert Mugabe sy land nuut gemaak het

So het Suid-Afrika ’n nuwe land geword – en die nuwe land gaan nog talle ander nuwighede aanpak om sy regeerders te pas.

Wat is die oplossing vir ons volk? Ons sal eie strukture moet oprig en in stand hou sodat ons die eerste-wêreld standaarde waaraan ons gewoond is, weer in ere kan herstel. Met vindingryke denke en harde werk sal ons binne die nuwe mislukking ‘n nuwe oplossing vir onsself moet skep.

oryx
Thursday, December 4th, 2008, 03:32 PM
Terrorisme as Vryheidstryd

Die bloedige terroriste aanvalle in Indië se finansiële hoofstad, Moembaai, het weer eens die aandag gevestig op die hele kwessie van terrorisme as ‘n wyse om ‘n vryheidstryd te voer. Dikwels is so ‘n stryd nie net om vryheid nie, maar ook om politieke doelwitte te bereik, of ter wille van ‘n sterk godsdienstige inslag.

In Suid-Afrika het ons al ons deel van terrorisme gehad toe die ANC nog in die bosse weggekruip het en daarvandaan met sodanige laakbare metodes ‘n reeds papbroekige regering skrikgemaak het en na ‘n onderhandelingstafel gedwing het. Suid-Afrikaners was bang om op strate te loop na die Kerkstraat-bom in Pretoria. Selfs kuierplekke was onveilig nadat Robert McBride ‘n bom in die Magoos kroeg laat ontplof het. Die simbool van reg en orde handhawing, die howe, het ook deurgeloop, en die ANC het bomme by howe laat ontplof om chaos en paniek te saai.

ANC-terroriste het landmyne geplant op plaaspaaie, waar onskuldige vroue wat hulle kroos skool toe geneem het, afgemaai is. En hoeveel van ons jong seuns het aan die grense gesneuwel in die oorlog teen terrorisme? Net sodat ‘n bang en ruggraatlose regering uiteindelik die mag sou oorgee aan die terroristebendes van Swapo in die destydse Suidwes-Afrika, en hulle maatjies, die ANC, in Suid-Afrika. En selfs dit was nie die begin nie, wat tien jaar voor dit, is ook, deur ons, gehelp om die mag in Rhodesië te oorhandig aan die terroristebende van Robert Mugabe.

Terrorisme het dus ook in ons land en streek ‘n lang geskiedenis. Helaas toe egter nie met dieselfde wêreldbelangstelling en veroordeling daarteenoor nie. Maar toe Amerika op sy beroemde 11 September aangeval word, was die hele wêreld in rep en roer, en is daar summier oorlog teen terrorisme verklaar.

Sedertdien het Engeland al sy beurt gehad. Spanje ook. Verlede week het België ook ‘n dreigement gekry dat hy ‘n volgende teiken van aanslae kan wees, en nou weer die bloedbad in Indië.

‘n Betreklik onbekende groep het verantwoordelikheid aanvaar vir die Indiese aanslae. Maar dit is wel duidelik dat Islam fundamentalisme daaragter sit, alhoewel daar beskuldigings vanuit Indië self gemaak is dat Hindoes vanuit Pakistan opereer teen Indië.

Tog wil dit lyk uit buitelandse bronne dat Al Qaeda weer eens betrokke kan wees, alhoewel dit eintlik ‘n soort splintergroep van dié organisasie is wat vir hierdie aanslae verantwoordelik is.

Sedert die 11 September-gebeure in Amerika, is sogenaamd oorlog teen terrorisme gevoer. Selfs volskaalse oorloë is aangepak teen die terroriste. En nou blyk dit dat daardie oorloë futiel was. ‘n Terroristestryd, is nie vergelykbaar met ‘n konvensionele oorlog nie. ‘n Terroristestryd word nie gevoer met tenks en vliegtuie nie.

Tog blyk ‘n terroristestryd sy suksesse te hê. Daarvan kan ons in Suid-Afrika getuig. Indië verloor nou sy krieket, want niemand wil sy sportsterre onnodig in gevaar stel nie. Dieselfde het ook in Pakistan gebeur.

Wat ook blyk uit die Indiese aanvalle is, dat jong militantes daarvoor verantwoordelik is. Een waarnemer sê dit is jammer dat die globale nasie-idee dus skynbaar nie posvat by die jeug nie.

Inderdaad: die jeug het sy eie aspirasies. Hulle wil nie verkneg en vasgevang word in stelsels, die meeste uitgedien en onwerkbaar, wat deur die oueres op hulle afgedwing kan word nie.

Ook in Suid-Afrika kan die ANC gerus kennis neem van die aspirasies en strewes van die Afrikaner- of Boerejeug.

http://www.radiopretoria.co.za/Nuuskommentaar.html#

oryx
Friday, December 12th, 2008, 07:45 PM
Wie het rede om negatief te wees?

Die Instituut vir Geregtigheid en Versoening in Kaapstad het bevind dat Suid-Afrikaners al hoe negatiewer oor die land raak. Dit is nou nie juis nuus nie.

Wat nuus is, is die kommentaar van ’n woordvoerder van die Instituut. Volgens hom is die prentjie nie heeltemal so duister nie, want drie kwessies het veral swartmense negatief beïnvloed. Hierdie kwessies is die Skielik-skietery, die Reitz-video, en xenofobiese aanvalle.

Nou wonder ’n mens in watter reënboognasie hierdie woordvoerder woon. Lees hy nie koerant nie? Sien en hoor hy nie wat aangaan nie? Want wat van die duisende kwessies wat blankes negatief teenoor swartes en die regering beïnvloed?

Blankes loop elke dag deur onder swartes wat hulle wreedaardig vermoor, verkrag, aanrand, beroof, besteel en hul motors kaap. Derduisende blankes is sedert 1994 deur swartmense uitgemoor.

Wat van die wit baba wat in koerantpapier toegedraai en verbrand is? Wat van die skoolkind wat tydens ’n plaasmoord opgehang is, nog in sy skooluniform?

Wat van die 78-jarige vrou van ’n kleinhoewe in Pretoria-Noord wat deur vier swartmans oorval is? Nadat hulle lekker geëet en gekuier het, het hulle haar na buite gesleep. Toe het hulle haar om die beurt verkrag en met messe gesteek.

Wat van mnr Frans Pieterse, wat in Julie 2006 wreedaardig op sy kleinhoewe buite Swartruggens vermoor is? Hy is langer as vier ure gemartel: sy aanvallers het hom onder meer met kookwater gebrand, sy kop oopgesny en hom met ’n skoenveter verwurg. Die moordenaars het ook plastiek gesmelt en dit op sy tienjarige seun, Gideon, gedrup. Hierdie aanval het AfriForum se Stop-die-moorde-veldtog aan die gang geskok.

Wat van Beatrice Freitas wat na die waskamer van haar huis gedwing is? Hier het haar aanvallers haar verkrag, olie oor haar uitgegooi en haar met ’n warm strykyster gebrand. Toe versmoor hulle haar met ’n handdoek en laat haar vir dood agter. Sy oorleef met 25 persent derdegraadse brandwonde.

Callie Botha vertel op Sky News hoe sy 71-jarige pa se hakskeensenings afgesny is sodat hy nie kon vlug nie. Hy is in die rug gekap en sy liggaam is in die bosse gesmyt. Sy vrou se kop is so hard met ’n baksteen geslaan dat haar skedel soos ’n eier oopgekraak het.

Die blankes word stelselmatig en genadeloos deur swartmense uitgemoor. Dit is geen gewone misdaad nie, soos die ANC-regering by herhaling beweer. Die moorde word dikwels met onmenslike wreedheid en marteling gepleeg. Dikwels word niks gesteel nie. Die slagoffers word rassistiese beledigings toegeslinger.

’n Mens kan nie anders nie as om te dink dat hierdie rassemoord met die stilswyende goedkeuring van die ANC-regering geskied. Want wat doen hulle daaraan?

Kyk maar na die video waar oud-president Nelson Mandela saam met sy kamerade in isiXhosa sing dat hulle, die MK, gesweer het om die ama-Bhulu dood te maak. Ama-Bhulu beteken witmense. Hierdie video is te sien op www.plaasaanvalle.co.za en www.farmmurders.com.

Die Instituut vir Versoening en Geregtigheid moet dalk herdoop word na die Instituut vir Verdraaiing en Ongeregtigheid.

http://www.radiopretoria.co.za/Nuuskommentaar.html

Link to a blog with recent farm murders in South Africa:
http://www.farmmurders.com/

oryx
Sunday, December 14th, 2008, 03:23 PM
http://www.news24.com/Images/Photos/20081213205641splash.gif _ http://www.news24.com/Images/Photos/20081213184305korps1_lg.jpg

Current military training given to 16 - 40 year old 'Boere-Afrikaners' under the "Kommando" system/structure. The "Kommando" system/structure has been in existence in South Africa since 1671 and focus primarily on defense.

Note the "Afrikaner" flag in the picture above - which drops the "Union Jack" in favor of the "Cape Rebel Flag".


Seuns moet volk beskerm

Jong Afrikanerseuns het sedert die afskaffing van diensplig ruggraatloos geword, sê kmdt. Franz Jooste, uitvoerende hoof van die Kommandokorps.

Hulle moet “opgelei” word om trots te wees op hulself en hul volk, om hul volk – die blanke Afrikanervolk – te beskerm.

Dít is waar die Kommandokorps in die prentjie kom. Oor dié organisasie het daar die afgelope week ’n storm losgebars nadat skoliere glo “ontvoer” is om “bomme te maak” om “swart mense aan te val”.

Die bewerings spruit uit die arrestasie van mnr. Wentzel Laubscher, ’n drilsersant van die korps, wat glo ’n 15-jarige seun vir dié doel ontvoer het.

Jooste, wat die bewerings ten sterkste ontken, was Vrydag steeds besig om vure dood te slaan.

“Een van die joernaliste het my gevra oor haatspraak. Daar is nie haatspraak in die Kommandokorps nie – daar is ’n haat vir misdadigers.”

Dit is wél ’n onbetwisbare feit dat die Kommandokorps net wit mense toelaat.

Dit is ’n “Afrikanerorganisasie” en die Afrikaner is ’n “blanke ras” midde-in ’n oorlog, verduidelik Jooste.

“Net soos die ANC vir Umkhonto we Sizwe en die PAC vir Apla as sterk arms het, het die Boere-Afrikanervolk die kommando as sterk arm.”

Jooste glo “ons” bevind ons in ’n guerrilla-oorlog waar die vyand aanval, onttrek en na die volgende gebied verskuif om net weer dieselfde te doen.

Dit is volksmoord.

“Ons wil net ons mense beskerm en as gevolg daarvan sit ’n man nou in die tronk.”

Die Kommandokorps het ’n defensiewe agenda, ’n agenda teen die vyand.

Hulle beoog om die leemte te vul wat weens die afskaffing van die kommandostelsel ontstaan het.

“Die vyand is nie noodwendig swart nie. Dit is enigiemand wat my of iemand na aan my se lewe of eiendom bedreig. Dit is ’n onsigbare vyand. Hy kom na jou toe en is offensief. Jý moet defensief optree.”

Die Kommandokorps, wat beheer word deur ’n “opperraad” van 12 direkteure en 8 “kommandement-bevelvoerders”, het vier (wettige) projekte om sy lede teen dié vyand te beskerm.

Dit is weerbaarheidsopleiding, kadetopleiding, leiervorming van oud-lede van die weermag en polisie en kommandostigting.

Weerbaarheidsopleiding behels dat lede van vuurwapens en huisbeveiliging geleer word.

Kadette is tussen 16 en 40 jaar oud.

Met dié projek word sterk klem gelê op dissipline tydens kampe waar daar gefokus word op netheid, orde, opdragte en drilwerk. Die kadette word ook geleer van veldkuns, spoorsny, kamoeflering, hakkejagoperasies (waarin aanvallers agternagesit word) en vuurwapens.

Jooste beklemtoon dat ploftoestelle nooit gebruik word nie, want hulle het dit nie nodig nie.

“Ons doen dit al van 2000 af en het meer as 1 000 kadette opgelei. Daar was nog nooit ’n voorval nie, want daar is militêre dissipline.”

Dit is juis die militêre dissipline wat voorkom dat kadette van die Kommandokorps om die verkeerde redes in die nuus beland.

“Ons wil keer dat jong seuns soos Johann Nel (die Skierlik-moordenaar) optree. Ons wil ook nóg ’n Boeremag voorkom. Hulle was Afrikanerseuns wat iets wou doen, toe doen hulle die verkeerde ding.

“Sulke frustrasies loop uit op onverantwoordelike optrede. Dit moet gekanaliseer word in sinvolle opleiding.”

http://www.news24.com/Rapport/Suid-Afrika/0,,752-2460_2441978,00.html


Bekendstellingsbrief van die Kommandokorps

In die 1970’s en 1980’s het ons as jong seuns militêre diensplig gedoen. Die meeste van ons het daarna grensdiens op die grense van ons land gedoen.

Die meeste van ons weet en erken dan ook dat die weermag (Die ou SAW en SAP) van ons ware manne gemaak het. Ons as soldate van daardie tyd het meer as ons deel gedoen.

Dit was egter die politici van daardie tyd wat nie húl doelwitte kon bereik nie en wat toe die weg van onderhandeling ingeslaan het en ons in die proses ver-loën het.

Terwyl ons in die bosse en sand gesweet en geswoeg het, het hierdie politici onder die leiding van ’n FW de Klerk, ’n Pik Botha, ’n Roelf Meyer en ’n Leon Wessels ons land skaamteloos weggegee aan daardie vyand teen wie hulle ons juis vir 33 jaar aangespoor het om te veg!

Voor en tydens hierdie tydperk het hulle ons gebreinspoel teen die “Rooi Gevaar” – die Kommunisme – en die “Swart Gevaar” en toe ewe skielik word hierdie “gevaar” nie meer so gevaarlik nie.

Alles ’n poging om ’n sogenaamde “reënboognasie” te bou.

Nadat die ANC/SAKP/Cosatu- alliansie ’n klinkende oorwinning by die onderhandelingstafel bereik het, word die leier van hierdie terroriste vrygelaat en as ’n “goedige swart oupatjie” aan die wêreld voorgehou.

Sy beeld word so gepoets dat hy verhef word tot ’n internasionale “ikoon” en held.

Vir die meeste was dit ’n skok dat al ons “swoeg en sweet in die bosse en sand” sommer so, sonder slag of skoot, oorhandig is aan hierdie hordes swart bendes.

Die meeste van ons het daarom steeds ons “browns” ons “skeleton webbing” en ander uitrusting soos dixies in ons balsakke gehou.

Wel, daardie tyd het nou aangebreek! Ons mense word tans in ’n skrikwekkende tempo uitgemoor en dít terwyl ons ontwapen word!

As ’n mens met oud-generaals praat en vra of daardie oorlog dan vergeefs was, is hul antwoord heel dikwels: “Ja, maar ons het goeie ondervinding opgedoen”. Maar wat is die gevolg van ondervinding? Sekerlik dat dit weer benut sal word! Nou ja!

Ons het baie gewik en geweeg ten opsigte van watter soort eenheid ons op die been wou bring.

Uiteindelik het ons besluit om die kommando-struktuur te hervestig, want kommando’s was deur al die jare (sedert 1671) ons (Boere se) tradisionele beveiligingseenhede. Kommando’s was ook deur al die jare defensief en gebiedsgebonde.

Ons het vervolgens die Kommandokorps as ’n wettige art. 21-maatskappy gestig waarbinne ons ons mense tans organiseer en oplei sodat ons hierdie aanslae teen ons mense kan afweer.

http://www.news24.com/Rapport/Suid-Afrika/0,,752-2460_2442003,00.html

oryx
Tuesday, January 13th, 2009, 06:35 PM
In die nuwe, nie-rassige Suid-Afrika, waar almal gelyk is en dieselfde geleenthede geniet, het swartes nie die vermoë om sonder spesiale toegewings en hulpmaatreëls die paal te haal nie.

So glo die Universiteit van Kaapstad, wat van verskillende rasse verskillende standaarde vereis vir toelating tot mediese studie. Van wit studente vereis hulle ‘n matrieksimbool van 91 persent, maar van swartes net 74 persent.

Dit dui daarop dat dié universiteit se geleerde menere glo dat ‘n swarte met dieselfde geleenthede nie dieselfde prestasie as ‘n witte kan behaal nie. Na presies dieselfde skoolopleiding behoort hy – volgens hulle – so 17 persent agter sy wit klasmaat te wees.

Die universiteit noem nie redes vir sy laer verwagting van swartes nie, maar dis opvallend dat hy in sy riglyne nie van wit studente praat nie. Swart, kleurling en Indiër word by name genoem, maar die groep wat 91 persent vir toelating moet behaal, word as “oop” beskryf.

Die universiteit het aan ‘n koerant bevestig dat “oop”, wit studente beteken. Sou ‘n mens nou daarvan kan aflei dat die universiteit die ander groepe as “toe” beskou?

Maar die storie eindig nie by toelating nie.

Die universiteit glo duidelik nie dat almal na dieselfde skoolopleiding dieselfde prestasie kan bereik nie. Sou hulle nou reken dat hulle daardie 17 persent agterstand gedurende die kandidate se mediese studie gaan uitwis?

Of gaan die doktorsgrade wat hulle swart mediese studente uiteindelik ontvang ook 17 persent minder werd wees as wit dokters s’n?

Sou ‘n mens dan ‘n pasiënt in die nie-rassige nuwe Suid-Afrika kon kwalik neem as hy verkies om eerder deur ‘n wit as ‘n swart dokter behandel te word? Sewentien persent verskil in kennis kan immers vir ‘n pasiënt die verskil tussen lewe en dood beteken.

En sê nou daar is ‘n swart kandidaat wat 91 persent in matriek behaal en skrander genoeg is om op gelyke vlak ‘n gelykwaardige mediese kwalifikasie te behaal?

Hoe reken die rassistiese universiteit van Kaapstad moet hy voel as almal hom as ‘n minderwaardige dokter beskou net omdat hulle die etiket van swart minderwaardigheid om sy nek gehang het?

Nee wat, dit lyk asof hierdie universiteit ‘n dringende behoefte het aan ‘n leerstoel vir suiwer oordeel en gesonde verstand.

Maar die Universiteit van Kaapstad staan nie alleen in sy oortuiging dat swartes minderwaardig is nie.

Die ANC-regering glo net so vas dat swartes nooit op eie stoom en sonder spesiale hulp sal kan bestaan nie.

Net verlede week het hulle adjunk-president en voorsitter, mê Baleka Mbete, gesê die ANC-regering gaan sy beleid oor swart bevoordeling nog lank nie hersien nie.

Sy glo dus dat swartes nog lank nie ryp of bekwaam genoeg sal wees om sonder spesiale bevoordeling vir hulle ‘n baan uit te beitel nie.

Die ANC se minister van Arbeid, mnr Membathisi Mdladlana, het al gesê swart bevoordeling moet vir ewig voortduur.

Hy glo dus swartes sal nie eers in die verste toekoms so ver ontwikkel dat hulle sonder die hartlongmasjien van swart bevoordeling kan oorleef nie.

Dankie tog vir die voorreg om ‘n Boer te wees.

http://www.radiopretoria.co.za/Nuuskommentaar.html#

oryx
Saturday, February 14th, 2009, 10:19 AM
Die afgelope vyf jaar, sedert die vorige verkiesing, word ’n mens daagliks gekonfronteer met die bewyse dat die swart meerderheidsregering ons land en sy mense verwoes.

Tog is daar dié wat steeds siende blind en horende doof is. Wat steeds verskonings uitdink. Wat steeds glo dat ‘n wonderwerk in 1994 plaasgevind het..

As tien dokters vir jou sê jy het kanker, en dit selfs met X-straalplate bewys, gaan jy dit bly ontken omdat dit uiters onaangename nuus is?

Is dit nie al oor en oor bewys dat die hoë ideale van die ANC, soos vervat in sy Vryheidsmanifes en die Grondwet, nie in die praktyk bewaarheid word nie?

Gaan ons WEER swig voor mooi beloftes, voor pragtige woorde oor magsdeling en nie-rassigheid? Wat is ons nie alles by Kodesa belowe nie? Wat word ons nie alles in ons Grondwet belowe nie? Die paradys self!

Wanneer gaan ons besef dat nie-rassigheid 'n leuen is? Daar bestaan nie so iets nie. Enigiemand wat dit belowe, is 'n gek, en enigiemand wat dit glo, 'n dwaas.

Ons is almal gelyk voor die oë van God, maar tog is ons ongelyk deurdat ons elkeen ’n eie persoonlikheid en aangebore vermoëns het. Rasse en volke het ook ’n eie identiteit en vermoëns. Waarom is dit so moeilik vir sekere mense om te aanvaar dat nie almal geskik is om ‘n staat te bestuur en suksesvol te ontwikkel nie? Mense wat nie op grond van hulle vermoëns aangestel word nie, maar net op grond van velkleur kan tog nie presteer nie.

Pas dit maar in jou eie lewe toe: jy gebruik die vermoë van ’n dokter en een of meer mediese spesialiste, ’n tandarts, oogarts, predikant, sielkundige, werktuigkundige, rekenmeester, prokureur, beleggingsadviseur, haarkapper, tuinwerker en huiswerker. As húlle jou in die steek laat – as jou dokter jou operasie verknoei – hoeveel kanse gee jy hulle? Gewoonlik net één, en dan is dit: koebaai Meraai.

Hoeveel kéér het ons land se swart regering ons nie al in die steek gelaat nie? Hoeveel keer word Afrika se inwoners nie deur hul swart regerings in die grootste ellende gedompel nie?

Waarom het Suid-Afrika in die verlede bo al die ander Afrika-state uitgetroon? Die één faktor wat ons land op alle gebiede doeltreffend laat werk het, was die vermoë van die mense wat aan die stuur van sake was.

Voorheen het Suid-Afrika se boere soveel kos geproduseer dat ons dit kon uitvoer – ons kon ’n helpende hand na Afrika toe uitsteek. Verlede jaar het Suid-Afrika vir die eerste keer op groot skaal kos begin invoer. Altesame 20 000 kommersiële boere het die afgelope tyd opgehou boer omdat die swart regering die lewe vir hulle onmoontlik maak.

Is dit nie skrikwekkend genoeg om enigeen aan Zimbabwe te laat dink nie?

Is dit nie skrikwekkend genoeg om enige volksgenoot te laat besluit dat selfbeskikking die enigste pad na oorlewing is nie?

http://www.radiopretoria.co.za/Nuuskommentaar.html#

oryx
Sunday, March 15th, 2009, 07:23 AM
Etnisiteit bly ‘n realiteit

Met die totstandkoming van die sogenaamde “nuwe Suid-Afrika”, is baie melding gemaak van die reënboognasie wat tot stand sou kom.

Nou, vyftien jaar later, word die besef by steeds meer mense duidelik: die reënboognasie is ‘n mite. Dit bestaan nie en kan nie werk nie. Teen die einde van verlede jaar het ‘n koerant op sy internetbladsy ‘n meningsopname gemaak oor hoe mense voel oor etnisiteit. Meer as tagtig persent van die mense het gesê hulle glo nie dat die verskillende bevolkingsgroepe in Suid-Afrika vreedsaam kan saamwerk nie.

Verskeie politieke ontleders wys nou daarop dat verkiesings in Suid-Afrika hoofsaaklik etnies plaasvind. Die verwagting is dat dit in die komende verkiesing weer eens gaan plaasvind, wat beteken dat die uitslag in wese reeds bekend is.

Selfs Alan Boesak, eens vurige anti-apartheidsaktivis, en veroordeelde bedrieër ter wille van die “struggle”, waarvoor Thabo Mbeki hom presidensiële kwytskelding gegee het, kom nou tot die besef dat etnisiteit nie vernietig kan word nie, selfs al trou jy as kleurling met ‘n blanke vrou, soos wat Boesak gedoen het.

In ‘n toespraak by die Universiteit van Wes-Kaapland, het hy verklaar dat Suid-Afrikaners steeds aan etniese apartheid ly onder die ANC-regering. Hy moes erken dat na vyftien jaar, daar nog niks gekom het van dié ideale van ’n nie-rassige demokrasie nie. “Die ANC het ons eerder in etniese groepe verdeel: Nou sê hulle jy is bruin, jy is ’n African, jy is wit,” het Boesak gesê.

Nou is Boesak premierskandidaat vir Cope in die Wes-Kaap, en gaan hy waarskynlik probeer voorgee dat Cope wel die resep het om ‘n sogenaamde nie-rassige samelewing tot stand te bring.

Oor vyftien jaar gaan die volgende geslag politici net eenvoudig weer met die ontnugtering vorendag kom, dat die samelewing etnies gegroepeer gebly het. Want dit is deel van God se Skeppingsorde.
Hy het rasse en volke geskep met ‘n eie identiteit, en waar die mens wil ingryp om God se orde om te keer, sal dit tot mislukking gedoem wees. Veral as die mens sy eie slim metodes daartoe wil toepas, soos “affirmative action” en “grondhervorming”, omdat mense van ‘n bepaalde ras skynbaar bevoordeling nodig het.

Wêreldwyd neem etniese afstand toe. Selfs in die rolmodel van rasse-integrasie, Amerika, is daar op grondvlak rasse-skeiding. Sekere dele van New York word deur nie-blankes bewoon, en blanke Amerikaners waag dit nie maklik daar nie.

In die liberale Nederland het die instroom van Afrikane uit Noord-Afrika dieselfde resultaat tot gevolg. In die hawestad, Rotterdam, is sekere woongebiede deur Marokkane en Surinamers oorgeneem, en blankes trek weg. In die Brusselse voorstad, Borgerhout, het al soveel mense vanaf Marokko ingetrek, dat die Vlaminge al daarna verwys as “Burgerokko”.

Daarom sal Suid-Afrika nooit werklik ‘n eenheidstaat kan wees nie. Vreedsame naasbestaan sal slegs kan werk op die basis van goeie buurskap. Dit beteken dat goeie grense tussen volke, elk met sy eie besluitneming oor sy eie sake, vreedsame buurskap tot gevolg kan hê. En dit is waarvoor Radio Pretoria, saam met ander volksorganisasies, homself beywer en sal bly beywer: Vir vryheid.

Stormraaf
Friday, March 20th, 2009, 08:09 AM
Ná die moord op 'n jong Afrikanermeisie wat oënskynlik doelbewus deur 'n taxibestuurder doodgery is, is dit nodig om te besin waarheen die land op pad is met die horde taxi's waarvan Suid-Afrika se paaie vervuil is.

Taxi-bestuurders is die krygshere van die misdaadhool wat die land onder die ANC-bewind geword het. Hulle voer territoriale oorloë teen mekaar, bedreig ander padgebruikers en selfs hul eie passasiers.

Tydens die spitsverkeer soggens en saans kan honderde en duisende taxibestuurders gesien word wat verkeersreëls blatant verontagsaam en ander padgebruikers met minagting behandel. Nietemin tree die sogenaamde metropolisie nie teen hulle op nie. Die owerheid is besig om sienderoë die taxi-euwel te laat gedy en in dié opsig is Suid-Afrika nie anders as enige ander Afrikaland waar wet en orde dikwels selektief - indien hoegenaamd - toegepas word.

Die informele en baie onveilige vervoerstelsel wat taxi's verteenwoordig, is ook aan die wortel van die chaotiese plakkery rondom ons stede omdat enigiemand wat 'n plakkershut in die veld oprig uiteindelik iewers 'n taxi gaan vind om hom te vervoer. Ook word taxi's gebruik vir onwettige handel, onder andere in vuurwapens - terwyl wettige vuurwapeneienaars se wapens deur die owerheid gekonfiskeer word met behulp van sy lomp en kwaadwillige wapenwette.

Taxi's is boonop vir 'n hoë persentasie van padongelukke verantwoordelik. Dit kos die land jaarliks miljarde aan voertuigskade, lewensverlies en gesondheidsdienste.

Terwyl Maria Ramos die spoorvervoerstelsel vernietig het terwille van korttermynbesparings, is 'n groot deel van die bevolking - ook die groot aantal onwettige immigrante - afhanklik van dié kriminele agter die stuurwiel om hul van punt A na punt B te vervoer.

Slegs 'n eie staat sal die Afrikanervolk red van die gemors en geweld waarin die land versink het en mense wat dit ontken, is nie net onintelligent nie, maar ondersteun die groteske immoraliteit van hierdie stelsel.

Die taxibestuurders sal moor en misdaad pleeg solank as wat hulle toegelaat word en solank die vrome maar wrede voorstanders van "demokrasie" en "menseregte" die werklike bloedbad wat hulle in Suid-Afrika geskep het met hul leuens probeer kamoefleer.

http://praag.co.za/content/view/4355/197/

Rooikat
Friday, March 20th, 2009, 02:11 PM
Ons word verswelg deur misdaad en dan is daar nog steeds mense wat op die regering se knoppie druk om iets daaraan te doen. Die regerings amptenare is net daar om die staatskoffers leeg te dra, miljoene was bestee om nuwe taxi`s vir die massas mee te finansier. Nou kan hulle nog vinniger jaag en meer vervoer. As jy in nood is, bel jy verniet `n noodnommer. Die staatsdiens en nood dienste het verander in een groot welsyn organisasie waar niemand hoef te presteer, of net gewoon hul werk te doen nie. Die Metro lede sluit aan want dan hoef hulle nie hul eie motors te koop nie, hulle karwy die kinders skool toe in die blink waens met blou ligte, en hang rond in privaat hoedanigheid by veilings. Hulle los die arme patrollie honde in die warm kar sonder water en loop ure rustig daar rond. Vir `n ekstra inkomste huur hulle dienswapens aan kriminele uit. Wetstoepassing is nie op hulle top twintig lys van prioriteite nie. Hulle hoof rol sy duur luukse motor omdat hy beskonke was, en die balasting betaler moes vir die regskoste pa staan, ou Jackie Selebi hou nou nog lekker op die belastingbataler se rekening lang varlof, en hy spaar nie vir die hofsaak teen hom nie, die geldjies is klaar by jan alleman gereel. `n Mens wonder net hoe diep is die staatskoffers want van die hospitale in die Transvaal sit sonder kos want die staat betaal nie die rekenings nie. As die taxi jou nie doodry in hierdie land nie sal jy wel sterf van die honger by die staatshospitaal.

oryx
Tuesday, April 14th, 2009, 07:27 PM
Hulle sterf vir ons

Die land was op Goeie Vrydag geruk deur die wrede moord op die 63-jarige meneer Johannes van den Bosch en sy 60-jarige vrou Jacobi van den Bosch naby Donkerhoek, net oos van Pretoria.

Hierdie barbaarse daad het ook in die buiteland weerklank gevind. Dit kan ook nie anders nie, want wyle meneer en mevrou Van den Bosch was van Nederlandse afkoms. Hulle is daar gebore.

Dit laat ons vandag na die saak vanuit ‘n heel ander hoek kyk.

Soos talle Nederlanders sedert die jare vyftig na Suid-Afrika gekom het, het die Van den Bosche in 1982 na Suid-Afrika gekom. Soos baie van hulle landgenote van daardie tyd, het hulle na die sonnige Suid-Afrika gekom, vol ideale van ‘n rustige lewe in ’n veilige en voorspoedige land, op ‘n stadium dat Europa al oorspoel word deur sogenaamde gasarbeiders.

Wat in baie gevalle vir Nederlanders ‘n groot oorweging vir emigrasie na Suid-Afrika was, was dat Suid-Afrika bekend gestaan het as ‘n Christelike land, waar Christelike waardes ‘n alledaagse leefwyse was – iets wat in Europa nie meer die geval was nie. En dalk nog belangriker: talle Nederlanders wou hulle kinders juis in die Christelike Suid-Afrikaanse skole laat opvoed, waar goeie onderrig gegee is, en waar kinders basiese dissipline geleer het.

Deur ons hele geskiedenis het die Nederlanders, soos baie ander immigrante, ‘n besondere bydrae tot die opbou van die land gelewer. Reeds in die tyd van president Paul Kruger, het die sogenaamde Krugers-Hollanders ‘n besondere rol gespeel. Na die Tweede Wêreldoorlog het talle jong Afrikanerstudente by Nederlandse universiteite gaan studeer, en uitgestyg op hulle onderskeie vakterreine. So het die besondere band tussen die Boer en sy Nederlandse stamland bly bestaan. ‘n Boek deur ‘n Nederlandse predikant, dominee GA Zijderveld, se titel is heel gepas: “Ons Broedervolk”, met verwysing na die Boere- of Afrikanervolk.

So het ook die Van den Bosche waarskynlik met hulle ideale na Suid-Afrika gekom. Saam met hulle, hulle twaalf kinders, wat ons blanke- en Afrikanerbevolking ‘n broodnodige hupstoot gegee het. Kinders wat wonderlik aangepas het in die Afrikanergemeenskap.

En dan is die Nederlandse boere-omie en tannie op hulle hoewe besig met hulle eie sake, en hulle pla en hinder niemand nie. En daar slaan die barbaarse Afrika ook op hulle toe, en maak ‘n gruwelike einde aan ideale en drome. Twaalf kinders en nog meer kleinkinders verloor ouers en grootouers. Hoeveel gesinne se lewens is nou ontwrig ter wille van etniese suiwering, soos TLU SA dit beskryf? En hoeveel lewens gaan nog ontwrig word? Hoeveel van die kinders gaan dalk nou besluit om maar terug te gaan na hulle land van herkoms? Hoeveel kleinkinders wat van voor af moet aanpas in ‘n nuwe land in ander skole, in ‘n ander kultuur, met minder leefruimte as die vry, oop Suid-Afrika?

Ironies dat juis mense wat gekom het om ons land en volk te help bou, nou in die voorlaaste reël van die Stem van Suid-Afrika beskryf word: “Ons sal lewe, ons sal sterwe...” Hulle sterf as’t ware vir ons.

En dan nog is daar mense wat hierdie toestande gedwee sit en gadeslaan asof niks op die aarde verkeerd is nie. In enige ander land sou dit al genoeg rede vir revolusie gewees het...

http://www.radiopretoria.co.za/Nuuskommentaar.html#

Rooikat
Tuesday, April 14th, 2009, 08:39 PM
My innige meegevoel met die hele van den Bosch familie. Ek is jammer vir die pyn en lyding wat hulle hele familie moes verduur. Die barbare loop nog rustig vry, en soos ons kan verwag doen die SAPD hulle bes om die skuldiges vas te trek......so hoor ons....niemand is nog in hegtenis geneem nie....dit klink so alledaags. Dis `n skande dat mense wat `n positiewe impak op die ekonomie het, wreedaardig vermoor word en mense wat kriminele verbande het, vry loop en deur die wet beskerm word. TIA, in Brits beteken dit, This Is Africa.

oryx
Friday, April 24th, 2009, 05:42 PM
Die ANC het weer eens skoonskip gemaak met die algemene verkiesing vanjaar, en in wese is daar nie baie verskil van vorige stempatrone nie. ANC-ondersteuners het weer vir die ANC gestem. Soos ons al voorheen verwag het, het die nuwe Cope-party nie ‘n duik in die ANC gemaak nie. Inteendeel, ons voorspelling dat dié party hoofsaaklik gaan kapitaliseer ten koste van die kleiner partye, het waar geblyk.

Daar is nie sprake van ‘n herskikking van die politieke toneel in Suid-Afrika nie. Verwagtinge wat geskep is dat die ANC sy mag in van die provinsies kan verloor, en dat koalisieregerings die nuwe maghebbers kan wees, het nie gerealiseer nie. Slegs in die Wes-Kaap is daar ‘n wesenlike verandering, wat ook maar aan ‘n draadjie hang. Maar die DA se goeie vertoning daar, hou vir hom terselfdertyd geweldige gevaar in vir die toekoms. Eens op ‘n tyd was daar die nou oorlede Nasionale Party, of Nuwe Nasionale Party soos Marthinus van Schalkwyk hom gedoop het. Dié party het ook eens die Wes-Kaap verower, met Marthinus as premier. Dit het daartoe gelei dat hy so sy fokus op die Wes-Kaap moes hou om daardie regering op koers te hou, dat hy onwillekeurig sy aandag van die ander provinsies moes wegtrek. Die NNP het kortstondig ‘n streekspartytjie geword vir die Wes-Kaap en uiteindelik verdwyn. Die DA loop die gevaar om dieselfde pad te loop, veral omdat Cope in verskeie provinsies dié party verbygesteek het as amptelike opposisie. Ten spyte van die DA se groei, gaan hy waarskynlik uiteindelik in geheel teruggedruk word in die Wes-Kaap.

In die 2004-verkiesing was die NNP een van die partye wat stemme probeer kry het. Hierdie stemme moes nou elders heen gaan. Die DA kon dalk ‘n klomp van hulle gekry het, en waarskynlik is ‘n klomp ou NNP-stemme na Cope. Maar inderdaad het Cope veral die kleiner partye seergemaak.

Die ANC het sy stemme gekry op grond van sy ou “struggle”. Heelwat gewag is gemaak van die jongmense wat geregistreer het en die eerste keer gestem het. Dis duidelik dat die meeste van hulle ook die ANC ondersteun het, wat beteken dat die ANC altyd daardie “struggle” beeld sal hou, veral met ‘n president wat die loflikhede van ‘n masjiengeweer besing. Verder het kiesers veral om een rede vir opposisiepartye gestem: sodat die ANC se tweederde meerderheid gekeer moet word. Daar is nie gestem oor beginselsake nie, maar wel oor die emosie oor ‘n tweederde meerderheid, wat die ANC in elk geval reeds gehad het.

Van al die beloftes en moontlikhede wat beloof is voor die verkiesing, gaan daar dus net mooi niks kom nie. Trouens, waarskynlik hang daar by baie van die kleiner partye ‘n wolk van mismoedigheid na die uitslae. Geen wesenlike verandering het plaasgevind nie, en ons kan nou reeds voorspel dat dieselfde gaan gebeur in 2011 se plaaslike regeringsverkiesing, en weer in die algemene verkiesing van 2014.

Maar die verkiesing is nou verby, en geen verwyt of “as dit of as dat” kan enigiets daaraan verander nie. Soos ons gister gesê het, is daar lewe na 22 April, en ons moet daardie lewe met beide hande aangryp. Ons moet aan moedelose volksgenote weer ‘n droom en ‘n visie bied. Dis nie nou tyd vir verwyt of onttrek nie. Dis nou tyd vir hande vat, om daardie visie en droom van vryheid praktiese gestalte te gee. Hierdie vierde een mens, een stem-verkiesing het getoon dat die patroon dieselfde bly, en in hierdie eenheidsbedeling altyd dieselfde sal bly. Daarom moet ons nou hand aan die ploeg sit en eendragtig ons mag monster om uit hierdie bedeling te kom want ons kan! Ja, ons kan!

http://www.radiopretoria.co.za/Nuuskommentaar.html#

Rooikat
Sunday, April 26th, 2009, 03:38 PM
Ons lag al vyftien jaar vir die onbeholpe leiers van ons mooi Suid Afrika. Ons pas elke keer net beter aan en omtrent elke stuk wetgewing wat ons kant toe geslinger word om ons onder te kry werk nie. Die Afrikaner is soos `n Ratel, taai is nie `n sterk genoeg woord om die klein Boere nasie te beskryf nie. Snaaks dat die ou bomplanters, naamlik die "one settler one bullet" PAC in die donkerte gaan verdwyn, miskien kan hulle nie goed genoeg steel nie, dus amper niemand van die gepeupel het dit waardig gedink om vir hulle `n kruisie te trek nie. Die regerende party het heelwat steun verloor, maar nie mag nie. Dit hang van ons self af hoe ons die drif deur die water gaan trek

oryx
Friday, May 29th, 2009, 07:39 PM
“Hoekom het jy die miljoen rand gesteel?”

”Ek was honger!”

So lui `n stokou grappie waaroor middeljariges van vandag destyds in hulle kindertyd gelag het - min vermoedend dat hierdie situasie nog in hulle leeftyd `n werklikheid sou word.

Baie mense beskou blykbaar diefstal en roof as heel aanvaarbaar, jy moet net beweer jy was daartoe gedryf deur honger, gebrek, apartheid of die waan dat jou oer-voorouers onderdruk was.

Laat ons dus maar vandag oor `n paar sake reguit praat:

`n Mens steel nie omdat jy honger of arm is nie - jy steel omdat jy skelm is. Niemand was nog ooit in hierdie land so volledig onderdruk soos die Boerevolk na die Tweede Vryheidsoorlog nie.

Ons voorouers wat die oorlog en die konsentrasiekampe oorleef het, het na die doodse leegheid van vernietigde plase teruggekeer - uitgehonger, hartseer en verpletter. Maar hulle het nie geroof en gemoor en gesteel nie. Hulle het met harde werk, deursettingsvermoë en swaarkry so presteer dat hulle weldra nie net hulleself nie, maar ook hulle huidige onderdrukkers, goed kon versorg.

Toe hulle kinders in Engelse skole gestop is en gestraf is as hulle dit durf waag het om Afrikaans te praat, het hulle nie klippe gegooi en skole afgebrand en geweld gepleeg nie.

Hulle het hard geleer, hulle eie CNO-skole gestig en uiteindelik bo uitgekom sodat die Boerevolk vandag vir niemand op akademiese, tegnologiese of wetenskaplike gebied terug hoef te staan nie.

`n Mens moor nie omdat jy voorheen benadeel is of omdat jou werkgewer jou nie tederlik genoeg behandel nie - `n mens moor omdat jy `n barbaar is wat nie verdien om deel van die samelewing te wees nie.

Na die Tweede Vryheidsoorlog het Boere-mynwerkers absoluut geen regte gehad het nie en moes hulle gesinne met minder as `n hongerloon probeer onderhou. Maar hulle het nie bejaardes gaan doodmartel en gesinne uitgemoor nie.

`n Mens word nie `n agtergeblewene omdat iemand anders nie genoeg vir jou doen nie. `n Mens word `n agterblyer omdat jy nie presteer nie. Niemand het die Boerevolk na die Tweede Vryheidsoorlog vooruit gehelp nie - ons het self gewerk en volhard om sukses te behaal.

En elke ding wat ons het, het ons verwerf - apartheid het nooit plase en poste en posisies aan Boeremense uitgedeel nie.

As alles altyd vir jou verkeerd loop sodat jy voel jy maak nooit enige vordering nie, is dit dalk `n goeie gedagte om op te hou soek wie anders as jy self vir al jou ellende verantwoordelik is. Ruk jou reg en presteer jouself in die voorspoed in.

En dit geld vir ons eie mense ook. Net ons eie werk, prestasie en geloof gaan bepaal of ons as agterblyers in die vergetelheid gaan wegsink en of ons weer as trotse, beskaafde, gerespekteerde volk sal opstaan.

Selfs in die nuwe Suid-Afrika is daar steeds geleenthede vir vindingryke, geesdriftige mense wat bereid is om hard te werk en vir hulleself `n toekoms los te spook.

Mag die Boerevolk nooit pateties raak nie.

http://www.radiopretoria.co.za/Nuuskommentaar.html

oryx
Tuesday, June 2nd, 2009, 03:11 PM
ʼn Skokkende dokumentêre rolprent, wat handel oor die lewe van die Afrikaanse hartpionier, dr Chris Barnard, het onlangs die lig gesien. ‘n Voormalige televisieregisseur, Dirk de Villiers beweer in hierdie dokumentêr dat dr Barnard se sukses met die eerste hartoorplantings te danke is aan ʼn swart laboratoriumassistent, ene Hamilton Naki. Naki het, so word beweer, nooit die lof vir sy aandeel gekry nie as gevolg van politieke redes.

Die enigste getuie vir hierdie bewering is mnr De Villiers self wat skynbaar ʼn jare lange vriendskap met dr Barnard gehad het. Verder beweer mnr De Villiers dat hy van meer feite bewus geword het toe twee swart mans eendag aan sy deur kom klop het om hom daarvan in te lig.

Selfs die oningeligte sal sien dat hierdie rolprent niks anders is nie as ʼn paar gevalle van spekulasie en hoorsê. ʼn Aantal skuins klappe wat uitgedeel word na Afrikaanssprekendes en die verguising van die waarheid. Maar nét nog ʼn voorbeeld van hoe apartheid dan sodanige menseregte geskaad het in die sestigerjare.

Die geskiedenis van die blanke, en dan veral die van die Boere-Afrikaner en die bydrae wat hy gelewer het tot die onwikkeling van die donker kontinent, Afrika, word weggewens. Die geskiedenisboeke is reeds herskryf en word reeds in skole aan kinders opgedis as die evangelie.

Afrika-armoede is glo die Blanke se skuld, wat die swartes se rykdomme en grondstowwe kom steel het, grondgebied onregmatig kom beset het en ryk geword het uit slawehandel.

Nêrens meer word daar geleer wat se grootse bydra die blankes juis op gebiede soos die mediese wetenskap gelewer het tot die welstand en vooruitgang van die Afrikaan nie.

Een van die belangrikste amptenare van die VOC, wat saam met Jan van Riebeeck voet aan wal gesit het, was dan ook die sieketrooster wat onder andere die rol van geneesheer moes vervul. So kan volksplanting aan die Kaap dan ook gesien word as die ontstaan van moderne mediese sorg aan die suidpunt van Afrika.

Naas kerke was hospitale en skole die belangrikste geboue wat opgeskiet het ná nuwe dorpstigting in die binneland. Mediese sorg aan hierdie hospitale was toeganklik vir almal. Die ontwikkeling van universiteite met hoogs moderne mediese fakulteite het gevolg. Elke universiteit het sy eie werkersklas opleidingshospitaal gekry.

Dink maar aan die HF Verwoerd in Pretoria en die Grootte Schuur in Kaapstad. Verder het die apartheidsregering Medunsa tot stand laat kom. Medunsa, ʼn mediese universiteit waar swartes mediese opleiding kon ontvang in ʼn eie kulturele atmosfeer gelykstaande aan die beste in die wêreld.

Sou hierdie laboratoriumassistent, Hamilton Naki, dan nou wel so briljant gewees het dat hy wel die grootste bydrae gelewer het tot dr. Chris Barnard se eerste hartoorplanting, is dit dan ook seker nie te veel gevra dat die regisseur van hierdie rolprent oor Chris Barnard, en ook die nuwe geskiedskrywers, hulself die volgende vraag vra:

Waar het hierdie man sy opleiding gekry en wie het die inrigting wat hom opgelei het ontwikkel, opgerig en befonds?

http://www.radiopretoria.co.za/Nuuskommentaar.html

oryx
Wednesday, June 17th, 2009, 03:10 PM
Die gebruik om dae wat ‘n besondere betekenis in die lewe van volkere het, te gedenk, is so oud soos die mensdom self. Sommige gebeurtenisse word gedenk weens die grootsheid daarvan, soos Geloftedag en Republiekdag. Ander dae word onthou vanweë die afgryslikheid van die geskiedenis wat hom op daardie dag afgespeel het. Dink maar st. Bartholomeusnag, toe duisende protestante deur die Katolieke vermoor is, of aan 16 Februarie, toe die Zoeloes op die niksvermoedende Trekkergeselskappies langs die Bloukransrivier toegesak en hulle uitgemoor het.

16 Junie staan op die ANC se kalender as “Jeugdag” geproklameer. Die aanleiding daarvoor was dat die swart skoolgaande jeug op dié dag in 1976 ingespan is om in die voorhoede van die kommunisties geïnspireerde “struggle” teen apartheid as stormtroepe te dien.

In ‘n goed georganiseerde optog het duisende skoolgaande kinders van Soweto die dag saamgedrom om in protes na die Orlando stadion te marsjeer. Die voorwendsel vir die protes was ontevredenheid omdat Afrikaans as verpligte onderrigmedium vir sekere skoolvakke ingestel is. Die opmars is in groot geheimhouding en sonder die medewete van hul ouers georganiseer, ten einde te voorkom dat dit uit die staanspoor ontmoedig en in die kiem gesmoor sou word.

Kort nadat die Polisie op die toneel verskyn het om orde te verseker, het die optog in pandemonium ontaard. Op kenmerkende manier is alle sogenaamde apartheidsimbole aangeval: Administratiewe kantore, skole, busse, regeringsvoertuie en munisipale biersale is geplunder en toe aan die brand gesteek. Terwyl dik rookwolke oor Soweto gehang het, het die swart skoolkinders, vol moed van die geplunderde drank, die polisie uitgedaag en met klippe, bottels en ander voorwerpe bestook, terwyl hulle met gebalde vuiste deur die strate geloop en "Amandla!" (mag) uitgeroep het.

Tydens die polisie se poging om orde te handhaaf en die vernietiging van eiendom te belet, is onder meer ‘n twaalfjarige kind gedood — na bewering deur ‘n polisiekoeël. ‘n Foto van die kind is wêreldwyd deur die media vertoon as toonbeeld van die sogenaamde brutaliteit van apartheid. Die kykerspubliek het dit met groot verontwaardiging ontvang.

Ons Afrikanerjeug het aan dié dag geen erg nie; inteendeel, dit vervul ons met weersin. Die barbaarsheid wat die swart jeug van 1976 aan die dag gelê het, duur steeds voort. Treine en busse word steeds aan die brand gesteek as hulle nie betyds by die opklimpunt aankom nie; Engels word in eens Afrikaanse skole as onderrigmedium op Afrikaners afgeforseer, en mense in die fleur van hul lewe, bejaarde invalides en selfs babas word op gruwelike wyses vermoor. Húlle verminkte lyke word nie oor die media van die wéreld ten toon gestel as toonbeeld van die onderdrukking wat ons beleef nie, en ons hoor geen openbare verontwaardiging daaroor nie.

Ons weet nie of 16 Junie om dié rede as datum vir die opstand gekies was nie, maar dit is ook die datum in 1900 waarop lord Roberts ‘n proklamasie uitgevaardig het om die Boereplase af te brand en die vrouens en kinders in konsentrasiekampe te plaas, waar derduisende Boerekindertjies omgekom het van siekte, honger en ontbering.

Ons volk het niks aan die ANC se “Jeugdag” nie. Ons kan slegs die gruwelike dade wat op dié dag teen ons volk aangestig is en steeds voortduur, in herinnering roep.

http://www.radiopretoria.co.za/Nuuskommentaar.php#

oryx
Wednesday, July 22nd, 2009, 08:58 PM
Soos Radio Pretoria 'n paar weke gelede in sy nuuskommentaar voorspel het, het 'n hele klomp bekendes en “aspirant”-bekendes die afgelope Saterdag op die Madiba-bus gespring.

Patricia de Lille het gemaak of sy 67 minute lank gras sny by 'n hospitaal, die ander Patricia, dis nou Patricia Lewis, het die strandskoonmakers gaan bystaan, Helen Zille het sop en brood uitgedeel, die swart Amerikaanse ikoon, Oprah Winfrey, het die poging met 'n openbare verklaring ondersteun en ... kom ons kyk wat het Jacob Zuma gedoen. O ja, hy het koek geëet saam met Nelson Mandela op die viering van sy 91ste verjaarsdag. Saam met Kenneth Kaunda.

Die Afrika-unie het reeds gesê om elke jaar 18 Julie as omgeedag uit te roep, klink vir hulle na 'n gawe plan. Dit is nou nog net die Verenigde Nasies wat moet begin saamdans.

Vir mense by wie die hele ding verby gegaan het, omdat hulle dalk oor die naweek net na Radio Pretoria geluister het: die 67 minute gaan oor die aantal jare wat Nelson Mandela glo besig was met die swart mense van Suid-Afrika se sogenaamde vryheidstryd.

Oor die nalatenskap van daardie stryd hoef ons nie veel te sê nie. Ons almal beleef dit elke dag in die moorde, aanvalle, kapings en inbrake om ons. Ons sien dit in ons koskaste met stygende lewenskoste en toenemende armoede, ons lees oor die groeiende gaping tussen ryk en arm met ministeriële motorkarre wat 200 monde 'n jaar lank sou kon voed en ons is die slagoffers daarvan op kulturele gebied met 'n aanslag teen alles wat vir ons dierbaar is.

Hierdie is alles bekende feite waaroor gereeld berig word. Maar kom ons kyk 'n bietjie na die struggle self. In die tydperk van September 1984 tot Augustus 1989, in aanloop tot die vrylating van meneer Mandela, het die sogenaamde onderdrukte swart mense 1770 skole (wat spesiaal vir hulle gebou is) vernietig, asook meer as seweduisend huise van hulle swart mede-burgers, meer as tienduisend busse, 150 treine, 12 000 private voertuie, amper 1 300 winkels en fabrieke, 60 poskantore, 47 kerke en 30 klinieke.

Hierdie momentum is natuurlik behou in die nuwe Suid-Afrika in die vorm van beweerde misdaad, wat eintlik maar net die voltrekking van meneer Mandela se rewolusie is. Hoekom is dit byvoorbeeld nodig om juis meer as 2000 boere wreed te vermoor, as dit nie oor die belofte van grond gaan nie?

'n Groot ophef word gemaak oor die “held” wat na 27 jaar in die tronk geen wrok koester teen die mense wat hom daar gesit het nie. In die eerste plek sou hy nie lewenslank tronk toe moes gaan, as sy dade en planne dit nie geregverdig het nie. Hy was 'n terroris en ons wag nou nog dat hy om verskoning moet vra vir sy beleid van geweld teen burgerlikes.

In die twee plek word die wraak van die “onbestaande wrok”, wel deeglik gevoel deur alle Boere-Afrikaners wat nie net hulle werk verloor as gevolg van hulle identiteit nie, maar ook moet toesien hoe hulle taal, kultuur en kinders se onderwys vertrap word. Asook hoe alles wat hulle met moeite oor jare opgebou het, gesteel en verwoes word.

Dit gaan waarskynlik langer as 67 jaar neem om al die kwaad wat in die laaste twee dekades in hierdie land aangerig is, te herstel. Maar ondertussen buig die bekendes voor die nuwe vader krismis. Die een wat sorg dat mense elke jaar lank 67 minute lank iets vir iemand anders doen, of gesien word dat hulle iets vir iemand anders doen...

http://www.radiopretoria.co.za/Nuuskommentaar.php#

oryx
Friday, September 4th, 2009, 04:02 PM
Die ANC-jongeling Julius Malema, beskuldig blankes dat hulle rassisties is omdat die onbevestigde man/vroue atleet, Semenya, nie deur hulle op die lughawe toegejuig word nie. Cosatu se Solly Phetoe sal geen geleentheid verby laat gaan om rassisme te skree oor onbevestigde gevalle van beweerde plaasafsettings, of as boere op misdadigers skiet om hulle eiendom te beskerm.

Sodra die rassisme bal egter van die ander kant af na die ANC en sy meelopers gespeel word, ontstaan daar geluide wat sterk herinner aan die getjank van lafhartige hiënas wat dit nie naby hulle prooi kan waag nie, omdat ‘n sterker dier daarop aanspraak maak. Die sneller vir hierdie politieke, en skynbaar ook diplomatieke gehuil, is ‘n uitspraak van ‘n tribunaal in Kanada wat ‘n blanke Suid-Afrikaner vlugtelingstatus gegee het, onder meer op grond van die misdaadsituasie in Suid-Afrika. Die Suid-Afrikaner was sewe keer die slagoffer van gewelddadige misdaad voor hy keelvol geword het en die land verlaat het. In die proses is hy ook as ‘n “wit hond” beskryf.

Die ANC noem hierdie uitspraak rassisties. Die hele propagandamasjinerie van die regering word ingespan. Die nuwe polisiekommissaris ignoreer die “wit hond” beskuldiging, wat al herhaaldelik tydens misdaad gehoor is, en vertrap sommer al vroeg-vroeg sy eie geloofwaardigheid deur te verklaar dat misdadigers nie na ras kyk nie.

Alhoewel dit slegs ‘n tribunaal is wat hierdie bevinding in Kanada gemaak het, is een saak besonder opmerklik. Dit is naamlik dat die uitspraak nie net oor misdaad gehandel het nie. Dit het ook ‘n verdoemende oordeel gevel oor “affirmative action” en die wanpraktyk om aandeelhouding en bestuur van maatskappye oor te dra aan swartes. Die tribunaal het dit as diskriminasie beskryf. Waarskynlik is dit die meer gevoelige deel van die uitspraak wat die ANC onkant gevang het.

Die regering wil nou ‘n diplomatieke kwessie daarvan maak, en nou word een van die weinige blankes in die kabinet, die adjunkminister met die van, Van der Merwe, aangesit om ‘n diplomatieke saak daarvan te maak. Dit sal interessant wees om te sien wat sou gebeur as die tribunaal se beslissing deur ‘n hof hersien word, en ‘n mens kan jou net verkneukel in die reaksie van die ANC en sy kommunistiese maatjies as ‘n hof daardie bevinding sou bekragtig.

Hierdie episode wys twee sake uit. Eerstens is die ANC geweldig gevoelig daarvoor om self as rassiste uitgewys te word, wat hulle natuurlik is. Tweedens is hulle baie gevoelig oor menings wat die buiteland huldig. Ons wonder in dié verband of die buiteland al voldoende kennis geneem het dat die vinnige busse waarmee hulle volgende jaar na die sokkerstadions vervoer gaan word, die teikens is van skietende taxi’s?

Inmiddels is die hele rasse-debat in die land weer oopgeruk, en ‘n meningspeiling op die Internet, dui daarop dat byna negentig persent van sowat vier duisend deelnemers, van mening is dat rassespanning hoër is as tien jaar gelede. Wêreldgebeure het al bewys dat rassespanning lei tot rassegeweld, oftewel burgeroorlog.

Daarom is dit doodnatuurlik om rasse uit mekaar te hou, ter wille van vrede, afsonderlike ontwikkeling en vreedsame naasbestaan. Maar die ANC se politieke agenda maak nie voorsiening daarvoor nie. Wel vir die vernedering en uiteindelike uitwissing van die blanke. Juis om dié rede sal ons ons eis om vryheid in afsonderlikheid bly stel, want die realiteit sal ons almal uiteindelik daartoe begeester en daartoe dwing.

http://www.radiopretoria.co.za/Nuuskommentaar.php#

oryx
Monday, September 14th, 2009, 08:09 PM
Nadat oudregter Johan Kriegler, dit gedurf waag het om op te staan vir reg en geregtigheid in die Hlope-debakel, het daar oral in Suid - Afrika debatvoering begin plaasvind oor ras, die status en grondwetlike regte van die blankes in Suid-Afrika en selfs die ontkenning van rasgedrewe misdaad in die land.

Die sogenaamde “struggle”-teoloog, professor Nico Smit, verloën sy herkoms blatant deur te verkondig dat wit Suid-Afrikaners moet ophou om die ANC-regering voortdurend te bekla en te kritiseer. Sou ons voortgaan, gaan ons almal uitgemoor word soos die blankes tydens die rewolusie in die vroeë 1960’s in Algerië.

Ken Owen, bekende oud-joernalis en redakteur, meen wit mense het geen plek of rol in die stryd om die regsorde in die land in stand te hou nie. Wanneer blankes toetree, aktiveer hulle ’n rasse-solidariteit. Smith en Owen se raad aan wit Suid-Afrikaners is dus: bly stil en kyk anderpad. Betaal net belasting. Indien julle dit nie doen nie, gaan die swart meerderheid, seker maar die ANC, oorgaan in ’n massa-aanval en moord op wit mense. Wit mense moet uit die pad bly sodat die swart mense die dinge self kan uitredeneer. Wit toetrede tot die debatte vertroebel net sake. Slegs dié swart mense-debatte sal die land by die regte antwoorde uitbring.

Dit is nou toevallig presies wat in Zimbabwe gebeur het. Wit mense het in massas onttrek en inwaarts geëmigreer. Aan geen debatte deelgeneem nie; niks gekritiseer nie. Die uiteinde is welbekend. Ook heel toevallig dat daar die afgelope naweek ’n konferensie in Zimbabwe oor die herstel van die regsorde in dié land gehou is. Die uitgenooide Suid-Afrikaanse spreker was niemand anders as regter Johann Kriegler nie.

Dit bly moeilik om die redenasies van hierdie moderne hans-kakies en jingo’s te verstaan. Omdat ek wit is, mag ek niks sê oor die mors van belastinggeld weens korrupsie en wanadministrasie nie. Of deur uitspattige partytjies en spogmotors nie.

Ek mag niks doen of sê oor die totale warboel in plaaslike regering of regstelsel en oor slaggate in die paaie nie. Die feit dat 99% van geweldsmisdade gepleeg word deur swartes op wittes, en nie andersom nie, mag nie aangeroer word nie. Die polisie weier om die ras van aanvallers bekend te maak as hulle inligting aan die media gee en dit pas die liberale Afrikaanse pers wat in elk geval te papbroekig is om na enige swart-op-wit-aanval as rassisties te verwys. Hierdie verswygings, ter wille van sogenaamde vrede en harmonie, is ʼn belediging van die blanke se intellek en ʼn patetiese ontkenning van die werklikhede van die land.

Dit is tyd dat almal, die ANC-regering ingesluit, begin besef dat blankes, en dan veral die Boere-Afrikaner, nie soos die blankes tydens die rewolusie in Algerië, ʼn Frankryk het om na toe te vlug nie. Ons gaan ook nie soos in Zimbabwe, volstruispolitiek bedryf en stil bly nie. Hierdie is ons land. Duur gekoop, met baie bloed en smarte. Ons sal aanhou aandring op dit wat ons toekom.

Ons is ook nie bang vir konfrontasie nie.

http://www.radiopretoria.co.za/Nuuskommentaar.php

oryx
Monday, April 5th, 2010, 07:17 PM
Na die gruwelike moord op die soveelste boer die naweek, is die land behoorlik in rep en roer, omdat daardie boer, die Boer Eugene Terre’Blanche was.

Inderdaad is die land nou ‘n pruttende kookpot waar gemoedere dreig om oor te kook. Sekere sake klink net te toevallig om hierdie moord as gewone misdaad te laat verklaar: mnr. Terre’Blanche self wat onlangs nog gesê het dat of hy uitgehaal moet word, of hy gaan die arrogante ANC-Jeugleier, Julius Malema uithaal. Malema wat net voor die naweek by wyse van ‘n interdik verbied word om weer te sê: “Skiet die boere”, Malema wat net oor die grens van die land gaan en daar tog die liedjie sing, en dan die moord op mnr. Terre’Blanche. Nie in ‘n gevegsituasie nie, maar waar ‘n ou man, wat herstel het van ‘n operasie, rustig gelê en rus het, en toe deur lafhartige swartes met pangas en knopkieries toegetakel is, sodat sy gesig na bewering onherkenbaar is.

Skynbaar was die twee wat nou gearresteer is, bekend aan mnr. Terre’Blanche, en ten minste die oudste het skynbaar vir hom gewerk. Beide is jeugdig, waarskynlik lede van Malema se ANC Jeugliga, en gevolglik op een of ander wyse onder Malema se bevel.

Bewerings word ook gemaak dat hierdie twee gearresteerdes dalk nie die ware moordenaars is nie, maar dat die werklike daders weggekom het, en dat hierdie bloot weerligafleiers is. Sou daar dus teen hierdie twee geen bewyse in ‘n hof gevind kan word nie, sal dit beteken dat die ware moordenaars weggekom het.

Daar is ook betroubaar verneem dat die aanvanklike polisie ondersoekeenheid op die plaas waar mnr. Terre’Blanche vermoor is, summier onttrek is, en vervang is met ‘n ander ondersoekspan wat net uit swart polisielede bestaan. Waarom?

Inmiddels is die land gepolariseer langs rasseskeidslyne. Almal kan aanvoel dat hierdie daad die sneller kan wees van nog optrede, van welke kant ook al. Want as die boere en die blankes nie optree nie, nadat een van hulle prominente leiers vermoor is, sal die proses van barbaarse etniese uitwissing voortgaan en verhewig, sonder dat ons dan ooit weer iets daaraan kan doen. Tree die boere egter nou meer kragdadig op, bestaan die risiko dat die polisie met krag kan toeslaan om ‘n beweerde rebellie te onderdruk, en sal die boere as aggressors gejag word. Dit maak die situasie besonder moeilik, terwyl dit al hoe meer duidelik is dat geen volk met selfrespek kan toelaat dat hy vêrder vermoor en verniel en verneder word nie. Optrede van een of ander aard is nodig. Ons wil nie saamsing in die koor van mense wat maan tot kalmte nie. Ons het die reg om briesend en woedend te wees oor dit wat met ons, en nou ook met van die volk se leiers, gebeur. Ons maan egter wel tot gedissiplineerdheid, en teen oorhaastige en onverantwoordelike optrede. In enige situasie is gedissiplineerdheid die sleutel tot sukses. En ons moet net nie gedissiplineerdheid met bangheid verwar nie, want dit is nie dieselfde nie.

Intussen is dit ook so dat verskeie organisasies wat voorheen niks met mnr. Terre’Blanche te doen wou gehad het nie, die geleentheid sien vir ‘n bietjie vinnige publisiteit. Ook dit kan uiteindelik negatief wees en die groter saak skade berokken, en daarteen wil ons ook maan.

Intussen lê die begrafnis van mnr. Terre’Blanche voor. Laat ons tot dan die nodige rustigheid en respek betuig, ook ter wille van ‘n geskokte familie, met wie ons ons diepste meegevoel betuig.

Meneer Terre’Blanche se stem was van tyd tot tyd gehoor oor die senders van Radio Pretoria. Hy was ‘n man wat die liefde vir sy volk altyd voorop gehad het. Daar kon dalk klemverskille bestaan het oor die wyse van optrede, maar ons het die liefde vir ons volk, en die begeestering vir ons vryheid gedeel. Daarom kan ons nie anders nie as om langs die pad te staan, die hoed eerbiedig van die hoof te haal, en met die gevierde digter sê: “Stil Broers, daar gaan ‘n man verby…”

http://www.radiopretoria.co.za/Nuuskommentaar.php#

Stormraaf
Wednesday, April 13th, 2011, 09:07 PM
Terwyl daar binne die hof druk geredeneer word of die liedjie "Skiet die boere" haatspraak uitmaak of nie, en dit daar heel duidelik word dat daar 'n geweldige sensitiwiteit bestaan, staan daar buite daardie selfde hof etlike honderde uitdagende ANC-jeugligalede en sing daardie selfde opswepende liedjie met oorgawe en uit volle bors.

Maar terwyl Malema en sy vriende boere wil skiet, beskerm hy homself met 'n ongekende veiligheidsnetwerk. By die hof het die vertoon van mag deur sekuriteit en wapens so hinderlik geword dat selfs die regter dit opgemerk het en beslis het dat geen wapens in sy hof teenwoordig mag wees nie. Drie deursoekingspunte is al in werking voordat die hof waarin die Malema-saak dien, binnegegaan kan word. Die belaglike sekuriteitsbewustheid het daartoe gelei dat die hof skoon oor etenstyd gesluit is en advokate kon nie eens in die hof kom om hulle voor te berei en reg te kry vir die verrigtinge wat aanstons weer moet begin nie.

Dit is tipies van 'n man wat sê "Skiet die Boere" en dan wegkruip agter hordes lyfwagte en SAPD-lede wat met outomatiese gewere buite die hof waghou. Tydens 'n video-insetsel wat TLU SA laat speel het, was dit heel duidelik dat Malema op 'n stadium sy gewone self verbygesteek het, en die skare voor wie hy opgetree het, opgesweep het met die stelling: "Skiet om dood te skiet". Self sorg hy egter dat hy nie maklik iets kan oorkom nie, en die ergste van alles is dat die polisielede wat hom oppas, uit ons belastinggeld betaal word. Ons moet dus betaal sodat iemand beskerm kan word om mense aan te moedig om ons te skiet. Wat 'n absurde situasie.

Tydens die hofsaak probeer die ANC se regspan baie klem lê op die feit dat verskillende gemeenskappe verskillende terme verskillend interpreteer. Baie debat is gevoer met die Afriforum-getuie oor wat die term Boer beteken, en die ANC probeer 'n saak uitmaak dat in hulle gemeenskappe dit nie noodwendig verwys na landbouers of lede van die Boerevolk nie, maar dat dit volgens hulle kultuurraamwerk verwys na polisielede en bewaarders.

Ons is nuuskierig om te verneem watter betekenis hulle heg aan die betekenis van die woord "skiet". Malema het op die TLU-video ook gesing van "Kiss the Boer, kiss the farmer", as 'n tong in die kies aanpassing van sy voorganger Mokaba se "Kill the Boer, kill the farmer"-liedjie. Almal weet dat om te skiet beteken nie om te soen nie. Of die teiken nou landbouers, Boere, polisielede of bewaarders is, maak uiteindelik geen verskil nie, want skiet is skiet, en as hy die massas beveel om te skiet om dood te skiet, is dit duidelik dat hy nie praat van 'n papiertjieskieter wat kinders op skool gebruik nie. Om dus die teiken te probeer verander, behoort geen invloed te hê nie: die ANC staan die skiet, die doodmaak van mense, voor.

Intussen gaan sy haatspraak voort deur sy intimiderende massas sommer daar by die hof. Maar dis nie waar die haat teen die blankes ophou nie: die Jeugliga het sopas weer eens herhaal dat hy hom beywer vir nasionalisering sonder vergoeding van myne en plase veral. Dit is hierdie instellings wat hoofsaaklik deur blankes besit word.

Tog is daar dalk 'n bietjie lig in die hele gebeure. Aan die een kant is dit duidelik dat die haat, en gevolglik gepaardgaande haatspraak nie gaan ophou nie. Aan die ander kant erken die ANC deur middel van sy regsverteenwoordiger dat verskillende gemeenskappe en kulture verskillende betekenisse heg aan woorde, dus ook aan beginsels.

Die oplossing wat wêreldwyd al beproef en werkbaar bewys is, is juis om daardie botsende standpunte en interpretasies uitmekaar te hou, deur elkeen bloot sy eie te gun in sy eie omgewing. Dan word die konflik outomaties uitmekaar gehou. Daar is eenvoudig geen ander oplossing nie.

[bron (http://www.praag.co.za/menings-magazine-196/kommentaar-magazine-197/9545-haatspraak.html)]

oryx
Friday, June 15th, 2012, 08:22 PM
16 Junie is Jeugdag, Soweto-dag.

Baie mense glo dat die gebeure van 16 Junie 1976 die einde van apartheid ingelui het. Die opstande in Soweto op daardie dag is aanvanklik bloot aangevuur deur ontevredenheid oor die toekenning van dranklisensies aan sekere biersale in die omgewing, maar weldra is politieke inhoud aan die ontevredenheid gegee en het betogers te kenne gegee dat hulle in opstand was teen die invoering van Afrikaans as ’n onderrigtaal in sekere skole.

Die nou reeds bekende foto van die dooie kind Hector Pieterson wat deur ’n ouer kind weggedra word, het die wêreld se verbeelding aangegryp en ’n beeld in die internasionale psige vasgelê van weerlose kinders wat deur polisiemanne afgemaai is.

Maar die werklikheid van daardie dag was anders as wat dikwels gepropageer word.
Dit was nie net Hector Pieterson en ander jong aktiviste van die ANC en die swart bewussynsbeweging van destyds wat op daardie tragiese dag gesterf het nie. Trouens, die prentjie wat homself op 16 Junie 1976 in Soweto afgespeel het, was anders as wat dikwels vertel word.

Twee destydse staatsamptenare mnr. JNB Esterhuizen en dr. LM Edelstein, wat welsynswerk in Soweto gedoen het, het die oggend van 16 Junie 1976 Soweto binnegery soos elke dag tevore om hulle dagtaak in die township te gaan verrig.

Iets was egter nie pluis nie maar toe mnr. Esterhuizen dit besef , was dit te laat.
Hy is om 10:55 daardie oggend deur die leerlinge van Isaacson Hoërskool oorval en langs sy motor doodgeslaan. Luidens die nadoodse ondersoek het merke op sy klere en liggaam daarop gedui dat die gewelddadige kinders probeer het om hom ook te verbrand.

Slegs 25 minute later, omstreeks 11:20, is dr. Edelstein in ‘n kantoor van die Jeugsentrum in Jabavu aangeval. Hy is in die kantoor bewusteloos geslaan en later na buite gesleep waar hy deur die betogers doodgeslaan is. Sy erg verminkte lyk is ure later eers gevind.

Die wreedaardige manier waarop hierdie twee ongewapende weldoeners om die lewe gebring is, staan in skrille kontras met die sogenaamde “heiligheid” van die dag soos dit deur die heersende orde aangebied word.
Dis nou 36 jaar na die gebeure van 1976 en die jeugdiges van daardie tyd, oftewel die “klas van 1976” is nou deel van die heersende orde.

Ironies genoeg is dit vandag die Afrikaner wat taalmiskenning, kulturele vandalisme, gewelddadige misdaad en onoortuigende polisiewerk aan die hand van hierdie selfde sogenaamde “klas van 1976” ervaar. Die situasie is so ernstig dat verskeie kommentators reeds na die huidige bewind as ’n tirannie van die meerderheid verwys.

Soos in die res van die Afrikaner se geskiedenis, is daar dalk een ding wat ons as `n minderheid van daardie dag se gebeure kan leer, naamlik dat geen gemeenskap hoef terug te staan wanneer dit kom by die opeis van hul regte nie.

Eerskomende Dinsdag 19 Junie kry ons so geleentheid.
Verskeie kunstenaars gaan op inisiatief van Bobby en Karlien Van Jaarsveld opmars na die Uniegebou om veiligheid en vryheid van geweld van die regering te eis.

Radio Pretoria steun hierdie inisiatief. Laat ons seker maak dat ons nie hierdie geleentheid laat verbygaan nie.

Friedrich
Saturday, June 16th, 2012, 12:56 AM
Ironic to think today that the initial (at first peaceful) march was prompted by the Black Consciousness Movement (BC) and not the ANC.
BC (including Biko) had many misgivings on the ANC as corrupt and useless.
The ANC and the Soviets saw these events both with concern about the power of the rival BC movement amongst blacks, but also opportunistically.
Today one can say that the ANC has hijacked the BC events completely.
What is strange for conspiracy theorists is that both the ANC and the National Party stamped out BC, turning their followers, and torturing its leaders.
Was there already top level co-operation at this point?

Youths who left SA had a rude awakening in the ANC camps, with no place to turn when they discovered they had been duped into a communist dictatorship: "The ANC had a dominant hold over international organizations such as the UN Commission for Refugees which might otherwise have proffered less partisan assistance. Khetani Nkabinde, a student leader from Soweto likened the ANC to 'sharks' saying: 'If you are swallowed up by them, you will never escape. They infiltrate everywhere, even the UN high Commissioner for Refugees, where you have to register when you arrive from home.'" (P.20)

Furthermore, Anthea Jeffery writes:


Propaganda and political education also helped to bring the BC activists into line. The Soviets worked hard to convince the new arrivals that the ANC alone had the resources, the strategic insight, and the staying power to mount an effective challenge to Pretoria. Intimidation and coercion played a part as well. Youths who were admitted to the ANC's camps in exile soon found that any attempt to leave was punishable by death. In addition, great pressure was brought to bear on dissidents who sought to remain loyal to BC. One of those who suffered in this way was Nokonono Delphine Kave, a close associate of Biko, who was accused (along with Biko) of being an agent of the American Central Intelligence Agency (CIA). She was subjected to intimidation and death threats in Zambia and then taken to the Soviet Union where she was tortured for her refusal to embrace Marxism-Leninism and endorse the ANC. (P.21)

Of course we'll never see a film like Cry Freedom on how the Marxist terrorists of the ANC tortured BC activists, or on their gulags like Quatro.
It's all just about a race card to make whites look bad.
Still today it seems, the propaganda is not over.

In 1978: "At Moscow's urging, a senior delegation from the ANC, the SACP and Umkhonto visited Vietnam ... to learn more about a formula for a people's war." (p.25) Part of such a war in short included a negation of roles between civilians and combatants. Children were subjected to constant propaganda and regarded as soldiers to make the enemy look cruel. Religion was co-opted, unlike previous forms of Marxism. Shocking summary "justice" was meted out to any dissent or rival movements, and liberal movements across the globe were duped into the "justness" of the Marxist cause.

But I'd like to ask the ANC what they did with all the BC activists in exile?
Can we at least have a Hollywood film about the fate of Nokonono Delphine Kave?

I guess she won't be mentioned in the press on June 16.

Source: People's War: New light on the struggle for South Africa by Anthea Jeffery (Jonathan Ball Publishers: Johannesburg and Cape Town: 2009).

Today people want mother-tongue teaching in some subjects, but the ANC is taking it away.